Sangeres gee die jawoord

Foto: Irene-Louise, Facebook

Die sangeres Irene-Louise van Wyk het die jawoord gegee aan Nicholas Du Preez.

“Ek kan nou die res van my lewe met die liefde van my lewe spandeer!” het sy op Facebook geskryf. “Jy het my die gelukkigste meisie ooit gemaak. Ek is lief vir jou!”

Irene-Louise volg met haar musiekloopbaan in die voetspore van haar bekende ouers, Louis en Irene van Wyk.

Sy het in 2015 groot sukses bereik met haar liedjie “Jy speel ʼn game met my” saam met Elvis se Seun. In 2016 was sy terug op die musiektoneel en het aanhangers aan die dans gekry met haar CD, Meer as woorde.

Haar ma, die bekende sangeres Irene van Wyk, is in 2008 in ʼn motorongeluk dood. Op die CD, Meer as woorde, sing Irene saam met haar ma danksy nuwe tegnologie. “Ná sewe jaar kon ek die geleentheid kry om ʼn liedjie saam met my ma op te neem weens nuwe tegnologie. Dit was vir my so ’n voorreg en dit is beslis een van my gunstelingliedjies op die album. Ons het niks verander aan my ma se stem nie, en net myne oor Nádine s’n in hul destydse duet opgeneem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Onkunde ·

So word my onkunde bietjie vir bietjie weggevat en weet ek al meer van dit wat saak maak . . .

Luister ·

Veels geluk aan die tweetjies. Baie voorspoed en liefde vorentoe.
Sal graag wil weet waar hierdie foto’s geneem is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.