Tumi Morake groet Jacaranda

Tumi Morake. Foto: JacarandaFM

Die omstrede Jacaranda FM-omroeper en komediant Tumi Morake het Woensdag aangekondig dat sy eersdaags dié stasie vaarwel gaan roep.

Luidens ʼn verklaring wat op Jacaranda FM se webtuiste gedeel is, sal 9 Maart Morake se laaste dag as mede-aanbieder van die ontbytprogram saam met Martin Bester wees.

Morake het luidens die verklaring gesê dat dit “glad nie ʼn maklike besluit was” om die stasie te verlaat nie. “My loopbaan slaan ʼn nuwe rigting in en ongelukkig pas radio, met die tyd en energie wat dit op hierdie vlak verg, nie in daardie planne nie.”

Morake beplan om, ná ʼn kort rustydperk saam met haar familie, ʼn fliek te skryf saam met haar man, Mpho Osei-Tutu. Sy sal ook onder meer voortgaan met aanbiedingswerk en ʼn internasionale toer as komediant na Australië onderneem.

“Die tydsberekening was net nie reg vir hierdie verhouding nie,” het Morake gesê. “Dit is soos om ʼn geliefde te verlaat vir wie jy steeds lief is. Ek hoop regtig dat die noodlot ons weer eendag bymekaar sal bring.”

Morake se tydperk by Jacaranda FM was nie sonder omstredenheid nie. Sy het talle luisteraars warm onder die kraag gehad toe sy in September verlede jaar daarvan beskuldig is dat sy rassistiese uitlatings op die lug gemaak het.

ʼn Storm het destyds om Morake en Bester se koppe losgebars nadat Morake tydens ʼn ontbytprogram wit mense met boelies op die speelterrein vergelyk het. Morake het in reaksie op die kritiek teen haar uitsprake gesê sy staan by haar uitsprake en vra nie daarvoor om verskoning nie.

Die Uitsaaiklagtekommissie het die klagtes oor dié uitsprake van die hand gewys.

Morake was kort daarna weer in die sop nadat sy tydens ʼn episode van Comedy Central se Roast Battle-reeks op DStv-kanaal 122 vir medekomediant Schalk Bezuidenhout gesê het: “Want jy is twee p**sklappe weg van Down-sindroom b***h”.

Dié episode is glo al in 2015 opgeneem, met ʼn herhaling wat in Desember verlede jaar weer uitgesaai is. Morake het op Facebook om verskoning gevra vir die uitlating nadat talle mense, insluitend ouers met kinders wat Down-sindroom het, daaroor gekla het.

Kevin Fine, algemene bestuurder van Jacaranda FM, het luidens die verklaring gesê dat Morake die stasie “van dag een af met positiwiteit beïnvloed het”. “Ons is bly om deel te wees van haar eerste kennismaking met radio. Sy is ongelooflik talentvol en stort haarself 100% in alles wat sy aanpak. Ons is hartseer om haar te sien gaan, maar ons verstaan en respekteer haar besluit. Sy sal altyd ʼn heenkome hier by Jacaranda FM hê.”

Bester sal voortgaan as aanbieder van die ontbytprogram, met Elma Smit en Liesl Laurie as mede-aanbieders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

Wim ·

Australië is ‘n goeie roep, bly daar, gasvrye mense, jy sal tuis voel en glad nie terug verlang nie.

Koos1 ·

Jakaranda: Sy het die stasie positief beinvloed. In die begin ja, maar na Sept 2017 toe val julle luisteraars getalle vinniger as die rand na ‘n kabinetskommeling deur Jacob Zuma!

Daan ·

Dit is die rede hoekkom sy loop want ek ken niemand meer wat Jakaranda luister nie .

Jack Klok ·

Die verskil in reaksie van die owerhede oor haar rassistiese aanmerkings en die noodkreet van Penny Sparrow oor die besoedeling van haar omgewing is tekenend van die rasse vooroordeel wat daar onder swartes teenoor blankes bestaan.

Hierdie vooroordeel is kunsmatig geskep en word deur die ANC opgejaag vir politieke voordeel.

Johan. H. ·

Sorrie weer temin telaat, TaTata,Julle is gespur, sit maar,.

RM ·

Boikot jy ook Rocomamas, Panarottis en al die Spur handelname??

Pb ·

Stem saam.
En ja, ek ondersteun geen Spur of enige ander van sy suster groepe nie.

LL ·

Ek eet nog gereeld by my Spur, daai mense het niks gedoen nie, hulle het vrouens en jong kinders, nie tyd vir sulke simple “boikotte” nie.

Piet Snot ·

RM, jy laat my dink aan my 83 jarige ma.
Toe ek nou die dag weier om saam Spur toe te gaan, kom ek agter sy weet nie eens blankes is nie meer daar welkom nie.

RM ·

@PietSnot snaaks, want by my Spur is ek en my familie nog baie welkom, so ook die 80% wit waiters, die blanke managers en kokke. Ek geniet Spur, en sal altyd ondersteun.

Boerseun ·

Jy het maar lae standaarde as jy dink die spur se kos is lekker. En jy praat bog, neem ons n foto van daai 80% wit kokke asb, sal nogal n ding wees om te sien

Jenny ·

YYYYYYEEEEEEEAAAAAAAHHHHHHH!!!!!!!!! Bring asseblief vir Diane en Rian terug??

Lee ·

Nie Diane nie isb vader nie. daai aangeplakte lag is nes tumi sin.

Annie ·

Beste nuus nog dat sy weggaan – bring vir Riaan terug !!!

Genieve ·

Ek geniet Rian by skelmpie hy bied die program uitstekend aan.

Linda ·

Ek stem saam, bring vir Rian terug. Hy was nogsteeds die heel beste ontbyt aanbieder !!! Ek is nie lief vir Martin Bester nie !

Deloris ·

Ek verander nie… ek is lankal anti radio jakaranda ….en so sal dit bly.

Francois ·

Nou kan ek weer na my gunsteling Radio stasie luister van 10 Maart 2018 tot vêr in die toekoms. Dankie Jakaranda !

E KLOPPERS ·

nou kan ons weer Jacaranda luister. Waars Maurice Carpede?? Bring hom en Riaan terug

Marga ·

E Kloppers…Maurice Carpede is op die beste radiostasie in die Kaap – SMILE FM :)

Koos Koekemoer ·

Ek is sedert Sept 2017 by GFM.Dit danksy Tumi.Nooit een dag spyt nie.Ek mis net vir Barney!

Marius ·

Download die Rock On app op Google play. Dis sy aanlyn stasie

nic ·

Ek gee nie om wat haar “verskonings” is nie net soooo bly dat sy n goeie les geleer het & hopelik permanent trek

Linda ·

Ek gaan nie vir Rocomamas, Panarotti of Spur boycott nie. Die kinders geniet hul kos en hul pryse is nog redelik !!!

Daan ·

Linda jy moet nie jy en jou kinders moet gereeld by spur gaan eet ek verstaan die sous is die beste ooit maar dan moet ek ook by sê daar is n gesegde wat se as die kop dom is moet die lyf maar swaarkry

Yes LINDA ·

Shame arme kinders het ook nie ‘n keuse nie. As MA se jy moet by die SPUR gaan eet waar jy onder haar voete uit is, gee ma nie om WAT jy eet nie, solank jy net saam met die maatjies speel en haar nie pla terwyl sy haar wyn opslurp nie.

Linda ·

Tumi Morake was n reuse fout van die begin af tot die einde toe. Nie net het Jakaranda baie luisteraars verloor nie, baie besighede het hul advertensies onttrek insluitende Erik Barnard Meubels, wat al jare lank daar adverteer het !!!

Ryno ·

Martin……… bly jys nog daar. Was moeilik in begin…… maar jyt jouself bewys…… en jou bietjie van jou leer ken en gesien. mal oor jou….. hou die fort so……. ( hooelik vaar ons weer eendsg daam)?

David Potgieter ·

Morake, wil jy nie sommer vir Zuma saamvat Ausieland toe nie? Regte gawe skaap mense daar. Moet tog nie vergeet om nie ‘n retoer kaartjie te koop nie!

dgp ·

Geen verlies nie. Sy moes lankal geloop het. Soos Zuma tot op die einde vas geklou. Dankie tog dis nie 1 April nie.

Willie ·

Moet asseblief nie laat die groetery jou ophou nie… Jakaranda, nou ja wat kan mens se, baie luisteraars verloor ne? Kry vir n Spur kaartjie….

bgj van der westhuizen ·

jy het klaar die skade gemaak nou te laat om weg te hardloop ons moet die die Australia se mense waar sky wat sy is ek hoop sy weet datdie meeste mense wit daar is

Johan ·

Geen spyt nie – geen verlies nie. Australie – ha ha ha. Sal uiters verbaas wees as mense na haar gaan luister. Voorspel die toer gaan ‘n mislukking wees. Die ex-pats daar lees Internet en sal nie na haar gaan luister nie – en die Aussies is inherent ook nou nie so opgewonde oor Suid-Afrikaners nie.

Marie ·

Ek dink Jacaranda het haar laat gaan toe hulle die laaste luisteraarsyfers gesien het :-) Maar dankie tog. Nou kan ons weer jacaranda luister!

johannes f ·

Hi Kevin.
Sy het my beslis negatief met haar positiwiteit beinvloed. Een van die redes hoekom ek net op Jacaranda inskakel om die fantastiese gevoel te ervaar as ek onmiddelik weer uitskakel……..
nou net van rian ook ontslae raak dan mag ek dalk weer oorweeg om 1 uur n dag na jul te luister.

carol ·

Darsy …… moet nie laat die gegroetery jou op hou nie asb!!!

Johan ·

Wondelike nuus om die dag so te kan begin, nou sal ek ook weer sterk oorweeg om na Jacaranda te luister.

DewaldS ·

Dit sal net reg wees dat Australië oor haar opinies ronsom witmense ingelig is teen die tyd dat sy daar aankom. :-)

Fransie ·

Halleluja!!!!!!! Dalk kan ek dan ook weer begin Jacaranda luister.

Ja nee ·

Ja nee het GEDOG na die grond beslissing sal ons nooit weer goeie nuus in die land kry nie.
Maar kyk nou net….. TATA Tumi, gaan goed en gaan gou.
Ek was nogals opgewonde oor jou op die radio omdat ek voordat ek geweet waartoe jy in staat is nogals van jou gehou. maar toe spring die ware jakkals oor die draad.

heksie ·

Dankie tog sy waai!!! dis die beste nuus in jare – gaan haar GLAD nie mis nie, en ek glo meer mense sal weer na Jakaranda luister xx

Blondie ·

2018 word net beter en beter. Mugabe uit. Gupta’s uit. Zuma uit. Morake uit.

Linda ·

Ek wil net vir Yes LINDA se dat die kinders 41, 40 en 27 jaar oud is ! hul speel nie meer by Spur op die aparate nie. Ek is ook n 100% nie drinker. Ons gaan Spur toe om die kos te geniet en mekaar se geselskap, omdat ons almal werk en min tyd saam spandeer !

Yes Linda ·

O jinne nou sien ek, ek is jammer Linda, jy het vir die AFSLAG gegaan vir veterane want as jou kinders al so oud is, moet hulle of jy beslis nie meer op die “apparate” speel nie . .Ek is bly julle geniet dit nog daar. . .dit raas so daar, vreemd dat julle ‘n woord inkry!

Peter Badenhorst ·

Begin met die stryk orkes……Rian,Barney &AlexJ dan kan julle volmaak met die wannabees

Odette ·

Koebaai Meraai….hoop ons hoor nooit weer van jou nie! Kan nie wag vir die 9de nie dan kan ek weer Jacaranda luister in die oggende.

Muis ·

Nou is die kanse goed dat ek weer na Jakaranda gaan begin luister…

Pieter ·

ek weet nie wat het sy op die stasie gesoek nie, moes haar nooit aangestel het nie. Grootste fout nog, Jakaranda.

Uvonka ·

Boohoo my hart is bitter seer……………..DAT JY NOG NIE WEG IS NIE!!!!!!!!!

Hannetjie Harvie ·

Die wereld het toe bietjie te warm geword ne??? Ek wonder of sy besluit het om te loop of is sy gevra om te loop. Kry vir jou.

Annelize ·

Tatta Hasie!!! Moet asb nie dat die groetery jou ophou nie.

Emma ·

Dankie tog, met haar rassistiese uitlatings kan sy maar gaan, bye bye

Nefie ·

Jammer, te min te laat. Skade is gedoen. Ook terwyl Akeranda selektief sensuur toepas (Soos om nie Steve se musiek te speel nie) kan hulle vergeet van my.

TLC ·

Lekker gespur jacaranda nê jy wou mos SPUR maar nou ja na ek begin het om GFM te luister drink ek nie weer van jou water nie. Gister op GFM gehoor hul luister getal het gestyg met 54%

Katrein ·

Ai, maar ons is maar ‘n kwaai nasie wat hard is op ander mense, ons vergeef en vergeet nie……. Tumi, ek wens jou alle stekte toe. Hoop en bid dat jy baie gelukkig sal wees, waar jy ook al gaan.

Gesiggie ·

Ja nee… om so te kyk na almal se comments”’ dan stem ek saam jou Katrein.ons is te vinng om te oordeel … . laat dit goed gaan met jou Tumi… hoop dat jy gelukkig sal wees.. alle sterkte

Schalk ·

Sy kon maar ook die aankondiging op Valentynsdag gemaak het???

Schalk ·

Sy kon maar gerus die aankondiging op Valentynsdag gedoen het???

Shana ·

Hoop jou vliegtuig Australie toe styg betyds op…ons het jou nie n minuut langer as nodig in hierdie land nodig nie.

Linda ·

Yes LINDA, ongelukkig is dit nie vir ons finansieel nodig om afslag kos te eet nie. Natuurlik is ek n veteraan en finansieel baie sterk. Om die waarheid te se, ons kim nie eens die geraas in Spur agter nie. Ons geniet net ons familie se geselskap ! Hoop jou kinders volg ook in jou voetspore soos myne, en word goeie geneeshere ! Dit is so n plesier om 3 sulke professionele, geen nonsens kinders te he. n Goeie moeder bly altyd n rol model vir hulle !

Koeksuster ·

Toe Rian by OFM begin het het hy eendag ook n slegte ding te sê gehad oor mense/kinders met n gebrek. Ek het toe vir die stasie bestuurder ook n epos gestuur en ek wens eknkan onthou if dit oom ene Mnr Fine was want raai wat het die stasie terug last weet per epos. Rian is die dryf agter baie liefdadigheids projekte en maak n positiewe verandering.. bla bla bla selfde tune wat hy hier sing van Tumi… bon voyage!

lea ·

Ek hoop net sy verdwyn van tv2 en 3 OOK af, want as dit langer so aangaan, hou ek beslis my lisensie-geld terug. Waar is survivor, ens? Maar daar is genoeg geld vir Anele se talk show, red velvet gemors en praat nie van SA trending nie. SABC, TAKE NOTICE!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.