Sportheld se pienkvoet gebore

Foto: Instagram via @fafdup.

Faf du Plessis (33), die Proteas-kaptein, en sy vrou, Imari, het Woensdag hul eersteling verwelkom.

Du Plessis het dié aankondiging Donderdag op Instagram gemaak. Hy het ʼn skattige foto van sy hand saam met die babatjie, glo ʼn dogtertjie, se handjie gedeel.

Hy het by die foto geskryf: “Ons grootste seëning nóg het as ʼn klein pakkie gekom. So ongelooflik dankbaar.”

Maroela Media het vroeër berig Du Plessis het in Mei aangekondig hy gaan pa word. “[Ons is] gereed vir die CSA-toekennings. [Dit is] die laaste geleentheid as net die twee van ons,” het Du Plessis by ʼn foto van hom en Imari geskryf. Die egpaar is in 2013 getroud.

Du Plessis sal na verwagting beskikbaar wees vir die eerste toets teen Engeland op Lord’s op 6 Julie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.