Sanger deel ‘groot geheim’ op Moedersdag

Gerhard saam met klein Zardi. Foto: Facebook

Gerhard saam met klein Zardi. Foto: Facebook

ʼn Bekende Afrikaanse sanger het op Moedersdag die ‘groot geheim’ gedeel dat hy verlede maand pa geword het, maar dat sy dogtertjie vroeggebore en al amper ʼn maand in ʼn neonatale hoësorgeenheid is.

“Dis tyd om ons groot geheim met julle te deel. Ek het pappa geword, hier is ons klein wonderwerk uit God se hand,” het Steyn, wat veral bekend is om sy liedjie “Baby tjoklits”, op Facebook aangekondig.

Steyn se vrou, Zelri, het op 14 April die lewe geskenk aan baba Zardi. Sy is op 33 weke gebore en het net 1,2 kg by geboorte geweeg.

Volgens Steyn het sy vrou pre-eklampsie ontwikkel tydens die laaste twee maande van haar swangerskap. “Dokters het gevrees vir my vrou en dogtertjie se lewe, maar ons God is getrou. Sy is al amper ʼn maand in NICU. Ons kan nie wag dat sy moet huis toe kom nie…ons het dit lank stilgehou, maar die opgewondenheid is nou te groot.”

Die egpaar is op 1 Junie 2013 getroud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

cielie ·

Geluk en sterkte. Ken die gevoel. My dogtertjie is op 31 weke gebore deur dieselfde. Sy is nou n jaar oud en baie woelig.

Alta Schutte ·

Ek verstaan nie waarom hulle dit stil wou hou nie? Veels geluk met die geboorte van julle dogtertjie. Mag sy sommer gou gereed wees om huistoe te gaan!

Nicolene Baumgarten ·

Baie sterkte aan Zelri en Gerhard. My seuntjie is op 30 weke gebôre en het ‘ n maand en 21 dae in NICU spandeer. Vandag is hy perdfris en gesond, met genade uit Vadershand. Ek kan meeste dae glad en al nie daardie traumatiese tyd onthou nie. Net die goeie oomblikke. Julle sal hierdeur kom.

Hanlie ·

Baie geluk. My dogtertjie is op 32 weke gebore en is vandag ‘n gesonde 9 jarige.

Irene Taljaard ·

Hi.Zelri en Gerhard baie geluk met die geboorte van jul pragtige wonderwerk van bo!sterkte!sy sal vinnig by die huis wees.geseende dag v jul!

Liza ·

Baie geluk. Ons het op 13 Februarie ook ‘n wonderwerkie in ons familie ontvang wat op 29 weke gebore is en 1,050kg geweeg het. Hy is die week ‘n volle 3 maande oud en weeg 3,8kg. Baie sterkte met die pad vorentoe. Mag sy net vir julle vreugde verskaf.

Susan ·

Baie geluk – elke nuwe babatjie is kosbaar – verstaan ook nie hoekom sulke goeie nuus stil te hou nie – soveel mense wil graag saam bid – kyk net al die goeie kommentaar van soveel babatjies wat vroeg gebore is en tog deur geloof en gebede vandag rond hardloop

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.