
Bobby van Jaarsveld (Foto: Stephen Elliott)
Die gewilde Afrikaanse sanger Bobby van Jaarsveld het Woensdag al die pad na Namibië gereis om ʼn 15-jarige kankerlyer te gaan verras.
Van Jaarsveld het ʼn hartroerende video op sosiale media gedeel waar hy die meisie, net bekend as Candice, by die N/a’an ku sê-wildreservaat verras.
“Het gister vir Candice, ʼn 15-jarige meisie met breinkanker van Namibië gaan verras,” het die sanger op sy sosialemediaprofiele geskryf. “Haar ouers probeer haar bucket list voltooi en ek was op die lys. Sy het my hart ongelooflik geraak. Dankie, Candice, dat jy my weereens kom wys het hoe afhanklik ons van die Vader is.”
In die video moedig Candice mense aan om N/a’an ku sê te besoek en die wildritte te geniet. Van Jaarsveld stap agter haar in en tik haar op die skouer, waarna sy oorweldig in trane uitbars. Van Jaarsveld raak self bewoë wanneer hy Candice se reaksie sien.
“Haar ouers het alles vir haar gereël,” het Ronel Brink, Van Jaarsveld se ma en agent, op Twitter geskryf. “Sy het niks vermoed nie.”
Van Jaarsveld is tans saam met sy suster, Karlien, te sien as aanbieders van die VIA-werklikheidsprogram Die Kontrak.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Aai Bobby!! Dis hoekom ek so
lief is vir jou
Ek ken vir Candice persoonlik en sy is ‘n pragtige kind.
Bobby en daar laat jy my ook grens. Jy is so n pragtige mens met n hart van goud
Jy gebruik jou talent en woeker daarmee. Feit is jy deel jou goeie hart ook mildelik. Wel gedaan Bobby. Groot respek vir jou. Hierdie liefde uit jou hart is wat jou pad Hemel toe reguit maak…
Dit sou meer beteken het as daar nie ‘n video geplaas is om van Jaarsveld te bemark nie. Al was om hom te ontmoet op haar “bucket list”.