SA sportster trou met ‘meisie van sy drome’

Wayde en Chesney op hul troudag (Foto: Stephanie de Jager)

Die Suid-Afrikaanse Olimpiese kampioen Wayde van Niekerk en sy vriendin, Chesney Campbell, is getroud.

Van Niekerk het gister ʼn foto op Twitter gedeel van hom en sy bruid. Hy het by die foto geskryf hoe opgewonde hy is oor hulle lewe saam.

“Ek kan nie wag om die res van my lewe saam met jou deur te bring nie. Ek is so geseënd om hierdie nuwe avontuur saam met die meisie van my drome te begin. Ek is lief vir jou!”

Hy het ook op Instagram ʼn foto van die geleentheid gedeel, met die onderskrif: “En die belangrikste van alles is die liefde.”

Van Niekerk en Campbell het in Desember verlede jaar verloof geraak, maar al die detail oor die verlowing en die troue privaat gehou. Aanhangers en vriende het die paartjie oorval met gelukwensings en goeie wense op sosiale media.

Van Niekerk het verlede jaar geskiedenis gemaak toe hy die eerste atleet geword het om die 100 m in vinniger as 10 sekondes, die 200 m in onder 20 sekondes en die 400 m in vinniger as 44 sekondes af te lê.

Van Niekerk is in 2016 as sportster van die jaar sowel as sportman van die jaar aangewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.