Storm om Mej. SA se kop ná sy foto deel

Die foto wat die storm op sosiale media ontketen het (Foto: Instagram)

Demi-Leigh Nel-Peters, die huidige mej. Suid-Afrika, word deur honderde sosialemediagebruikers van rassisme beskuldig nadat ʼn foto wat sy tydens ʼn liefdadigheidsgeleentheid op Instagram gedeel het, ʼn storm ontketen het.

Nel-Peters het Woensdag ʼn foto van haarself en ʼn jong meisie gedeel waar sy handskoene dra tydens ʼn geleentheid by ʼn sopkombuis waar sy kos vir minderbevoorregtes uitgedeel het.

Die skoonheid gaan gebuk onder erge kritiek weens dié foto, met talle gebruikers wat haar van rassisme beskuldig. Gebruikers het onder meer gesê Nel-Peters het slegs dié handskoene gedra omdat sy swart kinders bedien het.

“Mej. Suid-Afrika dra handskoene om aan swart kinders te raak. Sy maak asof sy saam met hulle eet en neem dan foto’s. Vir haar is swart kinders net goed genoeg vir foto’s,” het een gebruiker op Twitter laat hoor.

Die hutsmerk #MissSA was teen Woensdagaand een van die gewildste besprekingspunte op Twitter.

Nel-Peters het intussen in ʼn video op Facebook die gerugte oor rassisme aangespreek.

“Al die vrywilligers het handskoene gedra omdat ons eerlikwaar oortuig was dit is die regte ding om te doen wanneer jy met kos werk en veral om kos aan jong kinders te bedien. Die enigste doel van die handskoene was om so higiënies as moontlik te wees,” sê sy.

Sy het ook in die video gesê die foto word uit verband geruk, en dat haar bedoelings slegs was om minderbevoorregtes by te staan.

“300 kinders het ʼn warm middagete gekry. Ek is baie hartseer dat my bedoelings verkeerd verstaan is, en ek vra om verskoning as iemand aanstoot geneem het. Ek hoop mense kan my ware bedoelings met die projek verstaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

106 Kommentare

Oumie ·

Ai, hoekom moet mense altyd eerste die lelik in als sien?
Sy doen ‘n goeie werk en het gehelp om honger kindertjies met kos te voorsien, maar nee die feit dat sy handskoene dra moet nou as ‘n ‘issue’ gesien word?!

Charmaine Griffiths ·

In Italie word van jou verwag om plastiek handskoene wat by die vars produkte is, aan te trek voordat jy jou groente en vrugte uitsoek om te koop. Hulle gesondheid is vir hulle belangrik.

Jonk van gees pensioenaris ·

Dit is baie hartseer om daagliks te hoor en sien dat daar mense daar buite is wat met n “vergrootglas” sit en alles bestudeer. Dit net om te kyk of hulle iets sien wat lyk na rassisme.
My mening is dat dit juis die “vergrootglas mense” is wat rassisme bly kos gee. Kom ons stop hierdie euwel gewoonte en probeer almal in vrede saam leef.

Gerrie ·

Demi-Leigh, ons ken nou al DIE ou storie, moet jou asb. nie daaraan steur nie en gaan aan met die goeie werk, rassiste kry ons in alle samelewings. Hulle is uit daar om ons lewens te versuur.

Jaques ·

Stem saam met jou Gerrie.
Indien haar vel anders was en sy handskoene gedra het, het geen haan daaroor gekraai nie, maar haar vel is van die verkeerde afkoms.

Marius Vermaak ·

Stem saam Gerrie. Sekere mense sien altyd die lelik raak om hul eie saak te bevorder. Wel gedaan Mej SA.

Teresa ·

Was sy die enigste een met handskoene aan? Hoe maak die gesondheidswerkers wat daar betrokke is of gee hulle nie om dat die kinders aan hulle kieme blootgestel word nie, want dit is waaroor handskoene dra gaan!! Dan ook lewe ons in ‘n land waar “F*** White People” deur ‘n hof as kuns beskou word, maar handskoene dra by siek kinders is rassisme!!! REGTIG?? Mej SA, hou aan met jou goeie werk! Jy doen ten minste iets positief in ‘n baie negatiewe samelewing!!

Soekie ·

Ag wat ‘n klomp tjol. Dan is die mense in kettingwinkels ook rassiste. Hulle dra handskoene as hulle wegneem etes voorberei of inskep. Dit is higiënies en ek verkies dit. Wat se snert dis die spul nou op?. Die ou deuntjie raak nou afgesaag.

jenny fraser ·

Dit is voorwaar n tragedie dat ons so groot teiken geword het van rasisme

AROUETTE ·

Dra sy handskoene is daar kritiek, dra sy nie, sal daar ook kritiek wees.

Mariëtte Künkel ·

Ek stem saam…..wanneer mens met kos werk is dit noodsaaklik om handskoene te dra. Jammer dat mense iets goeds bedoel totaal uit verband ruk.

Mariëtte Künkel ·

Ek stem saam…..wanneer mens met kos werk is dit noodsaaklik om handskoene te dra.

Lena ·

Al hierdie negatiewe opmerkings oor rassisme op sosiale media, veroorsaak dat goeie mense al hoe minder geneë daartoe raak om ‘n helpende hand uit te reik….mens weet nie wanneer ‘n goeie daad verkeerd vertolk mag word nie.

Anna ·

Demi-Lee het sekerlik nie die kinders ‘hanteer’ of gebad nie….Sy het kos uitgedeel en as sy nie daarvan ge-eet het nie? So what? Sy gaan in elk geval onder die top-5 in die Mej Wêreld Kompetisie eindig. Die blankes is ver in die minderheid en daarom word al hoe meer met valkoë dopgehou – laat jy nou net ‘n kort voetjie verkeerd sit – siedaar – jy word voorbladnuus!!! Meisiekind, moet jou nie steur aan die ou suurknolle wat niks anders het om te doen as blankes dophou nie.

Dr Carl ·

En nou gaan dokters en tandartse ook van rassisme aangekla word, om nie eers van noodpersoneel te praat nie….

Magda Cronjè ·

Ai, dan moet ek ook rassisties wees..ek dra ook handskoene wanneer ek met kos werk en dit bedien aan alle rasse!! Volgens Raad vir Gesondheid..”No person shall handle food or permit food without gloves”!!

christa Nagel ·

Nou waaroor die bohaai. As sy dan die handskoene wil dra, waarom nie. Moet daar altyd ‘n storie van alles gemaak word. En as daar nie een is nie, soek die mense vir een. Kom ons sien liewer die goeie daad wat sy doen en gee haar daarvoor krediet.

Pierre de Villiers ·

Benede lagwekkend. As dit sou gaan oor die bekommernis van haar en anders se gesondheid, sou sy tog immers `n mond-en-neus masker gedra het.

pamela Woest ·

Hoekom moet rasisme ALTYD sy kop uitsteek? Dis so onnodig. Dis ‘n goeie daad wat gedoen word, genade, dis dalk d enigeste kossies wat daai kids ontvang vir die dag. Ons ken nie hul omstandighede nie, so mense van sosiale media, moet asb nie vinger wys voor die hele storie geken is nie.

Andre ·

Dan is al die dokters ook rassiste hoeveel van hulle dra nie ook handskoene nie as hulle met pasiente werk nie,dit is nou vir higene doeleindes

spokie ·

Wel ek moet se ek verkies dat daar nie aan my kos geraak word deur vreemde mense nie, aan gesien neus grou hoog mode is. En nee ek eet nie uit nie, weet nooit wat met jou kos gebeur nie. Ek ondersteun haar 100%

Catherina coetzee ·

Ai ai, waarom moet hulle altyd rasisme in alles soek……… Geeeeezzz

Nikkie ·

Ek raak net afgesit as mense aan my brood vat sonder dat hulle handskoene dra so ek verstaan die punt. En iemand soos n mev.SA sal nie rasisme toon teenoor SA mense nie want sy verteenwoordig die skoonheids en goedhartigheid van SA.

MH ·

Kan mense werklik so minderwaardig voel dat ‘n paar handskoene hulle ontstel?

Theresa ·

Juf S A: Hou aan om goeie werk te doen. EN bly jou handskoene dra wanneer jy koud kry; wanneer jy met kos werk; en net wanneer jy lus voel. Hou jou kop hoog en moet asb nie dat mense wat onrealistiese redenasies het jou negatief laat voel nie.
Indien jy onwelkom voel of raak by mense waar jy probeer help – gaan help waar jy met ope arms ontvang sal word. Handskoene of te not. Moet asb nie puik standaarde laat daal nie.

Sarie ·

Daar is sòveel dinge wat verkeerd is in hierdie land & nou word diè pragtige mensie gekrittiseer deur mense wat moontlik nòòit enigiets doen òf sál doen om iemand anders se las te verlig nie… Doèn liewer sèlf iets vir jou naaste; èlke bietjie help…

susan forret ·

Ek wonder of hierdie mense nog nooit gesien het as jy kos koop by Spar, PnP, Checkers of een van daardie plekke dra die staf handskoene. Ons het eenkeer kos bedien by n groot kerk vergadering en toe ons opskep het een van die vrouens gevra waarom dra ons nie handskoene nie.

Dirk ·

Hoekom wil jy liefdadigheids werk doen, en dan die fotos op sosiale media versprei? Moet jou linker hand weet wat jou regter hand doen? Jy het jouself uitgegee vir ñ toffie. Word nou maar lekker gekou. En, waar is jou haarnet? As jy dan higïenies wil wees.

Annatjie Kruger ·

Was nogal die eerste gedagte wat in my kop opgekom het ook. Gaan na die blanke plakkerskampe, hulle sal maar te dankbaar wees vir die kos en foto sessies met Mej SA.

Uvonka ·

En weereens duik die enigste word wat hulle ken weer op. Het mense regtig niks anders om te doen nie??? Die arme girl sal altyd gekritiseer word, no matter what!?

Eugene ·

Wil jy my impress…fight terug. Moenie nou skielik die foto delete of jammer sê of alles justify nie. Dit wys karakter!!!!, en dan is jy my respek waardig. En relax, wie gee nou rerig om oor n gegons.

Jack Russl ·

Hierdie land is besig om heeltemal uitmekaar uit te val. Niemand kan meer ‘n goeie daad doen sonder om aangeval te word nie. Word gehelp met liefdadigheid is daar iets wat iemand altyd pla. Help iemand in nood en daar word iets gesoek om die weldoener mee te kruisig (het dit al ‘n paar keer in die nuus gesien). Jy kan nie eers meer stop om iemand te help wat se motor gebreek het nie, jy weet nie of dit ‘n lokval is nie.

Ons het goedere bymekaar gemaak vir ‘n organisasie so rukkie terug. Toe ek hulle skakel om reelings te tref oor die aflewering van die goedere word daar vir my gesê dat hulle genoeg het en nie meer donasies aanvaar nie. Regte stank vir dank

illona ·

en wat doen die kwansuise mense wat soveel omgee oor rassisme, om n warm bord kos aan minderbevoorregtes te voorsien?
KOM EK SE VIR JULLE…………………..NIKS!!!

Demi Leigh, vergewe asb die mensdom… Almal is besig om mal te word!

Sons ·

En daar gaan ons alweer, rassime rassime!!! Dit kos 1 persoon om n vuur aan te steek. Grote griet!!! Daai vals noot word nou regtig af gesaag. Die mense wat so klae dat ons Mej. SA nou kwansuis iets verkeerd gedoen het, wat het julle gedoen om die kindertjies te help voed? Hou op klae en doen iets goeds dan sal dit beter gaan met julle ook. Ons Mej. SA verteenwoordig ons land en al wat julle doen is fout vind.

Janette Bruwer ·

Die storetjie van rassisme is nou al holrug gery, dit terwyl sy probeer goed doen aan ander.

rafel ·

Die wereld is mal ja. Veral SA…jy is n rassis as jy n wit vel het…hahaha

Retha ·

Ag asseblief. Wat is rassisties omtrent handskoene. Mense ons bemoei ons met twak!!!!!!!

Johann ·

LB, ek probeer dit, net daardie paar woorde wat jy uiter al vir ‘n dag lank sê om te probeer uitvind waarom joune geplaas word en nie myne nie, maar niks, nie ‘n piep nie, ook nie ‘n plasing nie.

Anne ·

Dit is nou sommer absolute nonsens, want tog eet sy die kos wat sy met die kinders deel!! Sy kan tog nie met haar kaal hande aan kos vat en dit dan uitdeel nie!! Die rassisme kaart is nou al GOED AFGEWATER!!

wanda hendriks ·

Soos ek vi mense op my fb gesê het, jy kan duidelik in di foto met di handskoene sien dis winter en amal is dik aangetrek, selfs toe skoene, en in die foto met “2 wit kinders” is almal kaal arms, so nou is selfs seisoene waarin mense appearances maak ook onder sensuur.

@EFFANC ·

Ek sal NIE verskoning vra nie!!!! ek sou presies dieselfde gedoen het en ook handskoene gedra het; natuurlik is dit vir higieniese doeleindes.

Willie ·

Ja so kraai elke haan op sy eie mishoop en hoe harder die kraai hoe groter die mishoop.

May ·

Die ou ras perdjie is al holrug gery soek nou asb iets anders om dit darem interesant te hou.

TEENanc ·

Ag! hoe kleinlik! ek sal VERKIES dat enige persone my kinders se kos met handskoene bedien – of hulle nou swart, pienk of pers is! Ek sien dikwels hoe krap mense in hul neuse, ore ens. Demi, steur jou nie ….

Hendriette ·

Hierdie is bog !!! Uit my oogpunt moet almal so voel, wat bedien word in Spar-PickNpay-veral by die bakkery en vleis afdeling! Daar dra hul ook handskoene!!!!!! Dit gaan oor higiene nie rasisme nie!!

Lisaan ·

Mens sal dit maar altyd kry. Sy het goed gedoen en gaan nog baie goed doen. Jaloesie bly maar n lelike ding. Doen so voort.

Erika ·

Ek wens net dat mense in vandag se tyd wil besef dit maak nie saak of j met kos werk,mense werk,n verpleegster is of wat ook al doen nie n mens moet handskoene dra en swart of wit of wat se kleur j ook al is het niks met vel kleur te doen nie n mens beskerm jou teen alle kieme en siektes wat rond gaan in vandag se tyd,en as j self respect het dan sal j ander mense ook respekteer en handsskoene dra.

Gert ·

Wys jou net wat die die wat kla van hiegiene weet. Sover ek weet dra jy altyd handskoene as jy voedsel met die hand bedien?

Marina ·

Goeie genade!!! Ek dra altyd handskoene as ek kos maak en bedien vir publiek??

Pippa ·

Ooo wee maar mense kan snert kwytraak. Wys tog maar die foto’s van die ander vrywilligers, dat ons kan sien dat hul OOK handskoene gedra het.

Chantelle ·

Ja nee kyk mense sien altyd eers die lelik raak!
Ek wil sien hoe die mense wat sulke lelike kommentaar lewer, hulle deel bring en minderbevoorregte mense gaan help of kos gaan gee….Glo nie eers hulle weet van alles wat daar buite aangaan as hulle oor sulke klein tjol kan kla nie.

ROEBS ·

Goeie genade, die selle storie oor en oor Regtig mense, sien die goed in wat sy vir ander mense doen en hoe amazing dat hulle deur haar gehelp word. Dis kinders wat deur ‘n amazing mens gehelp word. Wens die mense wat dit so uitruk moet self daar gaan sit en vir die kinders kos gee, dan kan hulle hul bekke rek. Maar nee hulle sit in hulle kantore en lewer uitsprake staan op en doen iets vet weet. YOU GO GIRL !!!! HELP MENSE DOEN WAT JOU HART SE

Roeks Griessel ·

Sy het dit gedoen om die kinders te beskerm. Selfs die wet skryf voor dat as jy met kos werk en kos bedien jy handskoene moet dra en gaan verder dat jy jou hoof veral hare moet bedek.

Arleen ·

Dit sal my nie verbaas, as diegene wat die rasisme-klippe gegooi het, mense is wat in die eerste plek niks sal doen om iemand anders te help nie. Mense wat nie ‘n verskil probeer maak nie. Mense met meer bek as binnegoed. Dis pateties en terselfdertyd hartseer.

M'Lady ·

Doen eerder jou deel vir al die diere in skuilings. Hulle sal dit beslis meer waardeer en nie omgee of jy handskoene dra of nie.

Deon Forster ·

Dis mal man as sy swart was met handskoene was daar geen woord gespreek nie. KLIM AF VAN DIE RAS KAR.

George ·

“Learn a lesson from your dog……..No matter what life brings you… Kick the grass over that …. …..and move on

freedom of speech ·

Die arm kind!!! Was dit wit kinders vir wie sy kos gegee was daar geen haan te kraai nie. Die beste uitweg… Moet hul nie voer laat die regering en die guptas vir hul vat Spur toe of KFC koop. No dead, good or bad, goes unpunished.

Joey ·

Hoe belaglik! Alles word aan rassisme gekoppel. Teen die tempo gaan ons geen barmhartigheidsdienste oor hê nie!

Flip ·

Ek het nie geweet dit is rassisme as jy handskoene dra as jy met kos werk nie, dit gebeur ook by al die winkels waar jy kos koop. Ook maar lekker dearmekaar die rassisme breins of is al die winkels ook rassisties? Net een probleem hulle bedien alle kliente, kleur nie van toepassing nie.

Samantha ·

Het die MENSE ooit gehoor van hygiene? Vaderland ek sou ook eerder handskoene verkies het. So volgende keer as iemand my McDonalds burger gee met handskoene aan is hulle racists? Hierdie land en 3/4 van die mense is pateties!

Karen Coetzee ·

Die mense soek sensasie.Siestog wat ‘n patetiese poging om weer die rassisme kaart te speel.Ek wens mense met ‘n “chip” op hulle skouers en persoonlike “issues” moet groot word.

Petrus ·

Dis om vat siek te word. Wat die arme klaers nie agterkom nie is dat hulle juis die rassiste is. As Mej SA swart was en sy het dieselfde gedoen sou alles in orde gewees het. In die aftreeoord waar ek woon bedien die kelners in die restaurant alle kliënte (wit en swart) met handskoene aan. Higiëne regulasies bepaal dit. Is ons voedselverskaffer ook ‘n rassis of volg hy net higiëne regulasies (soos MacDonalds). Dis so jammer dat rassisme ‘n eenrigting verskynsel in SA is. Die regerende party spog graag oor die “non-racist” land en beleid maar in alles tel ras …. altyd téén wit. Wil iemand dalk rassime ‘n slag definieer dat ‘n dom ou soos ek dit ook kan verstaan?

schalk ·

Guilty! Jyt probeer skoon en beskaafd wees! Jy moes eers bietjie in jou neus krap….dan n paar modderkoekies bak en met daai selfde vuil hande die kossies met hul gedeel het! Dan was ALS reg!

Sias Fourie ·

Ek dink dat die feit dat sy handskoene gedra het, getuig daarvan dat hulle nie hulle eie kieme aan die kinders wou oordra nie, kinders in groter groepe soos die word daar juis ernstig omgesien daarna om veral Higiene hoog op prys te stel, en die ouers in meeste chreches en in skole is al hoe meer geneig om die soort van ding te doen, veral as daar van buitestanders gebruik word om met die kinders te help!!!! Hou op om so krities na alles te kyk, waarom prys julle eerdie nie haar en die ander se pogings om te help nie. Word groot!!!

Sias Fourie ·

Ek het al die plekke wat ek kan sien ingevul, waar is die ander gedeeltes wat ek uitgelaat het????
Waar is die ander inligting, ek sien niks meer nie!!!!!?

Afrikaanse Knaap ·

Kan nie lekker wees om so kwaad deur die lewe te gaan nie.

Klaus Zwiegler ·

Suid Afrika is demografies ook mooi verdeel tov rassisme: 70% van die land se bevolking is uiters gewraakte rassiste wat enigiets sal raaksien as “rassisties.”Ironies is die wat meste van die tyd ander bskuldig is “rassisties” juis die wat die meeste voordeel trk uit “rassisme.”(Media ingesluit.)

Xandré du Plessis ·

This is a typical example of the pot calling the kettle black. The racists calling the only person that is not racist a racist. We have the old South Africa back in reverse. When I voted in the referendum I honestly believed we could leave racism behind and just live in peace together, but it seems racism is a South African thing. People can just never let go before they have destroyed and burned the country to the ground and have killed every living thing in this country.

Carien ·

@ Xandré
This racist thing is actually not a South African thing, it is an African thing.
Just saying.
I have good African friends that I love dearly, there are a number of them that don’t cry “rasist” in every little thing they see.

Carien ·

Ai die arme meisie, dit is so onnodig om die arme kind so te beledig. Goeie dade is nooit goed genoeg vir “agter die skerm rasiste” nie. Dié wat sulke aantuigings maak is die ware rasiste.
As die persoon wat die aantuugings gemaak het daar teenwoordig was, sou hul raakgesien dat sy ook wel haar broodjie eet met die handskoen aan en dat sy met die selfde handskoen aan haar hand, die kindertjies ‘n drukkie gegee het en hul handjies vasgehou het toe hul die Here seen oor die kossies uitgespreek het. Sy val nie net op ‘n plek uit en woerts warts doen sy ‘n goeie daad nie. Daar word navorsing gedoen oor noodsaaklike stappe, etiket en higihene is nr 1 op die lys van etiket, veral as dit by kindertjies en hul gesondheid kom.
Welgedaan juffie, dra jou handskoentjies met trots.

Anne ·

Waar was die rassisme toe sy die kroon gery het, glo my ALLE velkleure het vir haar gestem sonder handskoene. Sterkte. Onthou suurdruiwe maak goeie wyn, dit moet eers gis voor dit goed is.

Quentin ·

Ek is ‘n restaurant bestuurder vir die afgelope 6 jaar, ek het onlangs by ‘n baie bekroonde ketting winkel begin werk. Met alle eerlikheid kry ek teminste 2 keer ‘n maand ‘n klagte van ‘n kliënt omdat my kollegas nie met handskoene werk nie. Goeie voorbeeld kry ek op een spesifieke dag ‘n wit vrou wat seker maak dat al my kliënte haar kan hoor, in engels ” Are you aware that the griller just touched my food with his bare hands!!!!….” nou kyk, wat meer higiënies is, is die feit dat hy sy hande elke nou en dan met “hand sanitizer” was, sodra hulle handskoene dra is dit ‘n ander storie, die feit bly staan dat om met handskoene te werk baie meer higiënies kan voorkom, maar dit is ongelukkig nie die geval nie omdat hulle dan minder verplig voel om hulle hande te was. In Demi se geval stem ek 100% saam dat sy handskoene gedra het, dit was net eenmalig en sy het definitief nie 10 ure aanmekaar met haar handskoene gewerk nie. Soos hulle sê, jou selfoon bevat die meeste kieme, meer as ‘n publieke toilet se rand. Ek eer haar dat sy besluit het om klein kinders te bedien met handskoene want in daardie geval was dit die gepaste tyd om met handskoene te werk.

Erika ·

As sjefs en kokke met handskoene aansit as hulle met kos werk dan gaan dit oor gesondheid maar as Mej Suid Afrika met handskoene kos bedien aan minder bevoorregtes is dit rassime. Wat ‘n simpel reaksie. Jy kan ‘n boek of te wel ‘n komedie skryf oor “rassisme”

VanAfrika ·

Verkieselik handskoene, baie mans en vrouens was nie hande as hulle hande as hulle uit die badkamer kom nie en dan moet ek daardie hand skud, ek was gewoonlik my hande na iemand my hand geskud het wat nog van aan my kos raak. Wat van hierdie wat heeldag hulle koppeklap oor die dooie hare war op hul koppe geplak word en vir maande nie gewas word nie.. Nou die dag toe krap een haar kop met n pen en wou vir my die pen gee om mee te skryf en ek het geweier om aan daai pen te vat. Demi-Leigh was reg deur handskoene aan te sit voor sy met kos gewerk het.

Elaine ·

Miskien moes sy maar die handskoene afgehaal het. Hoeveel mense wat hier kommentaar lewer kan eerlik vir my sê dat jy die plastiek handskoene wat jy aangehad het toe jy kos voorberei het, aangelos het toe jy aan tafel gaan sit en eet het. Nee, ek eet nie my kos terwyl ek ‘n plastiek handskoen aanhet nie. Miskien moes sy so bietjie gedink het.

Leandra ·

Hoekom moet alles in ons lewe altyd draai by daardie punt van rassisme? Hoekom moet alles altyd oor vel kleur gaan… As die situasie omgedraai was sou mense dit dalk nie so gesien het nie… En Hans jou kommentaar is ook n rassistiese aanmerking want jy is nou glad nie better as die spil wat haar aanklaar as rassisties nie…. Mense ons moet ons mind set verander oor velkleur ons is almal mens soos die vader ons geskape het in sy oe is ons almal een.

Jan ·

Leandrakie dit is sodat witmense heeltyd op die verdediging moet wees Dankie Mandela ek is beslis nie n fan van jou nie Ek hoop jy is skaam oor wat jy aan SA gedoen het

cor ·

Vra liewer hoekom moet alles wat jy vir welsyn en liefdadigheid doen op sosiale media vertoon word. Se die Bybel nie dat jy nie jou weldade bekend moet maak nie en ook jou linkerhand moet nie weet wat jou regterhand doen nie. So dat dit vir almal n les wees doen jou welsynswerk maar moet dit nie aan die groot klok hang nie want die met negatiewe gedagtes sal verseker altyd fout vind daarmee.

Mike ·

Sy was op Expresso van more,sy se sy beskerm die kinders van haar kieme………..

Anja ·

Mense, mense!
Ag, kom nou! Hoekom is mense so kleinlik?
Volgense gesondheidsregulasies moet enige iemand wat kos hanteer handskoene dra. Hulle moet selfs haarnette dra. Dit is sodat daar higiënies met die kos gewerk word. Nie alle koswinkels kom daardie regulasies na nie. Dit is miskien hoekom handskoene skielik vreemd en glo verdag lyk aan mej. SA.
Pleks mense dit waardeer dat sy skoon met die kos werk. Weet mense hoeveel bakterieë is daar op die menslike hand?
Kan ons nie maar ophou om kleinlik te wees nie en op die mooi dinge fokus nie? Daar is deesdae so min mooi en positiewe dinge. Hoekom moet ons nog meer negatiwiteit skep?

Celeste Stander ·

Hulle sal tog nooit ophou nie… daar is altyd ‘n paar wat hulle monde moet uitwas oor goed wat hulle nie weet waarvan hulle praat nie net om reaksie te kry. So moenie jouself verduidelik nie nie ons verstaan.
Jy doen n awesome job Demi-Leigh – fokus op die belangrike goed en nie die belaglike goed nie!!

Denise ·

Ai en sy doen nog iets die wat so gal braak doen julle iets en hoekom kan sy nie handskoene dra nie?????????

Mariska ·

Verstommend dat mense foto’s fynkam, en enige klein dingetjie soek om op te blaas en waaroor gekla kan word. Gee mense so min om vir mekaar? Sien eerder die goed in mense raak!

Andrea ·

Nou maar deel in die vervolg net kos vir wit minderbevoorregde kinders uit. Probleem opgelos.

Andre Traut ·

Ek wonder of die pop besef dis baie meer “unhygenic” om met die handskoene rond te loop en te dit en te dat en om dan weer met die kos te werk as om elke keer n ander paar aan te trek?

Cathy Kotze ·

Sy het sopas met kos gewerk. Al die ander vrywilligers het ook handskoene aangehad, noodsaaklik vir kosvoorbereiding oraloor.

Belaglike raspolitiek!

karen ·

me Nel-Peters – dis goed dat jy so vroeg in jou “Goedheid-jaar”leer – Geen witmens se goeie dade sal ooit erken word. Dink terug aan die incident van die kinder-partytjie by kleuterskool….? niks is ooit goed genoeg want die houding van ag shame poor me u owe me sal altyd heers. Niemand van die twitters het dankie gese O nee dis net “”rassisme en jy het die cheek gehad om handskoene aan te he …. Leer ook gou by die tannie – daar is net soveel wit kinders wat n warm ete nodig het. Vergewe my as ek verkeerd is en rassisties klink glad nie my bedoeling maar charity begins at home onthou dit ook ne ?

Johanna Botha ·

Sy is n ware dame wat net haar handskoene dra …wat is die probleem ….se hulle die selfde van die koningin van Engeland met haar handskoene ?

Linmarie ·

Ek haal my hoed vir haar af dat sy aan die gesondheid van die kinders dink as die gemeenskap dit ook net wil volg sal minder kinders siektes op tel.

Rox ·

Sommige van die land se mense maak my siek want al woord wat hulle ken is rassise. Bou n brug en kom daaroor

Christi ·

Oh for heaven’s sake, GROW UP SA!!!! Stop hiding behind the racial card!!!! #FedUpWithThatCard!!!

antie ·

Nou het ek wragtig alles gehoor….tot plasic handskoene is nou al rasisties….weet julle wat ….word groot groei ‘n brein as julle kan ek raak realisties…dis winter daar is baie kieme en die laaste ding wat mens wil doen is om kinders bloot te stel. Maar weereens sommiges weet nie wat hygiene is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.