Springbok Frans Malherbe verloof

Frans Malherbe en Ingrid van Huyssteen is verloof. (Foto: Ingrid van Huyssteen/Instagram)

Die Springbokke se oorwinning teen Wallis is nie Frans Malherbe se enigste onlangse hoogtepunt nie.

Die 31-jarige Springbok-vaskopstut het onlangs verloof geraak aan Ingrid van Huyssteen.

Yay! Ek kry ’n beer vir ewig,” het Van Huyssteen Vrydag op haar Instagram-bladsy geskryf.

Bekendes soos Ansu Visser en die Springbokkaptein, Siya Kolisi, se vrou, Rachel Kolisi, het die paartjie op Instagram gelukgewens.

Die Springboklosskakel, Handré Pollard, se vrou, Marise Pollard, het ’n video op haar eie Instagram-storie gedeel waarin Van Huyssteen met ’n pragtige verloofring en ’n reuseglimlag gepronk het.

“Ons harte bars. So bly en lief,” het Marise op nog ’n Instagram-storie gedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.