Sanger skryf ope brief oor stryd met sy seksualiteit

Craig Lucas. Foto: Facebook

Craig Lucas, wenner van The Voice South Africa se tweede seisoen, het in ʼn ope brief aan sy familie, vriende en aanhangers vertel van sy stryd met depressie en die aanvaarding van sy seksualiteit.

Lucas het die ope brief op Twitter gedeel en skryf hy was in Januarie 2016 op moedverloor se vlakte. “Ek het baie aan selfmoord gedink. Dit het my bang gemaak. Selfmoord en geestes­ongesondheid is in my familie, veral onder die mans. My pa het selfmoord gepleeg toe ek drie jaar oud was.”

Volgens Lucas het sy pa se selfmoord ʼn saadjie in sy gedagtes geplant, maar het hy gesweer hy sal nooit soos sy pa wees nie en dat hy nooit sy ma weer so iets laat deurmaak nie. Die sanger verduidelik dat dinge daarna beter begin gaan het, maar dat hy sowat twee jaar later weer op ʼn donker plek was.

Hy vertel dan van ʼn gebeurtenis in Desember 2011 waar hy saam met ʼn vriend gaan kuier het. Hy het die vriend tydens sy eerste jaar van studie by die Universiteit van Kaapstad ontmoet. Hulle het gereeld saamgekuier, maar dié betrokke dag was dinge anders. Lucas vertel hy het besef hy is verlief op sy vriend. “My kop het begin draai en dit het gevoel of ek wou opgooi. Ek het ʼn verskoning gekry om by die huis te kom en kon nie vinnig genoeg daar wegkom nie.”

Craig Lucas. Foto: Facebook

Volgens Lucas het dit elke greintjie krag geverg om by die huis te kom. “Ek kon daarin slaag om net verby die kombuis te kom voor ek op die vloer neergeval het. Ek het gebid. Ek het geskreeu. Ek het gevloek en nog gebid.”

Lucas verduidelik in die brief dat hy al in seksuele verhoudings met vroue was. “Wat ek gevoel het, het nie sin gemaak nie. Ek was nog nooit in my lewe banger nie. Ek het alle kontak met hom verbreek. Ek was vir die volgende drie jaar in ʼn ewige oorlogs­toestand met myself. Dit het my vier jaar gevat om te aanvaar wat daardie dag gebeur het.”

Lucas het die gebeure op 15 Januarie 2016 met sy familie en vriende gedeel. “Ek was vry. Ek het liefde vir myself gevind en liefde het my gevind. En toe kom The Voice. Mense het vir my gesê om die feit dat ek in ʼn verhouding met ʼn man is geheim te hou – ‘die gehoor is konserwatief’ en ‘niemand sal vir jou stem nie’. Ek het dit geheim gehou en gewen. ‘Ek is bly ek het vir hulle geluister’, het ek gedink. Mense het toe gesê ‘niemand gaan jou musiek koop as hulle dink jy is gay nie’ en ‘meisies is jou grootste mark’. Voor ek dit kon besef, was ek weer terug in die kas.”

Craig Lucas. Foto: Facebook

Volgens Lucas het al sy drome waar geword nadat hy The Voice gewen het en was hy in ʼn verhouding met ʼn “wonderlike” man. “My loopbaan het gefloreer. Ek was geheel en al depressief. Selfmoordgedagtes het my geteister. Ek het kwaad geword en mense seergemaak. Ek het myself gehaat.”

Lucas bieg hy was gereeld onder die invloed van alkohol en selfs dwelms. “Ek het vergeet ek is slim, talentvol, snaaks en goedhartig. Ek het vergeet dat mense my liefhet. Dit het geverg dat ek weer op moedverloor se vlakte moes wees om te besef ek lewe ʼn leuen. Nou meer as ooit het ek soveel gehad om voor te leef en ek wou leef.”

Volgens Lucas weet hy nie wat volgende gaan gebeur nie. “Ek verwag dat ek seker ʼn paar vriende en ondersteuners gaan verloor en dat van my familieverhoudings gespanne gaan raak weens die brief, maar dit is oukei. Ek verwelkom wat ook al na my kant toe kom met ʼn oop hart en oop gedagtes.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

CK ·

Jou musiek is mooi en ek is seker daar sal mense wees wat veroordeel, soos altyd, maar dit is ons nie beskore om te oordeel nie.

AP ·

Craig, verskoon my voorbarigheid om jou so op die naam die te noem, maar ek het baie deernis met jou, jou lewenskeuses is net in belang van jouself en niemand anders nie, jy moet my net een dingetjie belowe, moet nooit ophou sing nie!!

Verstom ·

Dis jammer dat jy die vleeslike oorwin het bo die heilige waardes in God se woord.

Yolandi ·

Ek kan nie verstaan hom jy die jong man so oordeel nie? Wie het jou op die troontjie geplaas? Die Here verwag van ons om ons medemense life te hê en te vergewe…

Geen wonder die mens daarbuite wil nie deel wees van die “Christen” gemeente nie want daars so baie van ons wat tog te maklik oordeel en op ons troontjies sit en mense sleg sê wat tog nie maak en sê wat ons doen nie. Wees eerder n lig in hierdie duister wereld! Wees lief vir mekaar ongeag want die wat van my en jou verwag word! Om so iemand te verwerp en sleg te sê dryf jy hom net meer weg…

Rupert Ashford ·

Die Bybel (God se woord) se ook vir ons wat die standaarde is waarvolgens ons moet lewe. Niemand oordeel nie, maar ons mag ook nie stilbly as ons regtig ernstig is oor God en sy woord nie. Ons almal sondig, maar dit beteken nie ons moet almal stilbly nie. Ons moet egter ons eie grootste kritici ook wees.

Stuiwer ·

Ek praat dit nie goed nie, maar wie is ons om te oordeel! Laat die een wat sonder sonde is, die eerste klip optel (so sê God se word).

Gerda ·

Yolandie jy is reg niemand mag oordeel nie, maar jy mag beoordeel
Om te beoordeel beteken jy mag vir die persoon sê dit druis in teen God se Woord. En om te oordeel beteken as jy vir iemand sé dai persoon gaan hel toe. En die mense wat sê mag nie oordeel nie is juis hulle wat weet wat gedoen wors verkeerd is

Linda ·

Ek is trots op jou !!!! Dankie dat jy hierdie donker geheim met die publiek kon deel, dit sal nie jou loopbaan affekteer nie !!

fg ·

Yolandi ek stem 100% saam met jou. Moenie oordeel as jy nie die persoon se skoene ooit gestaan het nie. Julle wat so gou oordeel weet nie van die siels wroeging waardeur so n persoon en sy gesin gaan nie.

Per ·

Verbasend dat alle wenners van die “realiteits” programme, altyd ‘probleme’ het, voor die shooting van die program begin, en gedurend en as hul nie meer relevant en só bekend is nie, kom hulle altyd met nóg n treur storie na vore.

Hannelie ·

Craig maak nie saak wat jou voorkeure vir liefdes is nie….jy bly God se kind. En moenie dat ander mense jou probeer afkraak nie. Wees net jouself, moenie wees wat ander mense wil hê jy moet wees nie.

eerlikheid ·

Wil maar net meld , ek het baie te doen met sangers en glo my baie is gay maar wil dit nie openlik erken nie en is eerder in verhouding met ‘n vrou om mense tevrede te stel. en vir wat ?

Karlien ·

Inderdaad. Heelwat Afrikaanse sangers, ‘n paar waaroor die publiek erg verbaas sal wees vanwëe die openbare persona wat hul voorhou. Nou ja wat.

MCS ·

Dis ‘n saak tussen hom en God. As hy die Here werklik lief het en sy lewe algeheel in God se hande plaas dan sal daar vir hom bevryding en duidelikheid kom.Ons word ‘n nuwe mens in God en die ou mens bestaan nie meer. Ons moet nie ons saak aan verganklik mense openbaar en hul toestemming en aanvaarding soek nie.

DinkBiejie ·

Jy is baie braaf, en jy gaan nog ‘n positiewe verskil maak in baie jongmense se lewens. Die beste ding is om eerlik eers met jouself te wees. Vergeet wat die res agter jou rug fluister. En vermy die mense wat jou veroordeel en terughou. Ons almal is net mense. Baie ander mense wat so graag vingers wys vergeet dit. Ek wens jou net die beste toe vorentoe in jou lewe en beroep.

Yolandi ·

Ek verstaan nie hoekom mense nou teen hierdie talentvolle man sal wees nie?
Hy het n amazing talent van God ontvang! Wat maak dit saak of hy na mans of vroue vry? Dit beinvloed mos nie sy liefde vir musiek maak nie?

As jy van sy musiek gehou het voor hy die nuus bekend gemaak het hoekom ophou na dit luister?

Debra ·

Liewe mens. Jy is waardig soos jy is, onse Vader het jou oneindig lief. Vreeslik bly jy kon daardie onker gedagtes oorwin, want jy het ook n positiewe bydrae om te maak met jou musiek, ongeag wie jy liefhet. Daar is vir jou ook n plekkie onder die son.

In ‘n land waar ons ELKE DAG met hope slegte nuus in die vorm van korrupsie, moord en doodslag gebombardeer word, sal dit ons glad nie skade aandoen om bietjie meer op positiewe dinge soos bogenoemde te fokus nie. Ons land is vol haat en woede, n bietjie meer liefde vir ons eggenote, kinders, families, bure, kollegas ens kan ons baie ver vat.

Vra jouself: wat het JY vandag gedoen om die wereld n meer aangename plek te maak? Indien ons liefde as NALATENSKAP het, sal ons nageslagte n baie meer positiewe erfenis he om na uit te sien…

Groete en liefde aan ALMAL.

Ander Annie ·

Hou aan met jou Godgegewe sang talent. Jou oortuigings is ‘n saak tussen jou en jou Hemelse Vader. Laat die wat oordeel hulle gang gaan. Sterkte .

DS ·

Geen oordeel van my nie. Onthou net as jy oordeel sal jy eendag geoordeel word. Dis ‘n saak tussen God en Craig.

Robert van Staden ·

Craig, daar is niks mee verkeerd om gay te wees nie, en dit is nie ‘n skande nie. ‘n Mens word so gebore en daar is niks wat jy daaraan kan doen nie. Jy het ‘n wonderlike talent. En ignoreer die klipchristene wat klippe gooi – wat dink hulle gee hulle die reg om ander mense liefde, kameraadskap, warmte, troos en teerheid te ontsê? Trots op jou!

Anoniem ·

Craig, of jy van mans of vrouens hou define jou nie. Onthou dit en ag jouself waardig

Frank ·

Vir enige iemand wat sukkel met seksualiteit, of met ‘n geliefde wat daarmee sukkel kyk asb die film – verniet op youtube. AUDACITY – Full Movie (2015) HD – Ray Comfort

Dominee ·

Oe! Nou preek elkeen sy/haar prekie. Na watter kant toe ook al. Plaas julle almal predikante gaan word het vir elkeen wat nou ‘n preek wil afsteek.

Diefie ·

Wees jouself en die wat jou nie aanvaar, dan is dit hul probleem. Wees net gelukkig,

Bravo ·

Jy het soveerl guts, meer as soveel closet gevalle wat getroud is en elke aand langshulle man of vrou (heteroseksueel) slap. Jy kan ensal nou met Vryheid vorentoe lewe. Voorspoed

mag jy baie gelukkig wees ·

Baie sterkte vir jou. Wees gelukkig en wees lief vir wie jy wil lief wees. Elke mens verdien dit om waardig en gelukkig te wees in die lewe ongeag jou seksualiteit.

Dit is bemoedigend om soveel volwasse kommentaar hier te lees, baie kommentaar is met deernis geskryf. Partymaal kan mens aangenaam verras word – ek het verwag om die ergste van die ergste verdoemende, snedige en “Ons is Beter as Jy” kommentaar te lees.

Santie ·

Gay-wees begin in die baarmoeder. Niemand kies dit nie. Dit is wie jy is. Kan jy gestraf en veroordeel word as jy met blonde hare en blou oë gebore is, of grof of fyn gebou is? Craig, aanvaar jouself en lewe voluit. Om skaam te wees en terug te trek, is die depressie-hel nie werd nie.

Stuiwer ·

Santie, nie alle gay mense is so gebore nie. Omstandighede kan dit veroorsaak, asook ‘n persoon se keuse. Ons sal nooit 100% kan sê watter een die rede is nie.

Lorinda Gerber ·

Ek het respek vir wat jy gedoen het. Dis nie `n maklike pad nie. Baie sterkte. Die wat oordeel: Julle gaan ook so ge-oordeel word!

E.K. die eerste ·

Dis goed en reg om nie ‘n leuen te lewe nie. Dis reg dat jy met die waarheid uitgekom het – die waarheid maak mens vry. Voorspoed en vrede vir jou Craig! Steur jou nie aan die kermkore met hul oordeel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.