Video: Benut jou somersklere tydens kouer maande

Lizel van der Westhuizen. (Foto: Mizanne Hattingh/Maroela Media)

In Suid-Afrika is dit nie ongewoon om vier seisoene in een dag te hê nie en boonop is ons bevoorreg om veral in die binneland dikwels matige wintermaande te beleef.

Daarom kan ons met ʼn paar slim wenke maklik items uit ons somerklerekas, soos daardie oulike rokkies wat ons in herfs op uitverkoping gekry het, óók in die kouer maande benut.

Dít is natuurlik goeie nuus vir ons klerekas én beursies.

In ʼn nuwe videoreeks deel die voorkomskonsultant en eienaar van Full Circle Image Consulting, Lizel van der Westhuizen, haar topmodewenke vir die wintermaande met Maroela-lesers.

In die eerste episode wys die kykNET Glam Guru-modestilis die topvyf‑items vir dié wat vanjaar in die allernuutste wintermode wil pronk en in die tweede episode deel sy vyf sleutelitems wat sal verseker dat jy met min inkopies optimale mode-opsies hierdie winter het.

In die jongste video wys sy hoe maklik dit is om somersklere saam met winteritems te dra, en sodoende te sorg dat jy snoesig én stylvol hierdie winter is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.