Sanger as SA se mooiste man aangewys

Andries-Hendrik

Andries-Hendrik Potgieter. Foto: Verskaf

Die gewilde Afrikaanse sanger, Andries Hendrik Potgieter, is gisteraand as die tydskrif Cosmopolitan se mooiste man aangewys. Die aankondiging is tydens ʼn glansgeleentheid in Johannesburg gedoen, waar die top twaalf finaliste vir hierdie gesogde kroon meegeding het.

Andries Hendrik is onlangs as Mnr. Julie vir die tydskrif se ‘2016 Sexiest Men Calendar’ aangewys. Hy het die kalender met ander bekendes, soos Springbok rugbyspelers Damian de Allende en Siya Kolisi gedeel. Ander benoemdes was Kaizer Chiefs-sokkerspeler, Reyaad Pieterse en die akteur Kay Sibiya.

Die publiek het die geleentheid gehad om vir hul gunsteling uit die 12 mans te stem en die gasvrou van die glansaand, Bonang Matheba, het te midde van luide applous Andries Hendrik as die wenner aangekondig.

“Dit klink baie soos ‘n cliché om dit so te sê, maar ek het dit regtig nie verwag nie. Toe Bonang my naam uitroep, het dit nie dadelik geregistreer nie, ek was heeltemal oorbluf en toe dadelik ongelooflik dankbaar vir die ondersteuning van my vrou, familie en vriende wat saam met my hierdie pad gestap het.”

Andries Hendrik skryf sy sukses toe aan baie harde werk en deursettingsvermoë.

“Ons het 6 maande lank voorberei vir hierdie geleentheid om my lyf in top kondisie te kry. Dit het ure se gym en ʼn gesonde eetplan geverg en ek kon dit nie sonder ʼn ongelooflike span afrigters gedoen het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jan ·

Nou gaan hulle weer rasis, rasisties, ondemokraties, diskrimenasie skreeu net oor hy wit is , wag en sien,

Eliza-beth ·

Oeee…warm! Al is ek nie ‘n tiener nie, hy is beslis warm!

m ·

mooi bly mooi . Die ander mense voel ma soos gewoonlik vreeslik minderwaardig.

Magaretha van Heerden ·

Watter kriteria is gebruik om die mooiste man te kies? Sal lekker wees om self te kan beoordeel. Ek se nie hy is nie aantreklik nie maar ek dink die mooiste mans neem nie altyd deel nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.