Tweede pienkvoet vir dié bekende paartjie

Janine Habana (Foto: Facebook)

Die rugbyspeler Bryan Habana en sy vrou, Janine, gaan vir ʼn tweede keer ouers word.

Janine is weer swanger met ʼn babaseuntjie. Sy het Woensdag  ʼn foto van haar swanger magie op Facebook gedeel.

“Hmm, het ek ʼn waatlemoen ingesluk of is dit Timmy se bababoetie wat op pad is?” het sy grapperig geskryf.

Janine het verder geskryf dat hulle op die oomblik in Dubai is. “Hierdie week bederf pappabeer ons behoorlik in Dubai. So kom ons hoop hierdie boepie kom in die hotel se ‘stunning’ gimnasium ook uit.”

Bryan en Janine, wat deesdae in Frankryk bly, het op Vadersdag in 2014 hul eersteling, Timothy, in die wêreld verwelkom, en was tot dusver tjoepstil oor die nuus van Janine se tweede swangerskap.

Bryan speel deesdae rugby vir Toulon in Frankryk, terwyl Janine haar gesondheidsbesigheid, FemmeFitness, bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.