Die sanger en komediant Emo Adams en sy vrou, Michelle Gildenhuys, het Maandag vir die tweede keer ouers geword.
Die gesin het Maandag nóg ʼn bulletjie in die gesin verwelkom.
Adams het die nuus Dinsdag op sosiale media bekend gemaak.
Die egpaar is verlede jaar getroud. Hul eersteling, Kader Zayn, is in Julie 2015 gebore.
Emo het ʼn skattige foto van babavoetjies op sosiale media gedeel met die byskrif: “Nuwe toevoeging [tot die familie]. Mamma was wonderlik.”
Hy is veral bekend as aanbieder van die kletsprogram Jou Show op kykNET.
Olivia Geldenhuys, sy mediabestuurder, was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.
Besoek ook Adams se Facebook-blad.
In 8 Days
We Having A BOY/GIRL pic.twitter.com/joQDij7dfl— emo adams (@emoadams) March 2, 2017
So opgewonde ek gaan my koffie mors indien ek my nie doodgaap voor die tyd nie. Nog ‘n kamtige “glansterpaartjie” waarvan mense niks hoef te weet nie.
Valerie, verduidelik tog gou wat is ‘n ‘glansterpaartjie’?
Egpaar is verlede jaar getroud? X
Dagsê Eurika,
Dankie vir jou kommentaar. Dit was sowaar ‘n foutjie van ons kant af! Dankie dat jy ons daarop gewys het, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Janie nms. Maroela Media
Baie geluk!
What is wrong with some good news? Readers complain about too much bad news in the country and now good news…. yes they are celebrities … no your name isnt there…. sarcasm hardly hides envy. With the state this country is in, any good news is good news. Congrats!
TrotsOuPTAner
You know what I agree with you 100%. Congrats you two may he be a big blessing for you.
Ja oupa/oumatjie trots uit PTA, ekke stem lekke saam jou. Laat jou soutigheid nou ons boerdery lekker onkant vang. Niks fout met so ń tikkie opi fingers nie.
Baie geluk julle 2.
Mag ons boerevolk leer saamstaan, eers dan sal ons dalk ń verskil kan maak, dalk nie in andere se lewe nie, maar beslis in ons eie.
Baie baie geluk julle 2!
Mag hy julle baie vreugde bring!
En ja, sulke goeie nuus is beter as al die slegte misdaad en ellende nuus!