TV-man gaan pa word

Robbie en Lynn (Foto: Instagram)

Kort nadat die radio-aanbieder en televisiepersoonlikheid Robbie Kruse (31) en sy vrou, Lynn (38), vroeër dié maand hul derde huweliksherdenking gevier het, het die egpaar pas bevestig dat hulle binne ʼn paar maande ʼn pienkvoet in hul huis gaan verwelkom.

Robbie het dié nuus Maandagoggend op Instagram bekend gemaak. “Ons is swanger,” het die Bravo!-aanbieder op dié platform verklap kort nadat hy dit tydens ʼn regstreekse uitsending op 5FM, waar hy ʼn sportaanbieder is, bevestig het.

Die TV-aanbieder en sy vrou, ʼn sakevrou, het in Desember 2014 verloof geraak. Hieroor het hy destyds gesê: “Ek kan nie onthou wat ek gevra het nie, maar sy het ‘ja’ gesê. Ek is die gelukkigste ou in die wêreld, want ek trou met dié mal persoon – smaak jou baie.”

Die egpaar het op 9 Mei 2015 getrou. Hulle het daarom vroeër vandeesmaand hul huweliksherdenking by die Thakadu-wildreservaat in Noordwes gevier. “Wonderlike wegbreeknaweek saam met my ninja vir ons derde huweliksherdenking,” het Robbie op sosiale media laat hoor. “Dankie dat jy nog by my staan.”

Meer inligting was nie onmiddellik bekend nie. Hou Maroela Media dop vir meer.

Robbie en Lynn op hul troudag (Foto: Instagram)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Deloris ·

Baie geluk julle twee, mag hierdie pink voetjies vir julle net liefde vreugde en geluk bring.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.