Sangeres se tweede bulletjie gebore

Andriëtte,en Glynn saam met Glynn jr. Foto: Facebook

Die sangeres Andriëtte Norman (31) se tweede seuntjie is Woensdag gebore.

Andriëtte het ʼn foto op sosiale media gedeel van haar seuntjie Glynn Andre Moolman. Hy is omstreeks 08:30 gebore en het 3,8 kg geweeg by geboorte. “Dankie, Liewe Jesus,” het sy by die foto geskryf.

Andriëtte het die nuus oor haar tweede swangerskap in Maart vanjaar die eerste keer bekend gemaak.

Die sangeres en haar man, Glynn Moolman (32), se eersteling, Graham, is in Februarie 2017 gebore. Die bulletjie het 3,96 kg by geboorte geweeg.

Glynn het ook ʼn agtjarige seuntjie, Nathan, uit ʼn vorige verhouding. Die egpaar is op 13 Junie 2015 getroud.

Andriëtte is in 2007 aangewys as die naaswenner in die Suid-Afrikaanse TV-sangkompetisie Idols.

Andriëtte en Glynn saam met Graham en Nathan. Foto: Instagram

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

$ ·

Maroela julle irriteer my so met julle halwe foto’s en opskrifte wat verwys na “sanger”/“akteur/sportster” ens wanneer dit kom by die nuus wat julle oor bekendes wil deel – pleks dat julle net eenvoudig die naam vd bekende noem in die opskrif en dan kan mense wat oor hulle wíl lees op die berig ingaan en diegene wat nie wil nie, kan verby beweeg. Nou plaas jul opsetlik net ‘n foto vd persoon se oog/oor/halwe mond ens sodat jul lesers asb tog net op die skakel moet klik om uit te vind oor watter ‘geheime’ persoon nou hier berig word.

Dit irriteer my reeds lankal en ek is seker dit irriteer van julle ander lesers ook – hierdie is ‘n koerant, nie die Huisgenoot nie.

GM ·

Net vir interessantheid, word daar nog enige normale bevallings in privaathospitale behartig?
Geluk aan die tweetjies. Pragtige paartjie.

MEA ·

Daar word, ja. Dit hang net af wie die Gynie is. Dit is hulle wat so agter die gemak en geld van keisers is.

Cathy ·

@$ ag nee man hou op kla. Maroela het catchy opskrifte. As jy nie wil lees nie moet dan nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.