[Video] Bobby kanselleer konsert ná operasie

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Die Afrikaanse sanger en The Voice-beoordelaar, Bobby van Jaarsveld, het Maandag ʼn video op sosiale media gedeel waarin hy aanhangers om verskoning vra vir ʼn konsert wat hy kanselleer omdat hy nog nie volkome van ʼn operasie herstel het nie.

Die sanger was onlangs vir die tweede keer onder die lem nadat hy in Februarie vanjaar ʼn ander operasie ondergaan het om skade aan sy stembande te herstel.

Bobby, wat die naweek in Namibië opgetree het, het gesê hy kon slegs daarin slaag om ʼn enkele liedjie by dié vertoning te sing, daarom is hy genoop om sy konsert by die Barnyard in Parkview te kanselleer.

“Ek het omtrent ʼn week gelede ʼn tweede operasie aan my stembande gehad en ek moet ongelukkig vanaand my vertoning kanselleer,” het hy in die video gesê. “Ek is ongelooflik jammer daaroor. Ek het gedink my stem gaan terug wees, maar soos julle kan hoor, klink dit nog nie reg nie. Ek kan nie so op ʼn verhoog klim en sing nie.”

Bobby sê sy toestand het vermoedelik verswak omdat hy homself die afgelope naweek gedwing het om by ʼn konsert te sing. “Ek kon dit die naweek in Namibië regkry om een liedjie te sing, maar dis nou die resultaat daarvan. Ons sal die vertoning by Barnyard uitstel en ʼn nuwe datum gee.”

Hy het ook gesê dit is maar die tweede konsert wat hy in sy loopbaan kanselleer en dat aanhangers moet verstaan en vergewingsgesind moet wees. “Dankie dat julle wou kom kyk het, maar sien julle weer ʼn ander keer,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

ryna ·

En dis enigsins nuuswaardig?? lyk my die Van Jaarsveld’s het niks anders om te doen as om koerante toe te hardloop nie??

Monoloog ·

Hahaha…. Ek is ‘n voorstander van musiek, maar die persone wat hulself as musikante voorgee is belaglik, hul gebruik “backtracks” en “voiceovers”… Daar is veel meer beter talent as ‘die’ in die land. Persone wat eintik ‘n instrument(e) kan speel en eintlik kan sing. As jy die tegniek gebruik waar uit jou maag sing en nie uit jou keel uit nie, is ek 100% seker dat jy nooit onder die lem moet wees om jou stembande te laat herstel nie.

Andre ·

Monoloog jy het nie ‘n idee waarvan jy praat nie. Eerstens, Bobby kan klavier en kitaar speel en hy is een van ons land se beste sangers. Daar is meer as een liedjie waar hy self net ‘n instrument gebruik, sonder enige backtracks en voice overs. Jy is belanglik. Tweedens….mens se stem bande sit definitief nie in jou maag nie.

Karien ·

Ryna as jy op sy facebook page kyk is die video daar. Darm is hy nice genoeg om persoonlik aan sy aanhangers onverskong te vra. Mos nie so erg nie.

Ryna ·

Dis goed as hy onverskoning vra maar die Van Jaarsvelds los leesdae ‘n naar kol op my maag met al die welkome en onwelkome nuus.

Piet ·

Ek is nie ‘n aanhanger nie – moet eerlik se, ek weet nie wat sing hy nie. Tog verstaan ek nie eintlik dat dit ‘n humoristiese storie is nie. Is mens veronderstel om lekker te kry dat die ou se stembande gebogger is? Ek meen daar is seker ‘n paar girls wat vir die ou luister anders sou hy dit seker nie gedoen het nie.

Leoni ·

Asseblief. Mens vra iemand OM VERSKONING. Nie onverskoning of enige ander vreeslike verdraaisel nie.

Blom ·

Sjoe maar die mense is vreeslik. Bobby is Bobby. Hy is net eerlik en wys die mense hoe hy voel oor dat hy nie kan optree vanaand nie. As jy nie van die Van Jaarsveld’s hou nie hoekom nog die storie lees. Haha. Wys net hoe druk julle julle neuse in ander mense se sake al worry jy nie oor hulle nie. Laat mens net dink!!!!!! Bobby Sterkte met die herstel en hoop jy word gou gesond. Xxx

selfrespek ·

Liewe aarde maar julle is verskriklik lelik !!
Gee liewer sulke negatiewe kommentaar waar dit nodig is – ek glo nie iemand sal vir die plesier gaan vir ‘n operasie aan sy / haar stembande nie ! As julle regtig iemand wil oordeel — wat dit verdien, …. Gaan lees weereens die nuus op Maroelamedia, ….. Wat van DIE wat ons blankes met die grond wil plat vee ? ….. Hulle verdien om afgebreek en vernietig te word – nie ons eie mense met integriteit en liefde vir ons land en ons eie mense nie !!

Johan ·

Ja nee ek stem saam met jou “”Selfrespek” dis hoekom dit met ons Afrikaners gaan soos dit gaan. Ons kan nooit ons eie mense ondersteun en bystaan nie net altyd oordeel. Ek skaam my om n Afrikaner genoem te word as ek so iets lees.

Griet ·

Jy is so reg Johan. ONS mense was die hele geskiedenis deur dwarstrekkers, “moan” gate en nie bereid om die son oor sy buurman te laat skyn nie. Bobby, en die onlangse voorval met Theuns Jordaan bewys dit oor en oor………

Een ding wat my ouers (en my grootouers) my hulle lewe lank prober leer het: “As jy nie iets goeds van iemand kan sê nie, bly stil. Dan is jou kommentaar nie nodig nie.” Daar is genoeg negatiewe dinge in die wêreld om ons, waarom werk almal so hard om mekaar verder af te breek?

paul ·

dis vir my baie sleg om te sien julle afrikaners wat bobby afkraak,hy hou afrikaans musiek aan die gang ,julle eie taal.dis bad genoeg dat hy moes operasie doen en ek persoonlik dink dat daai operasie nie so seer was soos wat julle hom sleg sè ek sal my skaam om n afrikaner genoem te word.ondeursteun liewers wees lief vir julle taal hy probeer te minste

paulo ·

dis vir my baie sleg om te sien julle afrikaners wat bobby afkraak,hy hou afrikaans musiek aan die gang ,julle eie taal.dis bad genoeg dat hy moes operasie doen en ek persoonlik dink dat daai operasie nie so seer was soos wat julle hom sleg sè ek sal my skaam om n afrikaner genoem te word.ondeursteun liewers wees lief vir julle taal hy probeer te minste

gunther ·

Het die arme man dit nie gedoen nie was hy weer ook veroordeel,sal ons mense nooit saam stem nie altyd net oordeel sterkte bobby

SUG ·

Ja-nee, hier het ‘n paar bitterbeke en galbrakers die internet ontdek en maak julle dit vir die res van ons onaangenaam om ook kommentare te lees. Ek begin deesdae dink: ag wat, mense is siek en maak mens siek en is dit dan werklik nog die moeite werd om self kommentaar te lewer?! Ek kry SKAAM vir my mense?? Wat gaan aan met julle?! Neem ‘n diep kyk in jou eie lewe en besef dat jou woede en aggressie jou brein se vermoë om sinvol en intelligent te reageer, verlaag word met 50% (soek dit op); en ons dink verseker baaaaie minder van jou as van Bobby wat ten minste die eerbare ding doen deur om verskoning te vra. Mensig, die man kan dit nie help nie. En Maroela Media rapporteer daaroor, omdat kunstenaars se lewe vir die breë publiek ook nuus is en wyk as di nie vir jou van enige nuus is nie. Jy gee jouself heeltemal weg, want as jy nie belagnstel nie, hoekom lees jy die artikel en doen nog die moeite om kommentaar te lewer. Kry hulp! Julle gebrek aan intellektuele, emosionele beheer is besig om dit vir die res van ons onaangenaam te maak en van jou ‘n gek! Basta. So terloops: soos julle aangaan, hou ek sommer nou van Bobby. Gaan blerts en ploeg nou in julle eie werf (ek kry net jou gesin uiters jammers).

TM ·

Ons verstaan Bobby en sterkte. Doen ons asseblief net een guns. In jou af tyd gaan praat asseblief met jou sussie. Sy is besig om julle ‘n baie slegte naam te gee. Miskien moet jy haar wys hoe om ‘n “ek is jammer” video te maak. Dit sal ‘n goeie begin wees.

Rina Kotze ·

Baie Sterkte Bobby!
Ten minste het jy ruggraat om dit te kan doen!
Gaan rus lekker en ek stem saam met TM! Iemand moet met jou suster praat!
Op die ou einde ly 2 onskuldige kinders daaronder!

Thinus ·

Gelukkig het Bobby geen geskeurde jeans en meer Finesse as sy suster.
Hopenlik word jy gou gesond.

Rina Kotze ·

Stem beslis saam oor die Finesse!
En Bobby sing baie mooi! Hy mag maar!

Tertia ·

Het Karlien toestemming gegee vir hierdie foto van Bobby???. Hy beter net seker maak voor hy ook in die sop beland….

Deďuiwelin ·

Hierdie klom bitterbekke maak my siek…..kry n grip in die lewe….. Bobby sterkte ek weet waarvan jy praat…en Karlien dis reg dat jy jou kids beskerm van fotos op die media. In vandag se tyd word kinders so maklik gesteel. Pas hulle mooi op . Hulle verdien dit.

Tertia ·

Ded’uiwelin, kinders word nie gesteel omdat hulle fotos in tydskrifte gepubliseer word nie hoor!. Dis jammer dat jy nou siek is vir ons, hoop jy voel sommer weer vinnig beter!! (en stuur sommer groete vir Bobby ook, ek neem aan julle is baie erg oor mekaar). Sterkte daar!!

Denise ·

Ai tog kan die mense mekaar tog net die kans gun om te se wat hulle wil ek vind dit baie snaaks dat almal nie so styf is nie en nog kan grap in hierdie tye!!! Dit sal baie vervelig wees as almal ernstige kommentaar lewer !!!!! Wie is Bobby in elkgeval is hy n opera sanger??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.