Steve en Janine se kleinding kom dán

Die egpaar het sonarfoto’s van Romy-lee gedeel (Foto: Facebook)

Die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr en sy vrou, Janine, het Woensdag in ʼn Facebook-inskrywing met sonarfoto’s gespog met hul kleinding wat op pad is.

Hofmeyr het gesê hoewel die egpaar besluit het om die klein Romy-lee se geboorte en haar eerste foto’s privaat te hou, wil hulle tog meer met aanhangers deel omdat hulle duisende “goeie wense” ontvang het en daar mense is “wat werklik omgee en haar wil sien”.

“[Ons] hou nie van pose nie, [maar sy is] ʼn duimsuier met fris hokkiebene en baie woelig. En ja, dis ʼn Hofmeyr-gesiggie daai, maar haar ma se soenbek-lippe,” het die sanger op Facebook geskryf.

Steve sê die egpaar wil graag hê Romy-lee moet op 1 Junie gebore word.

Janine het ook op haar Facebook-blad gesê sy en haar man is baie opgewonde om die nuwe pienkvoet in die huis te verwelkom.

“Ons prinsessie is ʼn diepe denker, het ʼn ‘vol’ lyfie met die mooiste bolwangetjies [en] lippies wat ons gaan op soen. En sexy beentjies (volgens haar pappa),” het sy geskryf. “Sy is net die mooiste klein poppie en ons harte bars van liefde.”

Steve en Janine is in Januarie 2014 getroud. Die sanger het vyf kinders uit vorige verhoudings – Armand, Devon, Charissa, Sebastian en Benjamin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Al te pragtig! ·

Ja nee n Hofmeyer deur en deur!!! Pragtige klein pop! Geniet haar wanneer sy kom gelukkig het julle 5 ander kinders at kan help babysit….lol

Mooiso ·

Ek is baie bly vir hulle, ek gee nie om wat hy in sy lewe aangejaag het nie, maar hy het nog altyd vir sy kinders gesorg. Sy het nog nooit voorheen ‘n baba gehad nie, so ek gun haar die enetjie .. Mag Romy-lee geseend wees. Geniet haar!

Lien ·

1 Junie is ‘n goeie dag, dis na pay day – haha! (ek verjaar toevallig ook op 1 Junie). Al nadeel al haar kinderpartytjies gaan in die winter wees.

m ·

Baie geluk julle twee. Julle pas so mooi bymekaar. Geniet julle kleinding.

Uvonka ·

Nog steeds die beste Afrikaanse sanger in my opinie. Baie geluk Steve en Janine, bou ons nasie.

Ria ·

Baie geluk julle, mag sy vir julle baie vreugde bring. Geniet elke oomblik saam met haar.

Meermin ·

Janine ek weet sommer jy gaan ‘n goeie mamma wees. Sy is pragtig net soos haar ma. Steve, ek sien sommer julle twee gaan lekker pop speel met julle prinsessie. ☺

E ·

Sweetypie, lovely geskenk van bo. Mag sy jul lewens vervul met alles wat mooi, pienk, dierbaar en pragtig is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.