Afrikaanse sangeres se bulletjie gebore

Andriëtte en Glynn by klein Graham. Foto: Facebook

Andriëtte en Glynn by klein Graham. Foto: Facebook

Die sangeres Andriëtte en haar man, Glynn Moolman, se pienkvoet is Woensdag gebore.

Graham Harold Moolman is net na 12:00 gebore en is gesond, het die sangeres op Facebook gesê. Hy weeg 3,96 kg. “Dankie Liewe Jesus vir hierdie wonderwerkie. Niks kan die gevoel ‘beat’ nie.”

Sy het in Julie bekend gemaak sy is swanger. Die egpaar is op 13 Junie 2015 getroud. Glynn het ʼn seuntjie uit ʼn vorige verhouding.

Andriëtte het by verlede jaar se Ghoemas met twee toekennings weggestap, naamlik beste kontemporêre album deur ʼn vrouekunstenaar, asook dié van vrouekunstenaar van die jaar.

Sy is in 2007 aangewys as die naaswenner in die Suid-Afrikaanse TV-sangkompetisie Idols.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sarie ·

Baie geluk Andriëtte en Glynn met jul pragtige baba. Mag die Here julle as gesin seën.

Petro Fourie ·

Baie geluk julle 2’tjies, mag hy vir julle al die vreugde en plesier in die lewe wees. Hy is pragtig.

Karma ·

Baie geluk aan die egpaar.

Maar ek wil tog ‘n klip(pie) in die bos(sie) gooi – wat gaan aan deesdae met die moeders-in-wording? As mens ‘n foto soos dié sien, waar die mamma agter ‘n groen skerm lê met baba in die arm, kan jy maar weer sy het ‘n Caesar gehad. Is die moeders-in-wording van vandag dan “too posh too push” of is dit die ginekoloë wat gerieflikheidshalwe nie wil wag dat die baba sy/haar verskyning op sy/haar tyd maak nie, maar eerder sny?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.