Talle pienkvoete vir bekendes in 2018

Jacques en Angelique by hul tweelingdogtertjies. Foto: Instagram

Vanjaar het meer as 25 bekendes ʼn nuwe pienkvoet in hul huis verwelkom of het hulle aangekondig dat ʼn baba op pad is. Ons kyk terug op die babas wat gekom het, en dié wat op pad is.

Die 7de Laan-akteur Theodore Jantjies en sy vriendin, Tammy van der Merwe, het vroeg in Januarie vir die eerste keer ouers geword. Lees meer.

Claudia Henkel, die skoonheid wat in 2004 die Mej. Suid-Afrika-kroon gedra het, en haar man, Orin Roesstorff, se tweeling is ook in Januarie gebore. Lees meer.

Die sanger en gewilde televisie-grapjas Andries Vermeulen en sy vrou, Rieta, het in Januarie ʼn dogtertjie ryker geword. Leer meer.

Joshua, Danél en Anán (Foto: Instagram)

Die model en aktrise Nicola Breytenbach het in Januarie die nuus gedeel dat sy geboorte gegee het aan haar en haar man, Ben Steiner, se derde kind. Lees meer.

Die gewilde kletsrym-glanspaar, Hemelbesem en Yoma, ofte wel Simon en Claudia Witbooi, het in Januarie ouers geword. Lees meer.

Joshua na die Reën, oftewel Jacques de Villiers, en sy vrou, Danél, het in Januarie die jongste toevoeging tot hul gesin verwelkom. Lees meer.

Die bekende Namibiese model Behati Prinsloo en haar rocker-man, Adam Levine, het in Februarie aangekondig dat hulle ʼn babadogtertjie, Gio Grace Levine, ryker is. Lees meer.

Die aktrise en televisiepersoonlikheid Angelique Gerber en haar man, die rugbyspeler Jacques Potgieter, het in Maart aangekondig dat hulle identiese tweelingdogtertjies, Annabella en Olivia, verwelkom het. Lees meer.

Minki en baba Elsa (Foto: Instagram)

Die aktrise en grapjas Julia Anastasopoulos, beter bekend as Suzelle DIY, het in Maart op Instagram aangekondig dat sy swanger is met haar eersteling, en het in Julie aan haar babadogtertjie, Zoe, geboorte geskenk. Lees meer.

Die TV-aanbieder Minki van der Westhuizen en haar man, oudrugbyspeler Ernst Joubert, het in Maart hul derde dogtertjie, Elsa, verwelkom. Lees meer.

Charlize Berg en haar man, Warren Linden, het in April vanjaar ʼn pienk bababondeltjie ryker geword. Dit is die egpaar se eerste kind en haar naam is Aleiah Rose. Lees meer.

Die Suid-Afrikaanse rugbyheld Bryan Habana en sy vrou, Janine, het in April hul tweede pienkvoet in hul gesin verwelkom. Lees meer.

Hanna Grobler en haar en Bok van Blerk se bondeltjie vreugde (Foto: Instagram)

Die Afrikaanse sanger Bok van Blerk en sy aktrise-vrou, Hanna Grobler, se tweede kind is in Mei gebore. Lees meer.

Die Afrikaanse sanger Jan Rhaap, en sy vrou, Nadia, het in Mei hul eersteling, Chris-John, in die lewe verwelkom. Lees meer.

Die sanger Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties en sy vrou, Jani, het in Junie ouers geword. Lees meer.

Die aktrise en TV-aanbieder Nadia Beukes en haar man, David de Villiers, se pienkvoet is in Augustus gebore. Lees meer.

Die gewilde sanger Jacobus Silwer en sy vrou, Lizame Coetzee, het in Augustus hul eersteling verwelkom. Hulle het haar Emmalè Judith Coetzee genoem. Lees meer.

JP, Sue, Isabella en Alexa-Rose Duminy (Foto: Instagram)

Die bekende Proteas-krieketspeler JP Duminy en sy vrou, Sue, het op lentedag hul tweede dogtertjie in die wêreld verwelkom. Lees meer.

Andriëtte Norman het op 5 September aan haar tweede seuntjie, Glynn Andre Moolman, geboorte geskenk. Lees meer.

Die televisieaanbieder en radio-omroeper Robbie Kruse en sy vrou, Lynn, het in Oktober 2018 vir die eerste keer ouers geword met ’n babadogtertjie, Lara. Lees meer.

Die musikant Pieter Smith en sy vrou, Yolandi, het in Oktober hul eerste seuntjie gekry. Die egpaar het reeds ʼn dogtertjie. Lees meer.

Megan Markle het in Oktober aangekondig dat sy swanger is met haar en prins Harry se eersteling, nadat hulle in Mei vanjaar getroud is. Die baba sal glo volgende jaar in die Britse lente sy opwagting maak. Lees meer.

Die gewilde Afrikaanse musiek-egpaar, die sanger en liedjieskrywer Ricus Nel en sy vrou, die sangeres Liza Brönner, het in November ’n seuntjie, Dawid, ryker geword. Lees meer.

Die akteur en musikant Stefan Ludik en sy aktrise-vrou, Anelle, se seuntjie is in November gebore.

Die sanger en liedjieskrywer Vaughan Gardiner en sy vrou, Nerine, het November hul tweede kind in die lewe verwelkom. Noëlle Catherine Gardiner is op 14 November gebore. Lees meer.

Die sanger en komediant Emo Adams en sy vrou, Michelle Gildenhuys, het in November 2018 aangekondig dat hulle hul derde kind verwag. Lees meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.