Tennisster en popsensasie word ouers na 16 jaar saam

Anna Kournikova en Enrique Iglesias. (Foto: Facebook)

Die popster Enrique Iglesias (42) en sy lewensmaat van die afgelope 16 jaar, Anna Kournikova, het Saterdag ouers geword van ʼn tweeling.

Die tweeling, ʼn seun, Nicholas, en ʼn dogter, Lucy, is op 16 Desember in Miami gebore. Dit is die paartjie se eerste kinders.

Volgens Hello! het die uiters private paartjie die swangerskap die laaste nege maande stilgehou, alhoewel Kournikova (36) in Augustus ʼn video op Instagram geplaas het wat aanhangers laat bespiegel het dat sy swanger is.

Die paartjie het in 2001 ontmoet toe Kournikova in Iglesias se musiekvideo vir “Escape” gespeel het. Ondanks talle gerugte het die paartjie nog nooit bevestig of hulle getroud is nie.

“Miskien is dit omdat my ouers geskei is, maar ek glo nie dat ʼn mens ʼn stukkie papier nodig het om te wys jy is lief vir iemand nie,” het Iglesias vroeër aan Hello! gesê. “Wie weet wat die toekoms inhou… of die verlede?” het hy geskerts.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Resep ·

Partykeer, soos hier, vat die resep lank om by mense uit te kom.

Besemryer ·

Tweelinge is nie meer nuus nie. Paartjies (al sukkel hulle nie om swanger te raak nie) gaan deesdae vir invitro bevrugting en siedaar- elke tweede ouerpaar kry binne een swangerskap ‘n seun en dogter :)

Denise ·

Mac ek stem en Enrique nog netso smeulend gelukkige vrou!!!! Hulle altwee raak net mooier !!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.