Sesde bondeltjie vreugde vir dié bekende sanger

Die foto wat Steve Hofmeyr saam met die plasing op Facebook gedeel het

Die foto wat Steve Hofmeyr saam met die plasing op Facebook gedeel het

Steve Hofmeyr (52) en sy vrou Janine (38) het Sondag aangekondig dat hulle in Julie 2017 ʼn bondeltjie vreugde in die wêreld gaan verwelkom.

“Die geboorte van ‘n Kind het die wêreld vir altyd verander. Daarom kies ons Kersdag om jou te nooi na Romy-Lee se 1ste verjaarsdag op 1 Julie 2018,” het Steve op sy Facebook-blad geskryf. “Ons s’n is steeds ‘n risikogeval. Dalk nog ‘n wonderwerk. Julle het haar vir ons gebid. Ons dankbaarheid en opgewondenheid is perkeloos vandag. Die grootste Kersgeskenk ooit. Dankie.”

Hofmeyr het drie kinders wat buite-egtelik gebore is, Charissa (28), Armand (26) en Devon (22). Hy het ook twee kinders, Sebastian (14) en Benjamin (12) saam met sy vorige vrou, Natasha Sutherland.

Steve en Janine sal in Januarie drie jaar getroud wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Wim ·

Baie geluk Steve en Janine. Toe jy die vertoning in Port Shepstone gedoen het in Maart het jy gese julle probeer hard. En daar is dit nou.

Pretorius hibbers cahrine ·

Hoekom altyd praat van “buite egtelike” kinders, hiekom nie net kinders nie…. Regtig….

Chris ·

Ek stem saam met jou. Hoekom die kinders label. Dit is totaal onnidig. Inteendeel hoekom dit noem hoeveel kinders hy het. Al wat hulle kon berig as dit moet is dat sy vrou swanger is.

Celia Tjaden ·

Ja absoluut- sensasoekende pers! Ellke keer as daar nuus is oor n bekende persoon- sal elke ding uitgehaal word uit die kas. Vra verskoning- Maroela Media! Wat is n buite egtelike kind? Weet julle hoe laat julle n kind voel deur so iets te se? Dis n kind, pragtig en spesiaal en n geskenk van God. Ek gaan dit REGUIT vir julle se: niemand het die reg om enigiemand te veroordeel en etikette op mense te sit nie allermins kinders! Dink 2 keer voor julle praat!

Karien de lange ·

Ja nee” buite egtelik” en “stief” los so wrang smaak veral as die kinders deel is van jou lewe en jyself hulle nie so sou aanspreek nie. Kan dit nie maar uitgelaat word nie dit bly Steve se kinders en deel van sy lewe

Alta Ziervogel ·

Baie geluk julle is die mooiste geskenk ooit alle ere aan God. Julle is net so spesiaal soos elke kind al reeds ontvang , uit Vader se hand. Be blessed.

al ·

Baie geluk jul twee! Dankie wat jy Steve vir ons volk doen. Ons is trots op jou.Ek het gister Agter elke Man fliek op Kyknet gekyk en weereens besef hoe suksesvol jy geraak het. Mag God jou gesin seen vorentoe.

Chris ·

Mooi man. Geluk. Mag die nuwe aankomeling net vreugde en plesier in jul lewens wees. As oom Mick Jagger op 73 ‘n oorstoot drie kan aanteken, is daar nog hoop vir ons jonger manne.

Evdw ·

Baie geluk met die geskenk van God want dit is wat kinders is. Die verwysing na buite egtelike kinders is uiters swak smaak en ons as lesers maak beswaar. Stel die saak reg asseblief. Dink vir n slag aan wat julle aan die jongmense doen. Verder het Steve sy foute (soos ons almal) maar hy het sy kinders nog altyd bygestaan wasr hy kan.

John ·

?… Hoekom ‘n Engelse naam? Is oom Steve en sy vrou nie Afrikaners nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.