Steve weer tuis: ‘Elke dag ʼn knertsie genade’

Steve en Romy-Lee (Foto: Facebook)

Regstelling: Steve Hofmeyr het bevestig hy sal wél die naweek steeds sy geskeduleerde konserte lewer.

Die sanger Steve Hofmeyr is uit die hospitaal ontslaan en weer tuis saam met sy gesin nadat hy ʼn bloedklont deur sy hart en long oorleef het.

Steve het dié nuus Vrydag op sosiale media bevestig. “Ek’s tuis. Voel goed. Verlig,” het hy laat hoor.

Die sanger sê dié voorval het hom meer “duidelikheid” oor die lewe gegee. “Die lewe word duideliker ná so ʼn krisis. God gee ons ʼn fokusinspuiting. Hy vra my of ek dit bedoel as ek sing: ‘Kom haal my dan as U dink my tyd is hier …’”

Die sanger het vroeër gesê hy voel reeds perdfris en sou graag die naweek sy konserte steeds wou lewer. Daarom gaan hy dié naweek nog op die verhoog wees, en daarna ʼn week tuis deurbring.

“[Ek] moet die naweek nog inklim. Ek sien uit [daarna] om weer aan te gaan. Veral om weer te sing. Maar van hier af is elke dag ʼn bonus. ʼn Knertsie genade. ʼn Uur ekstra met my vrou en dogtertjie.”

Steve het aanhangers bedank vir hul boodskappe van ondersteuning die afgelope twee dae.

“Dankie vir 5 600 boodskappies. Wys my beter medikasie. En jammer, maar my weerstand teen die uitwissing van my volkie en sy kultuur sal nooit verslap nie. Stilsit is in elk geval nie my ding nie,” het hy gesê.

Steve en sy vrou, Janine, se dogtertjie, Romy-Lee, vier binnekort haar eerste verjaardag. Sy is op 19 Junie 2017 gebore. By ʼn foto van hom en haar op Facebook het hy geskryf: “En dankie Heer dat ek dié koppie teen my lippe kan druk. Ek sal elke dag.”

Maroela Media het vroeër berig ʼn besoek aan die dokter vir die behandeling van ʼn kniebesering het waarskynlik Woensdagoggend die sanger se lewe gered. ʼn Huisdokter het volgens hom onraad gemerk toe hy swelling aan die sanger se regterenkel opgemerk het.

Steve is Woensdagoggend in die hospitaal opgeneem. Skanderings het “taamlik baie” bloedklonte in sy onderbeen getoon en nadere ondersoek het bepaal dat daar reeds ʼn bloedklont deur die hart en twee deur die longe is. Hy sal voortaan medikasie moet gebruik in ʼn poging om die klonte af te breek.

Dit is die tweede keer dat die sanger ʼn bloedklont deur sy organe oorleef. Die eerste keer was in 2008 ná ʼn operasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Carien ·

Dit is baie goeie nuus, baie bly jy is weer op die been Steve.
Jy is nie net ons geliefde sanger nie maar oom ons stem daar buite….
Bsie dankbaar……xx

Wonder maar net? ·

“………. ‘n ekstra uur met my vrou en dogtertjie.” En al jou ander kinders?

Nee wat! ·

Ai tog, Wonder maar net.
Ek is nie ‘n 100% aanhanger van al Steve se musiek nie maar jinne jong, 3 van sy kinders is volwassenes waarvan sy ouste dogter in China werk en sy volwasse seuns seer sekerlik hulle pa gereeld sien deur by hom te gaan kuier. Sy jongste 2 minderjarige seuns sorg Steve en hulle ma (Natasha) dat hulle beslis by/saam met hulke pa tyd spandeer.
Ek saluut hom vir wat hy vir Afrikaans doen en veg teen plaasmoorde of enige ander moord.
So Wonder maar net get a life !

DG ·

Ek is ‘n “Fan” – Sterkte Steve, gou beterskap vir jou vriend!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.