“Dis tyd om ons groot geheim met julle te deel. Ek het pappa geword, hier is ons klein wonderwerk uit God se hand,” het Steyn, wat veral bekend is om sy liedjie “Baby tjoklits”, op Facebook aangekondig.
Steyn se vrou, Zelri, het op 14 April die lewe geskenk aan baba Zardi. Sy is op 33 weke gebore en het net 1,2 kg by geboorte geweeg.
Volgens Steyn het sy vrou pre-eklampsie ontwikkel tydens die laaste twee maande van haar swangerskap. “Dokters het gevrees vir my vrou en dogtertjie se lewe, maar ons God is getrou. Sy is al amper ʼn maand in NICU. Ons kan nie wag dat sy moet huis toe kom nie…ons het dit lank stilgehou, maar die opgewondenheid is nou te groot.”
Die egpaar is op 1 Junie 2013 getroud.
Geluk en sterkte. Ken die gevoel. My dogtertjie is op 31 weke gebore deur dieselfde. Sy is nou n jaar oud en baie woelig.
Ek verstaan nie waarom hulle dit stil wou hou nie? Veels geluk met die geboorte van julle dogtertjie. Mag sy sommer gou gereed wees om huistoe te gaan!
Baie sterkte aan Zelri en Gerhard. My seuntjie is op 30 weke gebôre en het ‘ n maand en 21 dae in NICU spandeer. Vandag is hy perdfris en gesond, met genade uit Vadershand. Ek kan meeste dae glad en al nie daardie traumatiese tyd onthou nie. Net die goeie oomblikke. Julle sal hierdeur kom.
Baie geluk. My dogtertjie is op 32 weke gebore en is vandag ‘n gesonde 9 jarige.
Pragtige wonderwerkie van ons Liewe Jesus af .
Hi.Zelri en Gerhard baie geluk met die geboorte van jul pragtige wonderwerk van bo!sterkte!sy sal vinnig by die huis wees.geseende dag v jul!
Baie geluk. Ons het op 13 Februarie ook ‘n wonderwerkie in ons familie ontvang wat op 29 weke gebore is en 1,050kg geweeg het. Hy is die week ‘n volle 3 maande oud en weeg 3,8kg. Baie sterkte met die pad vorentoe. Mag sy net vir julle vreugde verskaf.
Baie geluk – elke nuwe babatjie is kosbaar – verstaan ook nie hoekom sulke goeie nuus stil te hou nie – soveel mense wil graag saam bid – kyk net al die goeie kommentaar van soveel babatjies wat vroeg gebore is en tog deur geloof en gebede vandag rond hardloop