Video: Anna Davel gee feesraad

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Die Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom kook – letterlik én figuurlik. Hoewel die terrein vir die stalletjies reeds tjokkeblok is, meen feesbestuurder Alexa Strachan dat dié fees oor die naweek behoorlik uit sy nate gaan bars.

Strachan sê Aardklop 2016 is tot dusver uiters suksesvol. Dié fees word tot 9 Oktober aangebied en laatslapers het nog geleentheid om die stalletjies te besoek en verskeie kuns-, musiek- en verhoogproduksies te ondersteun.

“Ons verwag dat Potchefstroom uit sy nate gaan bars. Alles dui daarop dat die feesgees in nóg ʼn hoër rat sal gaan. Die kunste gaan ʼn koronêr skiet! Aardklop gaan definitief op ʼn hoë noot afsluit,” het Strachan gesê.

Maroela Media het met die sangeres Anna Davel gesels om te hoor hoe feesgangers hulself kan pantser teen die Aardklop-hitte – én skares dié naweek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.