Só lyk Demi-Leigh se sportster-kêrel

Tim Tebow (Foto: Instagram)

Demi-Leigh Nel-Peters (23), Mej. Heelal 2017, is volgens berigte in ’n verhouding met Tim Tebow, ʼn Amerikaanse sportster. Tebow (30) het dié verhouding in ʼn onderhoud met Pedro Gomez van ESPN bevestig.

“Sy is ʼn baie spesiale meisie en ek is baie gelukkig en geseënd dat sy in my lewe in gekom het,” het hy aan ESPN oor Demi-Leigh gesê. “Ek is gewoonlik baie privaat met hierdie soort dinge, maar ek is baie dankbaar.”

Gerugte oor dié paartjie het begin nadat Tebow se suster, Katie, ʼn foto van haarself en haar twee broers saam met Nel-Peters op Instagram gedeel het. Nog geen teken van die verhouding is op Nel-Peters of Tebow se sosiale media- profiele sigbaar nie.

Tebow is ʼn voormalige Amerikaanse-voetbalspeler en speel tans professionele bofbal. Hy was voorheen in ʼn verhouding met Olivia Culpon, Mej. Heelal 2015.

Tebow het verlede jaar aan People gesê dat hy gereed is om ʼn familie te begin as hy die regte vrou gevind het.

“Ek wil nie meer enkellopend wees nie. Ek is gereed om rustig te word en met ʼn familie te begin. Ek wil kinders hê. Daar is so baie dinge wat ek wil hê. Niemand sal gelukkiger as ek wees om uiteindelik die regte persoon te vind nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

B ·

Wow…Google gerus Tim Tebow Foundation….
Saam kan die twee n reuse verskil maak. Wens hulle net sterkte toe!!

sonja coetzee ·

DEMI-LEIGH JY VERDIEN DIT AL; KEN EK JOU GLAD NIE DINK EK JY IS N PRAGTIGE MENS JOU OGIES STRAAL LETTERLIK OP AL JOU FOTO’S!!!!!MAG JY EN TIM BAIE BAIE GELUKKIG WEES JY’S N VOORBEELD VIR HORDES MENSE GENIET DIE LIEFDES LEWE NIKS LEKKERDER AS JY BUTTERFLIES KRY NIE!!!!!!!!!NOGMAALS GELUK DEMI-LEIGH!!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.