Terugslag vir Radio Raps

Rikus de Beer, oftewel Jonathan van Radio Raps (Foto: Verskaf)

Die Afrikaanse akteur en komediant Rikus de Beer, beter bekend as Jonathan van Radio Raps, is Maandag weer na die hoësorgeenheid van ʼn Pretoriase hospitaal oorgeplaas nadat hy weer infeksie opgedoen het ná ʼn lewensnoodsaaklike operasie op 8 Junie.

Zinta Kymdell, De Beer se agent, het Dinsdag aan Maroela Media gesê sy bestuurspan is vandeesweek genoodsaak om ʼn verdere drie optredes uit te stel aangesien dit onseker is hoe lank hy nog in die hospitaal sal wees.

Die komediant het op 8 Junie ʼn operasie ondergaan om galstene en sy galblaas te verwyder. Die operasie was suksesvol en het sonder enige komplikasies verloop.

“Sedert die operasie het Rikus ʼn hoë infeksietelling en sy liggaam hou vog terug. Hy is Maandag teruggeplaas in die hoësorgeenheid waar hy tans in isolasie mediese behandeling ontvang om die infeksie te genees en verdere infeksies te voorkom,” sê Kymdell.

Volgens haar is dokters egter steeds positief dat hy sal herstel. Sy het gesê hy was teen Dinsdag steeds kritiek, maar sy toestand was bestendig.

Die komediant se bestuurspan het sy optredes op 30 Junie by The Ridge in Witbank gekanselleer, asook sy optrede by Goldfields Casino in Welkom op 1 Julie en in Thabazimbi op 15 Julie.

Kymdell sê alle ander optredes bly onveranderend. Nuwe datums sal ook binnekort vir dié gekanselleerde optredes bekend gemaak word.

“Sy bestuurspan vra om verskoning vir die ongerief rakende optredes wat geskuif word. Rikus se gesondheid is prioriteit en ons wil graag sien dat hy eersdaags weer op die been sal wees.”

Maroela Media het vroeër berig De Beer is op 27 Mei in die hospitaal opgeneem ná afloop van sy optrede by Silverstar Casino naby Krugersdorp.

Hy het teen daardie tyd reeds behandeling ontvang vir komplikasies aan sy buik, maar het gevoel die optrede in Krugersdorp kan nie op sulke kort kennisgewing gekanselleer word nie. Hy het toe daarin geslaag om die optrede met ʼn binneaarse drup te doen. Op 29 Mei het hy ʼn operasie ondergaan en ʼn tweede operasie is vir die volgende dag geskeduleer, maar dié operasie is uitgestel nadat sy toestand verswak het. Hy is kort daarna na die hoësorgeenheid oorgeplaas weens ʼn hoë infeksietelling en hartversaking.

Dokters wou al vroeër sy galblaas verwyder, maar het aanvanklik gesê die risiko is te groot weens infeksie en die operasie is toe uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Theresa ·

BAIE sterkte! Wat se infeksie is dit en wat het dit veroorsaak?

Francie ·

Infeksie na ‘n operasie moet nie gebeur nie. Higiëne? Dit is lewensgevaarlik. Kom ons vertrou hy is gou weer op die been. Verseker gaan hierdie ondervinding baie inhoud vir ‘n volgende optrede gee.

Paul ·

Infeksie kom nie net van higiëne af nie, daars 1000’e oorsake vir dit. bv. jy kry n klein tandpyn, maar jy borsel en flos elke dag, higiëne? nee, daars heelwat oorsake:) sterkte Beer!

Cindy Smith ·

Ek bid vir spoedige herstel. Ek hoop dat die hardkoppige mense wat hul gesondheid uitstel en daardeur hul lewens op die spel plaas, leer hieruit. Ons lewens is baie belangriker as om ons gehoor tevrede te stel.

Lekker ou bul ·

Orait, da vat hy nou, nee man lekker. Roebull jy moet gesond raak vinnig ons mis jou op die stage en agter die kameras

jan van riebeeck ·

candida-albicans wanneer gaan die medici wakker skrik

Soesie ·

Lekker boys… julle beter mooi na hom kyk daar in die hospitaal!

Charls van Eden ·

Bestuurspan se jy – eish ? Hoeveel mense is dit ….

Paulus ·

Gewoonlik n managaer, maar deesdae stel jy n PR company aan, wat van die manager, toer manager, tot in met social media bestuur namens hom.

Vytjie Molefe ·

Baie bekommerd oor onse Jonafin….kan ons ‘n update kry oor hoe dit gaan asb? Kom Rickus…veg terug…ons mis jou en het jou nodig…

Maritza ·

Ai! As ek kan aflei van Jonathan se siekte toestand. Klink dit vir my soos pankreatitis…. My man het presies dieselfde simtome gehad. Wat baie gebeur is, is dat jy galstene kry… En dan beweeg dit opwaarts indie pypie na die pankreas. En dan is dit erge onsteking. In die pankreas is insulien selle en vet selle. Dit bars dan oop en dan loopdie vloeistof uit en affekteer dit al jou organe. Dit vergiftig jou organe. Dan opereer hulle en was jou organe as te ware en dan gaan jy weer in icu lê. As jou infeksie telling nie afkom… Word die operasie weer uitgevoer. My man het 2 operasies so 5 dae uit mekaar ondergaan. Dis n dodelike siekte! My man was 4 weke in icu 1week in hoë sorg en laaste week in gewone saal. Toe is hy vir nog 8 weke afgeboek om te herstel. Hy het in die tyd 30 kg verloor. Ons bid vir jou Jonathan!!!! Baie sterkte!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.