Trevor Noah kry gesogte toekenning

Trevor Noah saam met Snoop Dogg en Martha Stewart (Foto: Instagram)

Die Suid-Afrikaans gebore komediant Trevor Noah is Sondagaand by die MTV-toekennings (Movie & Television Awards) as beste televisieaanbieder vir The Daily Show aangewys.

Die 26ste MTV-toekennings is in Los Angeles uitgedeel en is ʼn meer informele platform as die Oscars, maar vereer ook jaarliks die gewildste sterre in die televisie- en rolprentbedryf.

Die komediant, wat deesdae in die gesogte Stella Tower in New York woon, het die toekenning aan sy ma opgedra.

“Ek streef elke dag daarna om soos my ma te wees,” het hy in sy toespraak gesê. “Sy is ʼn sterk, swart vrou wat nooit na ander mense geluister het wat gesê dat sy nie meer kan bereik nie.”

Maroela Media het in 2015 berig Noah is aangewys as die nuwe aanbieder van die gewilde Amerikaanse geselsprogram The Daily Show.

Noah is ook al met twee NAACP-toekennings (National Association for the Advancement of Coloured People) vereer.

Sy boek, Born a crime, is in November 2016 vrygestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Basjan ·

Hier is nou ‘n mannetjie waaraan ek nie vat kan kry nie. Rassis op sy beste. En Dan word hy nog so opgehemel deur die publiek.

Kowa ·

Basjan jy vat die woorde so uit my mond. Stem 100% met jou saam.

Schalk ·

En hy moet beklemtoon dat sy ma swart is. Dalk was dit maar die liberale se regstellende toekenning. Want snaaks is die man nie.

Willem ·

As mens nie verkramp is nie is hy baie snaaks – en hy het groot sukses in die VSA behaal

vytjie ·

Kom ons se dit was een van bogenoemde se kinders Dan sou dit beslis ‘n ander deuntjie gewees het. Wonder Maar net

Sopie ·

Ek hou ook nie van hom nie maar jy moet respekteer wat hy al vermag het.

Yster ·

Hierdie man is politieke pion maar hy kan darm n grap vertel. Oor die titel van sy boek wonder ek nou. Ek gaan nou nie loop sy boek soek in die winkel nie so ek sal nie weet nie, maar die wat dit al gelees het, is die titel gemik op ons verlede, ry hy ook op die golf van ewige apartheidssimpatiesoek en haataanwakker?

Ella ·

Jy kan maar die boek lees – dit is baie goed (en ek hou nie noodwending van outobiografiee nie). Die titel is maar presies waarvan hy praat (toe hy gebore is, was die feit dat hy ‘n swart ma en wit pa het, ‘n misdaad – m.a.w. hy was “born a crime” – so eenvoudig soos dit). Dit is ‘n reguit vertelling oor sy lewe, sy ma, sy familie, oor die lewe in Suid-Afrika. Hy vertel dit eenvoudig hoe dit was en is, en hoe hy dit ervaar het. Dit is op baie plekke ‘n ongemaklike waarheid – maar ook die realiteit. Hy soek geen simpatie nie, en wakker nie haat aan nie. As dit jou ongemaklik gaan laat voel, moenie die boek lees nie.

Giep ·

Eks skaam dat so n liberale afwerpsel uit SA gekom het. Vergelyk sy bydrae vir die mensdom met Elon Musk. Hy saai onmin en haat…geen respek vir sy soort.

Chris ·

Geluk met sy toekenning. Gelukkig staan die Amerikaners sê humor my nie aan nie. (Het hulle ‘n sin vir humor anders as “slapstick”). Mnr Noag kan nogal snaaks wees maar met ‘n knoppie sout. Ek wil tog my kommer uit spreek, nie dat my opinie enigsins vir hom waarde sal hē nie, hy moet nie te rammer jie uitnek raak nie. Hy is ‘n gas in die VSA. As hy sy oē een oggend uitvee staan die “home affairs” manne voor sy deur en vergesel hom JFK toe en koebaai vir jou grapjas. Pasop mannetjie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.