Trevor Noah nou die eienaar van R285 miljoen-spoghuis

Die spoghuis in Bel Air, Los Angeles. (Foto: TMZ)

Die spoghuis in Bel Air, Los Angeles. (Foto: TMZ)

Die Suid-Afrikaanse komediant en geselsprogramaanbieder, Trevor Noah, wat deesdae in Amerika woon, het volgens berigte ʼn indrukwekkende spoghuis van sowat $20 miljoen (R285 miljoen) by sy eiendomsportefeulje gevoeg.

Die vermaakwebwerf TMZ berig Noah het die herehuis in Bel Air in Los Angeles deur ʼn blinde trust aangekoop. ʼn Blinde trust is ʼn trust waar die begunstigdes geen kennis van die bates van die trust dra nie en waar hulle ook nie mag inmeng in die hantering daarvan nie.

Die tweeverdiepinghuis is 1 000 m² groot en word omring deur glasmure en terrasse, wat glo ʼn asemrowende uitsig van Los Angeles bied.

Die 0,4 ha-eiendom is op ʼn heuwelerf gebou in die westelike gedeelte van Bel Air. Die hoofslaapkamer is 200 m² groot en die huis het ook ʼn tuisteater, ʼn oneindige swembad en ʼn 1 800 ℓ-soutwaterakwarium.

Daar is ook drie ander slaapkamers, elk met ʼn uitsig van Los Angeles, en ʼn uiters private BBP-suite met ʼn privaat ingang.

Die eiendom is gelys deur Mauricio Umansky en James Harris van The Agency.

Die nuus volg nadat dit onlangs aan die lig gekom het dat Noah en sy meisie van die afgelope vier jaar, die sangeres en danseres Jordyn Taylor, hul verhouding verbreek het. Taylor het dié nuus op Instagram bevestig.

Trevor en Jordyn Taylor. (Foto: Twitter)

Trevor en Jordyn Taylor. (Foto: Twitter)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Alida ·

Wat het dit met ons te doen? Hy is volgens my n kommin nar wat SA telkemale slegmaak.

Siek en sat ·

Kan daai rassis nie verdra nie. Want to be like the Jones’es. Enjoy your plastic life.

charmaine ·

Niks het nou iets geword, in SA sou hy nie so huis kon he nie. Ook maar niks gewoond as jy van SA is nie hoop hy sorg mooi vir sy familie ook.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.