Tumi Morake se laaste dag by Jacaranda

Martin Bester en Tumi Morake (Foto: Kevin Mark Pass)

Dit is vandag Tumi Morake, die omstrede Jacaranda FM-omroeper en komediant, se laaste dag by dié radiostasie.

Tumi Morake het verlede Woensdag aangekondig dat sy eersdaags dié stasie vaarwel gaan roep waar sy mede-aanbieder van die ontbytprogram saam met Martin Bester is.

Morake het luidens ʼn verklaring wat op Jacaranda FM se webtuiste gedeel is gesê dat dit “glad nie ʼn maklike besluit was” om die stasie te verlaat nie. “My loopbaan slaan ʼn nuwe rigting in en ongelukkig pas radio, met die tyd en energie wat dit op hierdie vlak verg, nie in daardie planne nie.”

Morake beplan om, ná ʼn kort rustydperk saam met haar familie, ʼn fliek te skryf saam met haar man, Mpho Osei-Tutu. Sy sal ook onder meer voortgaan met aanbiedingswerk en ʼn internasionale toer as komediant na Australië onderneem.

“Die tydsberekening was net nie reg vir hierdie verhouding nie,” het Morake oor die besluit om die radiostasie te verlaat gesê. “Dit is soos om ʼn geliefde te verlaat vir wie jy steeds lief is. Ek hoop regtig dat die noodlot ons weer eendag bymekaar sal bring.”

Morake se tydperk by Jacaranda FM was nie sonder omstredenheid nie. Sy het talle luisteraars warm onder die kraag gehad toe sy in September verlede jaar daarvan beskuldig is dat sy rassistiese uitlatings op die lug gemaak het.

Morake het tydens ʼn ontbytprogram wit mense met boelies op die speelterrein vergelyk het. Morake het in reaksie op die kritiek teen haar uitsprake gesê sy staan by haar uitsprake en vra nie daarvoor om verskoning nie.

Die Uitsaaiklagtekommissie het die klagtes oor dié uitsprake van die hand gewys.

Morake was kort daarna weer in die sop nadat sy tydens ʼn episode van Comedy Central se Roast Battle-reeks op DStv-kanaal 122 vir medekomediant Schalk Bezuidenhout gesê het: “Want jy is twee p**sklappe weg van Down-sindroom, b***h”.

Dié episode is glo al in 2015 opgeneem, met ʼn herhaling wat in Desember verlede jaar weer uitgesaai is. Morake het op Facebook om verskoning gevra vir die uitlating nadat talle mense, insluitend ouers met kinders wat Down-sindroom het, daaroor gekla het.

Bester sal voortgaan as aanbieder van die ontbytprogram, met Elma Smit en Liesl Laurie as mede-aanbieders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Daan Erasmus ·

Ek wil graag veralgemeen. Daar is nie iets soos ‘n dom komediant nie. Dom ouens maak dit nie in die bedryf nie. Jy moet skerp wees en op jou voete dink.

Ongemaakt ·

Sy gaan dit nie daar maak nie, vertonings gaan karig ontvang word, die australiese komediantsbedryf is tough en net die skerpstes maak dit.

Andries ·

Hoera vir die move. Nou sal ek en ek glo baie ander weer my gunsteling ontbyt program kan luister. Kort nog net vir Bobaas Riaan terug. Jacaranda ontbyt sal nooit weer die selfde wees sonder hom nie!!!

Elmarie ·

Nee wat ek sal haar glad nie mis nie. Sy was heeltemal te blatant. Vandat sy op Jakaranda begin het het ek nooit weer geluister nie. So pluk mens maar n lat vir jouself.

African station ·

She made a huge difference to show that this station is truly transforming, becomming a station for Africans.

Frank ·

In other words, its a matter of time before the station goes belly up

Kobus ·

Ek gaan haar nie mis nie passop daar is baaaie boelies daar.kry vir jou

Annie ·

Sy sal beslis nie goed in Australia ontvang word nie….. veral nie tussen ex Suid-Afrikaners nie.

Anoniem ·

Ek verstaan nie hoekom sy so baie aandag moet kry. Wat maak haar so besonders omdat sy witmense sleg se. Sy is swak smaak en hoe gouer sy vergeet word hoe beter want sy is een van die menigte wat haat aanwakker. Ek glo met my hele hart dat daar nou meer haat in mense se harte is as in die apartheids jare en dit te danke aan mense soos sy

Buffel ·

Ja nee long drop Tumi kry vir jou “down under” jy gaan daar nog meer sukkel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.