Video: Chris Chameleon, Daniella verloof

Chris Chameleon saam met Daniella Deysel (Foto: Facebook)

Die gevierde musikant Chris Chameleon en sy vriendin, Daniella Deysel, het Woensdag hul verlowing in egte en unieke Chameleon-styl aangekondig met ʼn prettige video.

In die video, wat Woensdagaand deur Deysel op haar Facebook-blad gelaai is, stap Chameleon deur ʼn tuin met ʼn bruin leerhoed op sy kop. Hy lyk senuagtig en kom stadig nader. Hy haal dan die hoed af en gooi dit by ʼn deur in.

Deysel verskyn dan in ʼn geborduurde blomrok en tel die hoed van die vloer af op. Sy gooi die hoed vir hom terug en die hoed land voor sy voete. Hy sit die hoed op, knik in sy skik en stap weg.

Die video, getiteld “Hy het kom vra”, is altesaam reeds meer as 9 000 keer op Facebook gekyk.

Die paartjie het saam groot sukses behaal met hul Sama-benoemde album Posduif, wat in 2014 uitgereik is.

Chameleon is ook vanjaar met ʼn Ghoema as beste sololiedjieskrywer vereer.

hy het kom vra:

Posted by Daniella Deysel on Wednesday, May 16, 2018

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Barend ·

Wat het van die verlowing geword? Ek verstaan dié storie nie.

A ·

So uniek. Baie geluk – mag julle ‘n wonderlike lewe saam hê.

Verstaan ·

Barend…lank lank gelede het mans sy kussing gegooi na sy vrou se kamer deur. As sy vrou sy kussing terug gegooi het,beteken dit sy se ja. Hulle het in aparte kamers geslaap. Syt die hoed terug gegooi en gese ja…baie geluk julle

Anoniem ·

Mooi so Chris goed gedoen. Dit is hoogtyd. Mag julle n baie mooi toekoms vorentoe he.

Karin ·

Hoe sjarmant en oorspronklik, nes Chris Chameleon. Veels geluk.

Joey ·

Baie baie geluk julle 2 is pragtig,mag die meetsnoere vir julle op lieflike plekke val❤?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.