SA skoonheid verwelkom eersteling

Candice Swanepoel wys haar swanger magie. Foto: Instagram

Candice Swanepoel wys haar swanger magie. Foto: Instagram

Die Suid-Afrikaanse supermodel, Candice Swanepoel (27), en haar verloofde, Hermann Nicoli, het hul babaseuntjie in die wêreld verwelkom.

Die seuntjie, genaamd Anacã, is Vrydag gebore. Swanepoel se fotograaf-vriend, Jerome Duran, het die nuus aan die wêreld bekendgemaak toe hy ʼn naakfoto van ʼn swanger Swanepoel op Instagram gedeel het met die woorde: “Die mooiste mamma. Baie geluk [Candice] en [Hermann]. Welkom Anacã! Alreeds so baie liefde vir jou en die nuwe gesin!”

Swanepoel het gedurende haar swangerskap verskeie foto’s van haar magie op sosiale media gedeel.

Swanepoel, wat in Moorivier in KwaZulu-Natal gebore is, is veral bekend as ʼn onderkleremodel vir Victoria Secret. Sy is op die ouderdom van 15 deur ʼn modeltalentsoeker in Durban ontdek en het sedertdien ʼn hoogs suksesvolle modelloopbaan opgebou. Sy woon tans in New York in die VSA.

Swanepoel se goeie modelvriendin, die Namibiese skoonheid Behati Prinsloo, het net meer as twee weke terug ook haar en haar man, die Amerikaanse sanger Adam Levine, se eersteling verwelkom. Die nuutste lid van die Levine-gesin is Dusty Rose gedoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

SNEL ·

Swanger, verloof. Geen skande meer nie, daai dae is verby. Wat n swak voordeel vir ons jongmense. War het geword van trou en dan kinders kry.

Johann Marx ·

SNEL, daai gebeur nie meer nie…die meerderheid skoolgaande dogters in Suid Afrika reken ‘n “pregnant belly” is ‘n teken vir die res van hulle dat jy ‘n “boyfriend” het wat vir jou omgee!! Dis hoekom daar in Natal byvoorbeeld 77 000 swanger skoolmeisies is, waarvan ongeveer 10% nog in laerskool is….Dis tragies.

Ano ·

SNEL ek wou gister al die vraag vra. Wat gaan aan met die mense? Ergste van alles – hulle blaker dit uit in al wat media is. BLykbaar BAIE trots op die buite egtelike swangerskappe.

Rina XX ·

Wat ek nie verstaan nie, hoekom moet ons almal lees as hul swanger in, net omdat hul bekend is. Daar is baie vrouens wat ook swanger is en van hulle word nie n ophef gemaak nie. Hulle is net soos ons gewoon, maar die mense maak van hulle n god, dit klink of dit n prestasie is om swanger te word as jy nie getroud is nie. Waar is ons waardes heen.

Theresa M ·

Waardes raak net meer en meer omgedraai. Reg is verkeerd en verkeerd is reg.

Perdekrag ·

n Supermodel ag ja, sy is n mooi vrou dit is waar maar hoekom nou die hele wereld laat sien.
As n vrou n goed hart het, liefde uitstraal en humor het dan is so vrou in my oge al n supermodel en mooi lyk is nie alles nie.

Uvonka ·

‘N ware heer, so reg uit die Perdekrag se bek (met groot respek gese) uit. Mooi gestel!!

Irene Joubert ·

En dan praat die ouers in ‘n ander publikasie as die kind as ‘n “aardling.” Wat is dit? Een wat gebore word wanneer die ouers nie getroud is nie, of is die baba een met die grond, die bome, die klippe, die woliies, en die gras? Sug, sug, sug. Maar net nog ‘n swak voorbeeld aan ander, die “paartjie.” Ek raai dat dit maar net nog so ‘n jaar of wat gaan hou dan is die paartjie ook uitmekaar. Sug, gaap, gaap.

Bietjie bietjie ·

Wie stel belang ?
Instagram (Regtig )
Anacá (sjo wat ñ vreemde benoeming )
Couldn’t care less oor sg “mooiste ma ”
What is rugby ????????
Plaas eerder iets wat die moeite werd is assebliefie tog net!

Hannelie ·

Wat ‘n “goeie” voorbeeld. Eers trou…..dan kinders. Wat gaan deesdae aan? En moenie vir my sê dis lankal nie meer ‘n skande. Dit is nog altyd ‘n skande ons het nie meer respek vir die huwelik wat God ingestel het nie. Nogsteeds skande.

J ·

Waar in die bybel staan jy moet in n wit rok voor mense staan voor jy mag kinders he?

Ja-nee ·

Ja-nee, sy gaan deur as me. Swanepoel. Die ding werk so: ‘Mevr.’ is een wat getroud is met kinders. ‘Mej’. is een wat ongetroud is sonder kinders. Natuurlik dan is ‘me’. een wat ongetroud is met kinders.

Piet ·

Waar in die bybel staan jy moet voor mense in n wit rok gaan staan voor jy mag kinders he?

SNEL ·

Piet, die huwelik is ingestel deur God met Adam en Eva in Genesis 2:24 en weer in Efesiërs 5:31. Let ook op dat die Here met die man en SY vrou praat, nie met die man en sommer n vrou en hul kinders nie. Hierdie vrou is duidelik die man se vrou…getroud. So jy trou eers en dan kom die kinders. As jy n pad saam met die Here stap, (of jy dit nou wil glo of nie), sal die Here jou oortuig dat dit nie reg is om saam te bly, kinders te hê en te trou as jy daarna voel of die tyd (geld) reg is nie. Jy sal ten alle koste eers trou en volgens God se Wil wil lewe. Eerbied en respek vir God en Sy Woord. Hebreërs 3:13 maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard nie. Ons moet praat as dinge nie reg is nie. Vra God en Hy sal jou oë oopmaak vir wat reg of verkeerd is.

Piet ·

Snel, ek sien nog steeds nerens skrif wat se jy moet in n wit rok gaan staan nie. As n man en n vrou lojaal aan mekaar is hoekom dan n seremonie hou. Dit is nog steeds SY vrou. Daar is baie getroude mense wat nie lojaal aan mekaar is nie maar hulle mag kinders he. Hoe dan?

Rens Roodt ·

Soos Vader se Woord ons leer – hier aan die einde van dae sal die afvalligheid groot word – alles wat reg is sal verkeerd wees en alles wat verkeerd is sal reg wees – presies hoe dit nou is – Nou is die tyd dat ons moet vashou aan Vader se wette, insettinge en verordeninge soos nog nooit soos tevore nie!!!

Mother Happiness ·

Ek is volgende maand 3 jaar verloof aan my verloofde en ons het 2 seuntjies … Dit maak my as mens nie n slegte ma omdat ek nie getroud is nie maar ek het al kinders! Nerens in die Bybel staan dit jy moet eers getroud wees en dan kinders he nie .. Dis “ouvrou” se goed!! Kinders is n blessing van die Here af en om so kliene lyfie vas te hou en te koester is die beste deel van ouers wees!!!! Hou almal op klippe gooi want onthou net daai klippe kom terug na jou toe

SNEL ·

Mother Happiness, lees wat ek vir Piet geskryf het. God se reëls/wette, is nie daar om ons pret te bederf nie, maar om ons te beveilig. As jy toelaat dat die Here jou lei, sal jy agterkom dat jy dit verkeerd verstaan en dan kan jy dit regmaak deur vergifnis te vra en te trou. Huwelik is deur God ingestel en ons moet daarvolgens hou. Onthou net, ons almal doen sonde, maar ons moet mekaar waarsku en help en besef wat ons gedoen het is verkeerd. Die pad na die Ewigheid is sekerlik die Enigste pad met hindernisse en waarskuwings, maar min wil gewaarsku word, maar hulle wil eerder hul eie koppe volg. Wie wat n reis ondergaan wil nie meer weet oor die pad en toestande en gewaarsku word nie. Ons moet oop en ontvanklik wees vir God en Sy Woord en vra dat Hy jou sal lei, jy sal jou antwoorde kry.

Windsong ·

Mens kan nie net iets se en dink daar kan niks met jou gebeur, veral as jy nog groen koring die lande het nie, dink voor jul vingerswys. Dit mag jou dalk aan die gat byt.

Denise ·

Ek kan my nou nie veel worry oor die vrou wat gekraam het nie want sy is nie die eerste en ook nie die laaste nie maar wat Perdekrag gese het is nou iets wat my laat goed voel !!!!

Wonderook ·

Dit laat my dink aan die storietjie van die ou wat tussen die twee getroude vrouens gesit by ‘n deftige onthaal. In ‘n poging om ‘n gesprek te begin vra hy toe aan die eerste een: Het jy kinders? waarop sy antwoord: “Ja” en dadelik is hy gereed met die tweede vraag: “Is jy getroud”. Sy vriend roep hom eenkant toe en sê mens vra nie sulke persoonlike vrae aan wildvreemde dames nie. Hy word toe by ‘n ander tafel geplaas en weereens probeer hy ‘n gesprek aanknoop en vra: Is jy getroud? vra hy waarop die man antwoord “Nee” en dadelik vra hy: “Het jy kinders”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.