Simoné Nortmann en rekenmeester trou

Simoné Nortmann en haar man, Andries Pretorius. (Foto: Shanay Greene Photography/Verskaf)

Simoné Nortmann en haar man, Andries Pretorius. (Foto: Shanay Greene Photography/Verskaf)

Simoné Nortmann, die gewilde aktrise wat as die huwelik-sku Irma Humpel te sien is in die lokettrefferrolprent Vir die voëls en nou ook elke weeksaand op die kassie kuier as René in die kykNET-sepie Binnelanders, is Saterdag getroud.

Sy en haar bruidegom, die rekenmeester en sakeman Andries Pretorius, het by die Lunikhy-wildsplaas buite Bela-Bela ewige trou aan mekaar beloof.

Nortmann (28) het in ʼn Suné Snyman Designs-rok voor 135 gaste in die paadjie afgestap kansel toe saam met haar ma, Tinkie.

“Dit was een van die heiligste oomblikke wat ek ervaar het. Dit was emosioneel en oorweldigend. Net voor die tyd het ek na my ma gedraai en ons het begin huil. Ek het gebid en dankie gesê vir die 28 jaar wat ek in haar huis kon wees en die invloed wat sy in my lewe gehad het,” het Simoné aan Sarie gesê.

Haar pa, Hannes, het later saam met haar die dansvloer geopen voordat hy sy dogter aan Pretorius oorhandig het.

Die troufoto’s is geneem deur Shanay Greene Photography. Bekendes soos Donnalee Roberts en Ivan Botha, Karlien van Jaarsveld en haar man, Joe Breytenbach, Mila Guy, Beer Adriaanse en Schalk Bezuidenhout was van die gaste wat die troue bygewoon het.

Guy en die komediant Mariette Loubser was ook onder Nortmann se strooimeisies.

Die pasgetroude paartjie het Bali in Indonesië gekies as hul wittebroodbestemming. Nortmann het ʼn borrelende foto van haar en Pretorius op die OR Tambo-lughawe op Instagram gedeel. “Mnr. en Mev. Pretorius,” het sy gekoer.

Lees SARIE se aanlyn artikel hier.

** Die troufoto’s verskyn eksklusief in SARIE se April 2019-uitgawe wat vanaf 25 Maart beskikbaar is.

Simoné en Andries op pad na hul wittebroodbestemming, Bali. (Foto: Simoné Nortmann via Instagram)

Simoné en Andries op pad na hul wittebroodbestemming, Bali. (Foto: Simoné Nortmann via Instagram)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nadia ·

Baie baie Geluk jy verdien alles wat na jou kant toe kom!!!

AmY ·

Baie geluk julle twee, en alles van die beste vir die toekoms. Julle is twee mooi mense.

Armie ·

En daar is die mooiste, vriendelikste en beste aktrisse ook nou getroud! Geluk Simone!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.