Só onthou hulle Evert Snyman


Evert Snyman Foto: RSG

Evert Snyman Foto: RSG

Evert Snyman was ʼn veelsydige mens, maar dis veral vir sy bydrae tot radio wat altyd onthou sal word. Lees gerus meer hier oor sy loopbaan as radioman.

Maroela Media het ook die voorreg gehad om saam Evert te werk toe hy teksskrywer was van die radiodrama, “Sagmoedige Neelsie”, wat deur verskeie radiostasies uitgesaai is. Die radiodrama, “Groblerspruit” wat op 7 September vanjaar landwyd begin het, is die jongste uit Evert se pen.

Volgens Susan Lombaard, uitvoerende hoof van Maroela Media, was dit ʼn besondere voorreg om saam met hom te werk. “Tydens die skryf van die CJ Langenhoven-enkelradiodrama het hy sy veelsydigheid as radiodramaskrywer gewys deur drie verskillende weergawes van dieselfde drama, almal met verskillende invalshoeke, te skryf. Maar buiten sy veelsydigheid was hy een van daardie mense met wie jy lekker gekuier het van die eerste ontmoeting af. Evert se afsterwe is nie net ʼn verlies vir die Afrikaanse radiobedryf nie, maar beslis ook vir mense na aan hom en diegene wie se paaie net dan en wan met syne gekruis het.”

Maroela Media het met verskeie vriende en kollegas van Evert gesels om te hoor hoe húlle hom sal onthou.

Die aktrise, Heidi Mollentze, wat ook goed met hom bevriend was, het oor Evert geskryf: “Evert was altyd reguit, eerlik en sonder draadwerk. Daarom is my huldeblyk aan hom ook eerlik en sonder draadwerk: Evert het my alles wat ek weet van radiowerk geleer. En daarvoor sal ek hom ewig dankbaar wees. ʼn Beter leermeester kan ʼn mens nie voor vra nie. Tydens opnames vir Evert kon jy maar weet jy is besig met ʼn professionele, kwaliteit produk. Dis ʼn wete wat goud werd is in ʼn oorwegend onseker industrie. En so tussen die harde werk en klankbane, was daar altyd tyd vir ʼn grappie of twee. Altyd!”

Luister gerus na die podsending om te hoor hoe ander mense hom sal onthou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Stephan ·

Evert was altyd daai vriend wat jy geken het wat altyd op sy besondere manier jou lewe kon aanraak, en dit was slegs deur die radio. Kan net dink hoeveel hy in sy persoonlike manier vir mense beteken het. Ons groet ‘n groot gees, storieverteller, leermeester, vriend, Pa en Eggenoot, Mag daar vir almal vertroosting wees deur die wonderlike herinneringe wat hy agterlaat. RIV

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.