‘The Hoff’ trou weer

Hasselhoff en Roberts. Foto: Jordan Strauss/Invision/AP, File

David Hasselhoff, oftewel The Hoff, het vir die derde keer ewig trou beloof.

Die 66-jarige akteur, wat bekendheid verwerf het vir sy rol as Michael Knight in “Knight Rider” en Mitch Buchannon in “Baywatch”, en die 38-jarige model Hayley Roberts is in Italië getroud.

Hasselhoff se agent het Dinsdag die troue bevestig. Die intieme seremonie is slegs deur familie en hegte vriende bygewoon.

Die egpaar het sewe jaar gelede ontmoet toe Hasselhoff ʼn beoordelaar op “Britain’s Got Talent” was. Hulle was besig met opnames vir die program by ʼn hotel en Roberts het Hasselhoff genader en vir sy handtekening gevra.

Hasselhoff het glo aan Roberts gesê hy sal slegs vir haar sy handtekening gee as sy haar telefoonnommer vir hom sou gee. Hulle het in 2016 verloof geraak.

Hasselhoff het twee dogters uit sy huwelik met Pamela Bach. Hy en Bach is in 1989 getroud en in 2006 geskei. Hy was van 1984 tot 1989 met Catherine Hickland getroud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Adri ·

Ek sien nie die foto nie. Lê die probleem by my (rekenaar) of by julle?

Theresa B ·

Sovêr ek weet, het hy ‘n drankprobleem. Hoop nie ons lees oor 6 maande dat hulle nou weer skei nie. Ook meer geld as verstand.

Nico ·

Ek like’ the hoff” se musiek,(looking for freedom,crazy for you,ens)

Wonder ·

Hy het die trophy wife (wat sy dogter kon gewees het) en sy die beursie, getrou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.