Supermodel word ma op 50

Naomi Campbell. (Foto: Jean-Baptiste Lacroix/AFP)

Die Britse supermodel Naomi Campbell (50) het vir die eerste keer ma geword van ʼn babadogtertjie, het sy Dinsdag in ʼn verrassende aankondiging op Instagram gesê.

“’n Pragtige klein seëning het my gekies om haar ma te wees,” het sy geskryf by ʼn foto van haar hand wat ʼn paar babavoetjies liefkoos.

“Ek is so geëerd om hierdie saggeaarde siel in my lewe te hê. Daar is geen woorde om die lewenslange band te beskryf wat ek nou met jou deel nie, my engel. Daar is geen groter liefde nie.”

Campbell het nie enige ander besonderhede verskaf nie.

Sy het voorheen oor moederskap gepraat en het in 2017 aan die tydskrif Evening Standard gesê sy “dink die heeltyd daaraan om kinders te hê”.

Campbell het bygevoeg dat sy “met hoe wetenskap werk, dit kan doen wanneer sy wil”.

Campbell het dié foto op sosiale media gedeel. (Foto: Instagram/Naomi Campbell)

Talle bekendes het die model gelukgewens. “Hoe absoluut ongelooflik. Hoe gelukkig is jy én sy nie? Jy gaan ʼn wonderlike ma wees,” het die ontwerper Marc Jacobs op Instagram geskryf.

“Wat ʼn seëning!” het die aktrise Zoe Saldana gesê.

“Sulke mooi nuus. Groot gelukwensings, Naomi,” het die stromingsdiens YouTube op sy Instagram-profiel geskryf.

Die model pryk steeds op die voorblaaie van tydskrifte terwyl sy tussendeur liefdadigheidswerk doen, veral in Afrika.

Toe sy in 2019 deur WSJ-tydskrif gevra is oor kinders, het sy geantwoord: “Nog nie. Ek sal sien wat die heelal vir my inhou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Leonard ·

Met IBF, of só iets ; ís enige iets moontlik. (Praat uit ondervinding)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.