Idris Elba, die Amerikaanse tydskrif People se sexyste man van die jaar in 2018, is amptelik nie meer beskikbaar nie.
Elba (46) en die model Sabrina Dhowre (29) het oor die naweek tydens ʼn privaat seremonie in Marokko die knoop deurgehaak.
British Vogue berig die seremonie het by die luukse hotel Ksar Char-Bagh in Marrakesj plaasgevind. Die vieringe saam vriende en familie het reeds Donderdag afgeskop en oor drie dae gestrek.
Die paartjie is Vrydag getroud.
CNN berig Dhowre is in 2014 as Mej. Vancouver gekroon. Dié twee het in 2017 op die stel van die rolprent The Mountain Between Us ontmoet waarna Elba verlede Februarie Dhowre se hand gedurende ʼn rolprentvertoning in Londen gevra het.
Maroela Media het vroeër berig Elba, ʼn akteur, vervaardiger, musikant en DJ, is verlede jaar deur die Amerikaanse tydskrif People as 2018 se sexyste man van die jaar aangewys.
Elba het bekendheid verwerf met sy rol as die dwelmbaas Russell “Stringer” Bell in die dramareeks The Wire. Daarna het hy die rol van Heimdall in Marvel se Thor vertolk en intussen een van Hollywood se hartebrekers geword.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
Idris Elba die wereld se sexyste man? Regtig? Laat mens wonder oor sommige mense se oordeelsvermoe.
GOEÍSTE…❗❗? gelukkig verskil smaak
Dank Vader smaak verskil. Sug !
Ek moet sê, Mmusi Maimane het baie beter looks!!!
Ek kan nie onthou dat my opinie gevra was tydens die besluit nie? Hoe kan tydskrifte namens alle mense besluit??