Video: 5 minute met Amanda Strydom

Amanda Strydom se verhoogstuk State of the Heart vier vanjaar sy 20ste verjaarsdag.

Amanda Strydom se verhoogstuk State of the Heart vier vanjaar sy 20ste verjaarsdag.

‘n Video van die gesprek volg onderaan die berig.

Ons het tydens Aardklop met Amanda Strydom gesels oor haar verhoogstuk State of the Heart wat vanjaar sy 20ste verjaarsdag vier. Ons wou ook weet wat kunstefeeste vir haar beteken en het ʼn paar van haar gunstelinge uitgevind.

Wat is jou gunsteling Afrikaanse woord?

Maaifoedie. Daar is net woorde wat jy nêrens anders kry nie.

As jy in die oggend opstaan, wat is die eerste ding wat jy doen?

‘Here, help my om uit die bed uit te kom, asseblief!’ Hier gaan die linkerbeen, reg, hy is op die mat. Hier kom die regterbeen! Moet nog nie in die spieël kyk nie, moet nog nie in die spieël kyk nie! As ek opstaan en ek weet daar is ʼn pyn en ʼn skeet, dan weet ek, ek leef nog.

Rooiwyn of rooibos?

Albei!

Soesji of braaivleis?

Ek is vir albei lief. Soesji is gesonder, maar ʼn tjoppie is darem lekker!

Kaapstad of Johannesburg?

As ek in Kaapstad is, is dit lekker, maar Johannesburg is huis en daar is geen plek soos huis nie. Jy moet weet ek leef uit tasse en ek is dikwels oorsee. Vir lank woon jy in ʼn woonstel wat vir daai kort tydjie joune is, maar as ek by daai huis in Westdene instap en ek sien my man en my kat en my huis; daar is niks wat daarvoor kan vergoed nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.