Sanger, komediant deel swangerskapnuus met oulike foto

Emo en Michelle (Foto: Instagram)

Emo en Michelle (Foto: Instagram)

Die komediant en sanger, Emo Adams, en sy vrou, Michelle Gildenhuys, is weer swanger.

Emo het die nuus Donderdag op ʼn skattige manier op sosiale media aangekondig.

Olivia Geldenhuys, sy mediabestuurder, het die nuus aan Maroela Media bevestig.

Die komediant het vroeër vanjaar die knoop met Michelle deurgehak.

Die egpaar se eersteling, Kader Zayn, is in Julie 2015 gebore.

Hy het eg aan sy karakter gebly toe hy ʼn foto van ʼn broodjie in ʼn oond met die byskrif ‘in ander Lentenuus’ op sy Facebook-blad gedeel het.

Emo is veral ook bekend as aanbieder van die kletsprogram, Jou Show, op kykNET.

Besoek ook Emo se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Maria van Dieweeck ·

Joernaliste wees gewaarsku, die ou hou nie van n gefotonemery nie!

Uitstekende kunstenaar ·

Hy is en bly n uitstekende kunstenaar met eie styl wat hope pret insluit asook n wit kind wat glow in the dark, thanks Emo jy dra positief by in ons reenboognasie en ons wil daai glow in the dark kind sien lol!

Hein ·

Die broodjie lyk maar ‘n bietjie wit. Is ‘n bruiner broodjies nie meer polities korrek vir die toekoms nie?

Ek-sê-maar-net ·

Daar is iets wat ek nie verstaan nie – kan iemand dit dalk aan my verduidelik, asseblief…….? Hoe is ‘n paartjie swanger? So ver my kennis strek is net die vrou in ‘n verhouding in staat om swanger te raak……..dit klink vir my net nie reg om te sê “hulle” is swanger nie. Bloot my siening

Karen van Zyl ·

of…. ons gaan ‘n baba kry, oh ek het nie geweet ‘n man kan ook kraam, rekmerke kry en diesmeer nie

Louise ·

Ag want dit klink net sou oulik en opreg wanneer n man en vrou saam se ons is swanger.
Nie alles op die vrou jy is swanger jou baba, nee saam is ons swanger en saam trek ons die wae deur die drif.

Jackie ·

Wat van: Baie geluk julle twee, mag die baba julle baie vreugde bring!
Genade, is al die lesers ‘n klomp verkrampte kla kouse wat na alles kyk behalwe waaroor die berig gaan? Wonder maar net!!!!!!!

yvonne ·

Stem Saam met jou Jackie. Of het ons nou al so verbitterd geraak dat ons nie eers meer die vreugdes ,soos die koms van ‘n nuwe lewe, raak sien nie. Daar is genoeg bitter en hartseer in ons daaglikse bestaan. Sien die goeie raak en die sleg sal minder sleg lyk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.