SA skoonheid verwag eersteling

D'Niel en Rolene Strauss (Foto: Instagram)

D’Niel en Rolene Strauss (Foto: Instagram)

Die voormalige Mej. Suid-Afrika en Mej. Wêreld, Rolene Strauss, het Donderdagoggend aangekondig sy verwag haar eersteling.

Sy het dié nuus aan Maroela Media bevestig.

Dié 24-jarige skoonheid het in Februarie vanjaar met D’Niel Strauss afgehaak tydens ʼn intieme geleentheid by die Laurent-trouvenue op die Lourensford-wynlandgoed in Somerset-Wes.

Die egpaar het in Desember 2014 reeds verloof geraak.

Rolene voltooi tans haar mediese studie by die Universiteit van die Vrystaat.

Sy het in Desember verlede jaar die Mej. Wêreldkroon aan Mej. Spanje, Mireia Lalaguna Royo, oorhandig.

Rolene deel die storie eksklusief in die volgende uitgawe van Huisgenoot.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Laat ek sien: Februarie getroud en nou die aankondiging van jul eersteling. Ai, julle is ‘n uitmuntende voorbeeld vir die jonger geslag om die volgorde van trou en baba hê korrek te doen. Mag die swangerskap geseënd wees met ‘n tien-vinger-tien-toon-baba.

noeka ·

@ wat-ek-lees, daar is niks verkeerd om pasgetroud te wees en daarna swanger te raak nie.

Karma ·

@Wat-ek-lees: lees mooi: sy is al Februarie getroud. Tensy sy nou alreeds ses of sewe maande swanger is, is dié baba duidelik ‘n “honeymoon baby” of binne die eerste 3 maande van die huwelik verwek. En, “by the way’, wat het dit met die algemene publiek te doen wanneer sy swanger geraak het? Dit is nie meer die 60’s of 70’s toe dit die grootste skande denkbaar was vir ‘n meisie om “buite die eg’ swanger te raak nie.

Optimisties ·

@Karma, jou “by the way” kommentaar is nie van pas nie. Laaste wat ek gelees het, is dit nie mense nie, maar God wat jou oordeel. So die tendens waarna jy verwys dat dit nie meer “die grootste skande denkbaar” is nie, sê vir my dat jy nes al die ander in hierdie wêreld en sy sondes verval het. Of al te wel, dit aanvaarbaar vind.

Of dit nou die 60’s, 70’s of 2100’s is… dis net die sosiale stand van mense se sienings wat verander. Dit verander nie die reëls nie.

en “by the way”, Wat-ek-lees het nie vir een oomblik genoem dat hulle sondebokke is nie. Die persoon het slegs genoem dat die paartjie n goeie voorbeeld stel vir die jonger geslag, waarmee ek saam stem. Want deesdae kry tiener meisies kinders, al is hulle self nog kind… of is dit die “in-ding” om te doen deesdae want dit is nie die 60’s of 70’s nie?
Wil dalk vir my voorkom of jy dalk self n kind het wat dit gedoen het.

My Mening ·

Daar is geen fout om swanger te raak wanneer jy wil nie…behalwe as jy nog op skool is… jy hoof nie eens getroud te wees nie !

TogTog ·

Aai @Noekie en @Karma, julle sukkel om die strekking van @Wat-ek-lees se kommentaar duidelik en objektief te lees. Tyd vir jul vir introspeksie, dalk?? W-e-l is trots op hoe hul dit ‘gedoen’ het en wens hul die mooiste toe vir die baba. Gits, wat maker dat julle so gou op jul perdjies spring?! Jul oordeel laat jul in die steek. Lees weer en vra maar gerus vir W-e-l om verskoning dat julle so maklik misverstaan en aanvallend raak. Red nou ‘n volk!

Respek ·

Ja Karma dis hoekom ons land so is…ons het geen beginsels meer nie. Jy het jou eie siening van dis nie in die 60’s of 70’s nie. Weet nie wanneer het jou stelling of siening verander nie, maar dit is nogsteeds nie reg nie. Dis hoekom vandag se tieners sommer vroeg swanger word, want dis “niks snaaks nie”. Feit is jy as ouer is nie regtig ‘n baie goeie voorbeeld vir jou kind nie. So jy het seker geen beginsels of respek in jou huis nie? Die reëls is self verander deur mense. Dit bly jou keuse of jy weet wat reg en verkeerd is!

Optimisties het dit goed gestel. En dankie Yolandie ons moet voorbeelde vir ons kinders wees. Kinders moet trots op hul ouers wees en ouers op hulle kinders. Dis hoe ek my kinders groot maak. Sterkte met die wat sê dit LANKAL nie meer sonde nie. Miskien in jou oë, maar nie in God se oë.

Yolandie ·

Laat Elke ouer n voorbeeld wees vir sy eie kinders. Jy as ouer moet jou kind mos waardes leer dit begin by die huis. Ons mense moet ophou krap in ander se doen en late. ophou kyk hoe ander lewe kyk eers hoe julle by julle eie huis leef. Baie Geluk julle twee Mag God julle Seen met alles wat mooi Geseend en Voorspoedig is. Liefde julle altyd omvou.

Rina Pretorius ·

Baie geluk aan ons Volksrust prinses, hoop alles gaan voorspoedig vir jou wees, maak jou studies klaar en geniet jou swangerskap en alles wat daarop volg.

Marianne ·

Ons Koningin gaan ‘n prins of prinsessie he.
Hartlik geluk aan die ouers en Groot ouers!
Rolene gaan ‘n fantastiese mamma wees.

waarheid ·

Baie geluk GENIET alles en bly dankbaar. Jy /julle het gewerk daarvoor VOORSPOED.

Lynni ·

Die vrou is al 6 maande getroud. Nie 2 maande nie. Geluk Rolene!!

Hanna ·

Ek merk hier in die kommentare die tipiese “siekte” waaraan ons Suid-Afrikaners ly! Daar is ‘n naam daarvoor, maar ek kan nie nou daarop kom nie!

“Wat-ek-lees” maak ‘n POSITIEWE opmerking oor die paartjie wat die volgorde (lees norme), van eers te trou en dan die baba te hê, reg doen! Hy/sy komplimenteer die paartjie! Ons almal is so oorgehaal om aan te val en te oordeel dat ons nie sien wat hy/sy eintlik bedoel nie! Die kommentaar is heeltemaal reg bewoord! Maar ons sien dit as ‘n aanval op die paar en vlieg dadelik in die veg”mode” in en raas en betug dat dit bars.

Mense, lees mooi wat die persoon sê!!!! Ongelukkig gaan hierdie boodskap nou ongesiens verby gaan want niemand gaan lees terug op hul eie negatiewe kommentaar nie!

Ronnie ·

Dankie, Hanna, dat jy die strekking van Wat-Ek-Lees aan die twee stadiges, Noekie en Karma verduidelik jet. Ek moet bieg: dit het laaaaank gevat “before the penny dropped…”

Karma ·

‘Skuus mense, nou leer ek Wat-ek-lees se kommentaar is, eers reg. By my, nes by Ronnie soos hy sê, het die pennie lank gevat om te val. Toe ek die kommentaar nou WEER lees toe sien ek Wat-ek-lees het eintlik die egpaar geluk gewens en nie gekritiseer nie. Nou ja toe, laat dit vir my ‘n les wees …. lees, en LEES weer voor jy kommentaar lewer.

@Optimisties … EK HET NIE KINDERS NIE!!! Wha-ha-ha. Slaan jy jou naam met ‘n plant. En ek was nog nie eens in die 60’s gebore toe ‘n “voorkind” SO ‘N SKANDE was nie. En toe moet daar mos nou die God en wie-mag-oordeel ingegooi word. En die argument van “wees bang, want jy is sondig en God sien jou” …. O, tog, die Alsiende Oog en die Smalle en Breede Weg. Julle godsdienstiges gee my ‘n groot ……….

Kloekie ·

Sjoe dis goeie nuus. Net bly ek is nie sy wat ma , vrou , student dan huisdr en dan gemeenskapsdr. Hoef te wees nie. Sy gaan by die huis en werk min slaap….

E.K. (vra net) ·

Hanna – stem saam! Wat-ek-lees het positiewe kommentaar gelewer maar die internet trolle met hul vet vingertjies lees en verstaan sleg wat hulle WIL. Tssk tsk….

koningin ·

baie baie geluk! dit gaan net so n mooie ou engeltjie wees so mamma en pappa!

E ·

Baie geluk!
Die kommentare is vir my nogal komieklik om die minste te sê.
Nou ja, wie se ouers jok dan nou vandag nog so lekker vir hul kinders om te sê hul was so mooi soet en het geensins die oond so bietjie verhit voor hul troue nie?
Die ou wit leuntjies darem! of praat ek nou uit my beurt?

Nics ·

Daar word nerens, absoluut nerens genoem WANNEER die baba kom nie so hou maar op bespiegel !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.