Die Afrikaanse sangeres Charlize Berg en haar man, Warren Linden, verwag ʼn dogtertjie.
Die egpaar het dié nuus Woensdag op sosiale media met ʼn prettige video bekend gemaak.
“Op hierdie pragtige reënerige dag is dit vir my so special om almal te laat weet dat ek en Warren [ʼn klein dogtertjie] verwag,” het sy op Facebook geskryf.
Die egpaar het ʼn video gedeel waarin hulle die geslag van die baba tydens ʼn verrassingspartytjie saam met vriende bekend gemaak het.
Die sangeres en haar man, ʼn argitek, is onlangs in die werklikheidsprogram Die Bergs te sien gewees wat ’n intieme blik op die lewe van Berg en haar familie gegee het.
Charlize en Warren is al nege jaar lank ʼn paartjie en het in September verlede jaar verloof geraak.
Hulle het in April vanjaar die knoop deurgehak en vroeër vandeesmaand bekend gemaak dat hulle hul eersteling verwag. Die sangeres het vroeër op sosiale media gesê die baba sal na verwagting in April volgende jaar haar opwagting maak.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Ek is nou regtig moeg vir almal se baba nuus, dit hou aan en aan en dan kom die bababoep foto’s! die geboorte, die eerste baba kamer, die doop foto’s en die eerste uithang verjaardag partytjie met al die bekende vriende se kindertjies in elke tydskrif. Ons is almal baie baie bly vir elkeen se goeie nuus en vir die nuweling in julle families, maar maak hierdie bekendes nie bietjie ‘n te groot ophef van hulself nie? Die familie dinge is tog privaat aangeleenthede?
Oulikste oulik, vier fees, dit is ‘n voorreg om ouers te word. Die geslag is ie so belangrik, maar tog opwindend
Geluk en LB, ek stem volkome saam – dit word nou rêrig vervelig.
Ek deel graag in jul oulike, goeie nuus. Veels geluk, en alles van die beste!
Mag dit met als goed gaan..na 9jaar wat ‘n seën wees dankbaar prys die Here.