Sam Smith kom na SA

Sam Smith. Foto: Facebook

Die Grammy-bekroonde Britse sanger Sam Smith kom volgende jaar na Suid-Afrika.

Big Concerts het Dinsdagoggend aangekondig dat Smith Suid-Afrika in April op sy “Thrill of it All”-toer sal besoek.

Smith se debuutalbum, The Lonely Hour, is in 2014 uitgereik en meer as 13 miljoen eksemplare van dié album is reeds verkoop. Die album sluit die treffer “Stay With Me” in wat vir hom ses Grammy-benoemings besorg het waarvan hy vier gewen het.

Smith is ook al met verskeie Brit-toekennings bekroon en die liedjie “Writing’s on the Wall” vir die James Bond-rolprent Spectre in 2015 het hom ʼn Golden Globe-toekenning en ʼn Oscar besorg.

Van sy jongste album, The Thrill of It All, is reeds meer as vier miljoen eksemplare verkoop.

Smith sal op 13 en 14 April in die Ticketpro Dome in Johannesburg optree waarna hy op 16 en 17 April in die Grand Arena in Kaapstad sal optree.

Kaartjies is van 09:00 op 30 Augustus te koop. Besoek www.bigconcerts.co.za vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

pop ·

Ai as ek tog net n kaartjie sou kon bekostig. Hierdie ou tannie dink die kind sing alte pragtig. Sy” stay with me” is my luitoon op foon. Dalk kan iemand praat dat kyk net of iemand die konsert kan opneem en ons arm jafels dit dan kan kyk.

Leon ·

@Pop, begin dan spaar. Ek dink nie jy’t n clue hoe duur dit is om n dvd te shoot nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.