Talle mor oor Adé van Heerden se mej. Wêreld-uitrusting

Adé van Heerden in haar tradisionele uitrusting (25) (Foto: Facebook)

Adé van Heerden (25), die skoonheid wat in Maart vanjaar as eerste prinses in die Mej. Suid-Afrika-skoonheidskompetisie aangewys is, het pas vertrek om die land in die Mej. Wêreld-kompetisie te verteenwoordig.

Van Heerden, ʼn dokter van die Wes-Kaap, gaan teen deelnemers van 123 ander lande te staan kom. Nie al die deelnemers van die 123 lande sal egter die kans kry om op die internasionale verhoog te pronk tydens die oorhandiging van die kroon nie. Voorkompetisies word tussen 21 Oktober en 15 November gehou om uiteindelik die top-40 deelnemers aan te wys wat in aanmerking sal kom vir die kroon.

Die skoonheid het vandeesweek opslae op sosiale media gewek toe sy haar uitrusting vir die tradisionele afdeling bekend gemaak het.

Talle sosialemediagebruikers het dié uitrusting, oënskynlik ʼn tradisionele Afrika-uitrusting met ʼn moderne kinkel wat ontwerp is deur Matome Seshoka van Antherline Designs, egter bevraagteken en as “ʼn gemors” beskryf.

“Sy kan omhels [die tradisionele kultuur] wat sy wil. Al wat ons [sosialemediagebruikers] sê, is dat die uitrusting ʼn aaklige gemors is,” het die Twitter-gebruiker Spha Khabzo laat hoor.

“Sy verdien nie om hierdie aaklige uitrusting aan te trek nie, sy verdien soveel beter vir ʼn internasionale verhoog,” het Eon von Diamond op Facebook geskryf. “Die arme vrou – sy is heeltemal te beeldskoon om so ʼn belaglike uitrusting te dra.”

Hoewel dié uitrusting haar tradisionele drag is, het talle sosialemediagebruikers ook die “tradisie” in die uitrusting bevraagteken.

“Wat is dit dié? Watter kultuur is dit? Watter Suid-Afrikaner word hier verteenwoordig?” het Tshepiso Tumelo Mokoena op Facebook geskryf. “Dis aaklig,” het Jerome Jonas laat hoor.

“Sy het my stem – die uitrusting het egter nie,” het Elsa K op Twitter geskryf.

Ander bekendes, soos onder andere Zelda la Grange, het vir Van Heerden in die bres getree en haar verdedig. “Ek hou nogal van die uitrusting. Of jy nou daarvan hou of nie, kom ons stuur haar [na die kompetisie] sonder enige negatiwiteit in haar gedagtes en met die wete dat ons 100% agter haar is.”

Ondanks dié kommentaar gaan Van Heerden steeds volstoom voort met talle projekte ter voorbereiding van die skoonheidskompetisie.

Die Mej. Wêreld-kroning vind op 18 November plaas by die Crown of Beauty-teater in Sanya in China plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

96 Kommentare

Elvira Bothma ·

Ag nee wat daai Zoeloe outfit gee my die koue rillings. Horribaal.

Rina Kotze ·

Sy pas maar net in by die meerderheid en gooi haar eie kultuur oorboord!

Wagter ·

Jy weet nie almal wil in n boere nooi vas kyk wat n rok tot op die enkel het nie, as sy so wil aan trek is dit haar saak

wollie ·

Vra ek ook. Hoe lyk die Afrikaner se “kultuur” se klere….. en moenie vir my se dis voortrekkerrokkies nie want die Afrikaner meisies dra nie voortrekkerrokkies nie, nie eers by “tradisionele” byeenkomste nie.

Ina ·

Ek stem, Gert en Wollie, wat is nou eintlik ons as Afrikaners se tradisionele drag? Ek identifiseer nie met ‘n Voortrekker rok nie en ek ken nie een enkele persoon wat ‘n tradisionele Afrikaanse tradisionele uitrusting in hulle kas het nie. Ek dink haar uitrusting lyk mooi, met sterk verskillende invloede van kulture in ons land.

Lola ·

O aarde, wel gelukkig het Spha Khalso gese dis ‘n aaklige gemors anders was die weer rassisties. Ek persoonlik dink dis nie te sleg nie.

Haan ·

“Skeur jou los van jou eie nasie af en verwonder jou dat die ander nasies nie oormekaar val om jou in te neem nie. ’n Nasie, net soos ’n enkele mens, hou nie na sy na-aapsel nie” – C.J. Langenhoven

Gerda ·

Sy is pragtig en sal hopenlik onder die Top 3 wees. Ek is net verbaas dat daar nie van een van SA se bekende ontwerpers gebruik word om haar uitrustings te ontwerp nie.

Pietman ·

Siestog die arme afrikaner moet nou ander kulture voorstel. Geen respek vir haar voorouers of herkoms nie.

Spook ·

Ja nee kyk ek sou n mooi moderne rok kon ontwerp uit ons voorouers se drag, wragtig waar sy moet dan mos eintlik sonder daai borslap gaan as sy die kultuur wil verteenwoordig, waarmee ek nie n pyn het nie maar daai is aaklig, wie het dan nou gese ons kan nie die voortrekker drag bietjie opkikker en dalk korter maak nie

Leahim ·

Dit is mos hoe die meerderheid is staan saam die grootste groep en hoop van die beste julle kan bly wees die Britte het oorlog teen julle gemaak en nie die Duitsers nie

Willie ·

Baie mooi mens… ek stem nie saam met die drag nie, dis nie haar kutuur nie… mens moet wees en uitbeeld wie jy is… raak te veel

Ore ·

Ja, Elisabeth, ek wou ook nou net se: al sou sy die “African Wild Flower” aantrek wat welig groei aan die doringdrade langs die pad = pragtag !!

Ekke ·

Ek is seker dit is ‘n rasitiese komplot deur die ANC om seker te maak sy wen nie, want soos iemand gesê het sy lyk soos ‘n gladiator, of dalk ‘n Afrika geïnspireerde weergawe van Wonder Woman. Hahahaha

wel wel wel ·

Ek dink die uitrusting is nogal interessant. Sy kan ‘n asblik sak laat mooi lyk. :-) Dis net die kantgordyn/toga wat om haar gedrapeer is wat vir my bietjie uit plek lyk maar verder lyk sy mooi.

Joanita ·

Ag nee, absoluut belaglik. Kan 1 van ons baie bekende mode ontwerpers nie iets meer gepas ontwerp nie?. Pragtige meisie met lagwekkende uitrusting.

Jaka ·

Sy het seker nie ‘n seggenskap oor wat sy moet aantrek nie?
As sy nie goed doen in die kompetisie nie sal iemand ten minste vir haar ‘n rol aanbied in Wonder Woman 2

Del ·

Sy self is pragtig. Is ek verkeerd as ek se dat ek nie dink sy het het ‘n keuse met wat hulle haar aantrek nie? Ek sou nie dink dat sy self vir hierdie kleurvolle stuk lappies sou geval het nie.

Ronell ·

Oooo aarde, Xena queen of the jungle. Dis onvleiend, onvroulik en sommer net onvanpas

Paul van der Walt ·

Ek het nog nie so Suid Afrikaanse, nie eens te praat van Afrikaan, kultuur gesien nie. Mis ek iets? Lyk soos ‘n mengelmoes van Suid Amerika en Afrika.

Afrikaanse Knaap ·

Al daai kraletjies is in China gemaak. Ek sou graag wou weet van wanneer af tradisionele drag daai kleurvolle kraletjies ingesluit het.

Adriaan Jacobs ·

Sy is “stunning” ek stem saam, sy kan ‘n sak dra en dan sal sy nog goed lyk. Wat se “tradisionele” drag sal die mense wou he moes sy dra. In plaas van haar komplimenteer skiet hulle haar af, as dit van hulle sou afhang om haar uitrusting te ontwerp was dit seker’ n groot gemors.

Renier Lubbe ·

Mens kan seker aanvaar dat dit ‘n gesamentlike voorstel is van die kulture in SA.

Ek sou graag wou weet watter item in die uitrusting verteenwoordig watter kultuur.

Anoniem ·

Sy is nie naastenby so mooi soos Demi-Leigh en Rolene nie.

Anni ·

Sou julle verkies het dat sy n voortrekkerrok dra en kappie? Met ‘n moderne kinkel….’n kaal magie, skouers en oop enkels!!?

wollie ·

Hulle verkies ‘n kuise voortrekkerrokkie, toe van bowe na benede, ‘n kappie op die kop en ‘n koeksister in die hand. LOL

Wonder ·

Dalk moet sy ‘n lang rok en ‘n voortrekker kappie dra, vir al die ou suurknolle wat so kla!

Karin van der Mescht ·

Dis vir my baie pragtig. Om die waarheid te sê, dis baie, baie mooi en ongewoon. Dis die reenboognasie se kreatiewe gekombineerde uitrusting.

Karin van der Mescht ·

Ek skaam my vir die negatiewe verkrampte kommentaar van al die Afrikaanse “spesialiste” wat soveel aaklige kritiek lewer. Sy lyk pragtig en die kostuum is stunning. Ek is mal daaroor.

wollie ·

Sy het my stem, ek hou veral van haar bene. Lanklaas ‘n skoonheidskoningin met sulke mooi, sportiewe bene gesien. Die rompie komplementeer die bene.

William ·

Wollie, jy haal die woorde uit my mond. ’n Mens sien min so ’n paar atletiese bene aan ’n skoonheidskoningin! Pragtig.

Akram ·

Ek moet se sy is baie sag op die oog. Ek wil graag net weet wat is die Suid Afrikaanse kultuur drag? Ek wonder nou, het die uitrustings iets te make met die beoordeeling? Gaan dit nie meer oor wat sy vir die land kan doen nie? Ek het gedink dit gaan oor wat sy beplan, hoe sy te werk sal gaan, Meer oor wat sy in die kop het. Haar eieskappe, doelwitte en visie. Dit lyk vir my as die rok nie aan n sekere vereiste voldoen nie, word sy geskraap. En dan, die Afrika kultuur strek van waar tot waar?

Mooier as mooi ·

Adè, ek dink jy lyk pragtig en die uitrusting is ook mooi; natuurlik gaan al die blankes weer iets negatief sê omdat dit ‘n ‘Afrika’ uitrusting is. Dan sê almal altyd dat hulle nie rassisties is nie. Genade julle, kom bietjie by.

Pietman ·

Om jou eie kultuur uit te beeld is nie rassisties nie. kom by. Dink jou in dat ‘n swart vrou in voortrekker klere haar kultuur moet verteenwoordig.

wollie ·

Pietman, dink jy rerig sy sal in ‘n voortrekkerrok gesien wil word (dit is nou as voortrekkerdrag as Afrikaner-kultuur gesien kan word want niemand dra dit nie)? Ten minste wys sy darem ‘n bietjie been. LOL

Ag asb tog ·

Regtig hoor, jys net so eenvoudig soos die mense wat bande brand en klipgooi as iemand anders van jou verskil Dit is NIE rassisties as jy nie van die uitrusting hou nie, want sy is WIT, so regtig kom tog by die ou rassisme deuntjie raak nou vreeslik afgesaag. NIEMAND het gepraat van VOORTREKKER rokke nie, moenie belaglik wees nie, maar ‘n gewone stylvolle aandrok, het nog altyd die ding gedoen.

Emma ·

Ons hou ons duime vas dat sy wen ons kort inspirasie, sy is baie mooi. Sterkte

Bee ·

Gimfff…. die “kultuur” van ons land moor die boere uit, en vermink ons oumense en kinders, en sy durf daardie “kultuur” se klere dra? Belaglik en walglik!!!!!!!!
Net so goed ek gaan ” ondersteun” die Britte, gaan spandeer my geld om hulle land te gaan besoek na hulle ons boere se vroue en kinders aangehou het in konsentrasiekampe….
Nee wat dit gaan maar net oor die prinsiep van die saak ?

Pop ·

Die meisie het nie n keuse nie mense. Sy moet eenvoudig aantrek wat die organiseerders vir haar gee. Net soos die keuse van ontwerper. Sy het geen sê nie.

Anoniem ·

Nee wraggies. Sy verteenwoordig die HELE Suid-Afrika. Ons woon nie agter klippe en in bosse nie. Hierdie is ‘n eensydige uitdrukking van een kultuur wat verteenwoordig word. Mens kan nie glo dat alles deesdae gekaap word nie. Tot ‘n Mej SA se uitrustings.

Landi ·

Watter kultuur, want ek sien almal neem sommer aan dis Zulu…

William ·

Sies! Jy behoort jou te skaam! Net omdat mense ’n sekere kultuurstyl het, beteken dit nie hulle woon agter “bosse en klippe” nie! Ek skaam my morsdood vir die afskuwelike kommentaar op hierdie berig. En dis gewoonlik die mense wat hulle monde vol het wat anoniem kommentaar lewer. Kry ruggraat!

hou op kerm ·

Ai tog…kla en kritiseer sal ons. Ek dink die boonste deel is stunning en sy het BAIE mooi bene maar dalkies kon hul dit moderniseer (hoef mos nie presiese weergawe van kultuur te wees) deur dit lank te maak met ‘n hoë spleet aan die kant om ‘n mooi been te wys en ja, dan met die kralewerk. Maar wat ek kritiseer nie regtig ek dink dis anders, sal die oog vang en ek is seker sy sal dit met grasie dra. Hoop sy doen goed daar!

Bosbok ·

Ek dink nou weer dat haar gala rok nie nie baie besonders is nie. Miskien is dit maar net nie n goeie foto nie. Sterkte egter Ade – dit is wie en wat jy as mens is en wat jy uitstraal wat saakmaak. DIT kan geen ontwerper vir jou kies nie.

Hannelie ·

Maak nie saak WAT sy aantrek nie….of dit ‘n Zuma uitrusting is…..of ‘n ander kultuur rok….sy sal in enige ding mooi lyk. En die uitrusting tot sy volle glorie laat geld.

DC Lourens ·

Adé is pragtig. Sy het pragtige atletiese bene en ek dink die rok gaan dit beklemtoon. Laat haar toe om anders te wees. Die “aaklige” rok is beslis nie iets om polse oor te kou nie. Ek hou daarvan – sy kan dit met trots dra.

sarel ·

daat laat hullee n baie mooi vrou nou komen lyk maar moet se dis interesant dit pas haar net nie

Heleen ·

Dis miskien nie baie mooi nie maar dis definitief iets anders, nogal interesant.

Suzi ·

Smaak verskil, maar ai, as dit dan nou n African-outfit MOET wees, kon die ontwerp nie meer smaakvol gewees het nie…die borslap lyk soos n kombuisvaddoek…en asseblief moenie altyd die Afrikaanse kultuur verkleineer en afbreek nie, dit is dieselfde kultuur wat waardes in die land gestel en dit probeer bewaar het…vandag is daar geen respek vir niks en niemand nie…die verrotting is oral sigbaar.

Poplap ·

Ai tog maar ou Zeldatjie lê ook deesdae ‘n eiertjie oor alles ne. As sy nie iets te sê het oor radiostasies dan spreek sy haarself uit as mode kenner. Presies wat is dit nou weer wat haar die nuwe media expert maak? Kyk daar is soveel mooi Suid Afrikaanse tradisionele klere wat die girl kon aantrek. Dink sy sou beter gedoen het om by die vlooimark vir haar ‘n rerig stunning Suid Afrikaanse tradisionele outfit te gaan koop. Ek dink hierdie outfit is eerder iets wat van die laslappie winkel af kom

wollie ·

‘n Vragie aan die dames wat hier so kla oor die “Afrikaner-kultuur” wat kwansuis uitgesluit word. Hoekom dra JULLE nie julle voortrekkerrokkies nie? Ek wag vir ‘n antwoord.

B-man ·

Het eers die walglike uitrusting gesien toe ek daarin kon slaag om my oë van haar bene af weg te skeur. WOW!

Wow ·

Dan is ek & jy op dieselfde bladsy . . . bogger die rok; daai bene!

Anoniem ·

Ade is baie doodgewoon, beslis nie baie mooi nie. Kyk maar na die werklik beeldskone vroue soos Rolene, Charlize, Magaret Gardiner – Ade is nie so mooi nie.

Regtig ·

Wat op aarde is fout met jou! Hierdie vrou is beeldskoon. Selfbeeld probleem dalk? Geen rede om haar aan te val oor wat sy moet aantrek nie. Natuurlik is hierdie anoniem! Sad really!

Annelize ·

Wel, as die “pakkie” verteenwoordigend van die land moet wees, moet ek die ontwerper dit toegee. Hy het dit vervolmaak en is in die kol. Want die Vader alleen weet, daardie “pakkie” is net so ‘n onooglike, deurmekaar gemors soos die land.

Suzi ·

As dit die beste is wat Suid-Afrika kan bied, eish..!Dit is geskik vir n skoolkonsert maar daar is darm seker baie beter ontwerpe vir n wereld-kompetisie.

wollie ·

Welke uitrusting dink jy moet sy in die tradisionele afdeling dra

Ben Niemand ·

As hierdie uitrusting werklik Afrika tradisioneel was, sou ons nie die fotos kon sien nie, want Maroela Media publiseer nie kaal bors fotos nie… ?

Connie ·

Ag dit wys jou net hoe ver ons al verval het. Oe nee hierdie land maak my siek. Regtig siek. En my hart so seer.

Anmar ·

Sy het absoluut die lyfie en die bene vir hierdie uitrusting. Ek dink dis ‘n goeie kombinasie van al die mense wat in Suid-Afrika woon. Sterkte vir jou daar anderkant, Ade!

Theresa ·

Sou interessanter gewees het as iemand (dalk die ontwerper) vir ons presies kon sê wat (stukkie vir stukkie) stel wie in die land se verteenwoordiging voor.
En nee, mense wat so aangaan dat Afrikaner kultuur ‘n ou sisrokkie moet wees – die Afrikaner in die land trek darem lankal nie so aan nie? Hou op gemeen wees oor die Afrikaner wat ook net graag verteenwoordig wil wees – is dit iewers in dié ontwerp te sien? Kan Maroela die uiteensetting vir ons kry? Gelukkig is Ade pragtig en sonder twyfel statig genoeg om selfs hierdie skepping (alhoewel deurmekaar) met waardigheid te dra.

charmaine ·

Ek glo nie dis haar tradisie nie, hoekom moet ons altyd kruip en maak asof al die goed reg is?
Ek stem saam met meeste kommentaar hierbo, dis lelike klere. Met haar donker hare sou n bloerooi of koningsblou aandrok pragtig gelyk het. SA het nie net Afrika tradisies nie.

Sonja ·

Afrikane en Afrikaners trek nie meer tradisioneel aan nie, die ontwerper moes na die parlement gaan kyk het vir inspirasie…gumboots, oorpakke, Armani en Gucci

Beer ·

Wat ‘n grap ……???het my doodgelag lyk soos ‘n “valley of a thousand hills” wannabee.

honourable member ·

Ag nee rerig. Nou gaan almal weer vir ons lag. Dis afskuwelik. Daar is darem baie mooier rokke om te dra. Is hierdie nou seker gemaak deur n opkomende ontwerper of wat.

Petra ·

Ek se ga! Hkm nie ‘n mooi aandrok aantrek soos die aner nie.????????? nee genade, genoeg is ok nou genoeg.

wollie ·

Die kommentare is suurdruiwe. Die Zulus het minstens stam-egte tradisies. Wat die Afrikaners het, is van oorsee af ontleen. Eintlik baie tragies dat die Afrikaner nie eintlik tradisies het nie.

june ·

Wollie, hier is nie meer stam-egte kulture nie, alles het lankal ver-Europees/Amerikaans of Chinees, Cosmopolitaans. As die Zoeloes nog so stam-eg is, hoekom bly hulle nie meer in hutte nie? Hulle ry duur motors en gebruik tegnologie. Niemand het gese die vrou moet n voortrekker rok aantrek nie. En ja, ons is van Europese afkoms, daarom het ons kultuur invloed daarvan.

wollie ·

Baie het verstedelik maar hulle keer terug na hulle “roots” om spesiale geleenthede op tradisionele maniere te vier. Die Afrikaner het geen tradisies wat hy sy eie kan noem nie, zero. Die girl sal daai drag met trots dra, dit is darem iets wat as tradisionele drag kwalifiseer (al lyk dit vir die sommige kultuur-arm Afrikaners nie mooi nie).

Jaco Pool ·

Wonder nou as sy met n VOORTREKKER KAPPIE gegaan het en gese het, dit is haar kultuur, watse bohaai dit sou gewees het.

hoe ek dit sien ·

Die wta so kla: ja die Afrikaner trek nie meer sisrokke aannie en die Zulus of wie ookal dra nie uslke klere nie. Ek dink die metaal nekstut en armbande stel ons goud/platinum erfenis voor, die veelkleurigheid wys ons is nie somber Engeland of Europa maar het pragtig veelkleurige diereyk – die visse en voëls en ook ons lieflike herlderkleurige plante en blomme en ook verskeidenheid mense en die kralewerk is altyd mooi en neem tyd om gedoen te word en raak dan aan vand ie swartes se kultuur. Ander jare het Me SA anders aangetrek en dalk meer Europees vir haar tradisionele drag so hou op kerm oor niks. Dis asof mense net altyd negatiwiteit raaksien.

dom ·

Vliek????? Bwhahahaga…….ai die v en die f het nie so baie ingemeen nie hoor. Hulle klink net dieselfde….

Luister ·

Sy moet dra wat die organiseerders besluit. Ek dink dit is beslis modern en treffend! Bietjie Wonder Woman. Was al die knorpotte al ooit by ‘n modevertoning? Baie daarvan is eintlik nogal uitspattig.

Belaglik man ·

HOEKOM IS JULLE WITMENSE SO vieslik MET MEKAAR? So sy moet OF ‘n voortrekker kappie aantrek OF ‘n (swart) etniese uitrusting? So daar is geen middeweg nie? Wys jou hoeveel weet julle van modes. .. ZILCH dit het nou weer ‘n politieke spel geword, waar die liberales die konserwatiewes aanval. NIEMAND het van voortrekkerkappie gepraat nie, absoluut NIEMAND nie . .totdat die libtards weer die afrikaners wat dink die uitrusting is BELAGLIK daarmee begin slaan het. Rassisme, apartheid, voortrekkers as jy nie van ‘n belaglike krale uitrusting hou nie …

M ·

As ek so gelyk het, het ek ook so pakkie gedra! Sy kan enigiets aantrek en sal nogsteeds mooi lyk. Ek dink sy gaan definitief uniek lyk tussen almal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.