‘Sexyste man ter wêreld’ aangewys

Dwayne Johnson (Foto: Jeff Lipsky/People)

Dwayne Johnson (Foto: Jeff Lipsky/People)

Die Amerikaanse tydskrif People het Dinsdag die sexyste man ter wêreld vir 2016 aangewys.

Die akteur en voormalige rofstoeier Dwayne “The Rock” Johnson, bekend vir sy rolle in flieks soos Fast & Furious, Tooth Fairy en Empire State, is die 31ste ontvanger van dié titel.

Vorige ontvangers van die titel sluit onder meer in die Britse sokkerspeler David Beckham (2015), die Amerikaanse akteur Chris Hemsworth (2014) en die sanger Adam Levine (2013).

Johnson, wat 1,9 m lank is en 111 kg weeg, het aan People vertel die aankondiging kom as ʼn totale verrassing.

“Ek het gedink ‘a, dis wonderlik!’ Toe besef ek wat ʼn groot eer dit is om die titel te ontvang. Daarna het ek egter besef ek het bykans alles bereik, ek is nie seker wat ek nou gaan doen nie,” het hy geskerts.

Die akteur is al vir nege jaar in ʼn verhouding met sy meisie, Lauren Hashian, en die twee het ʼn 11 maande oue dogtertjie, Jasmine. Hy het ook ʼn 15-jarige dogter uit sy eerste huwelik, Simone.

Johnson is in Augustus as Forbes se hoogsbetaalde akteur aangewys nadat hy $64,5 miljoen (ongeveer R900 miljoen) in die vorige jaar met sy flieks verdien het.

“Ek het begin met $7 [R100]. As ek dit kan doen, kan enigiemand,” het hy op Twitter laat val.

Bron: People

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

miv ·

You wish! People het nie in Suid-Afrika kom kyk nie. Al die sexi mans bly hier.

Raar Maar Waar ·

Maar ons weet tog, mooiste is nie altyd die lekkerste nie!!

CQ ·

Verseker! Sexy smile. Sexy spiere…. al wat hy kort is Channing tatum se dans moves… dan is hy PERFEK!!… Maar Sexy VERSEKER

Denise ·

Ek stem Anna!!!!!!! En ja ek hou van my man hy is n boer in murg en been!!!!

Francie ·

“Beauty lies in the eye of the beholder”. Seker maar ja, maar ek sien dit nie.
Al daardie spiere is grillerig, hulle kan in elk geval nie net by ‘n spieël verbyloop sonder om hulself te bewonder nie.
Ek dink die mans in Suid-Afrika het die mooiste bene in die hele wêreld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.