[Video] Corlea verklap haar grootste geheime

Corlea Botha. Foto: Maroela Media

Corlea Botha. Foto: Maroela Media

Die gewilde sanger Corlea Botha het onlangs in die Maroela Media-ateljee kom kuier.

Haar lag was omtrent aansteeklik, en in dié video praat sy oor haar kenmerkende hoë note, die goed waarmee sy haarself besig hou oor naweke en in die donker, en wat sy uit die yskas gaps wanneer niemand kyk nie.

Sy het ons ook vermaak met een van haar gunstelinggrappies wat sy by haar sangmaat Jannie Moolman gehoor het.

Ons het ook met Corlea gesels oor haar jongste projekte en haar liefde vir musiek. Luister hier na die volledige onderhoud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gesiggie ·

Corlea jy moet nooit ophou sing…jy het n stem van n Engel, ek luister jou en Rudie se DVD oor en oor…. veral die een van As ek sing, sing ek vir jou… dit is die mooiste 2 stemme wat ek nog ooit saam beleef het… dit so jammer dat jul moes split… ek dink jul 2 saam was die beste en mooiste paartjie in die musiek bedryf… jul stemme het net gepas… Alle sterkte met jou musiek voorentoe… mag jy net meer en meer sukses behaal… jy is n vrou duisend”’ Well Done… jou FAN….

Theresia ·

Corlea ek is ook ‘n baie groot aanhanger van jou musiek. Ek wil tog graag weet wat is die moontlikheid dat jy en Rudie die strydbyl agter julle kan sit en weer saam sing. Ek dink julle het ons land ‘n baie groot onreg aangedoen toe julle opgebreek het. Dink asb daaraan

Penellope Jones ·

Sing net asb, sing, sing, sing, sing net asb! Ek kan nie genoeg na jou luister nie en my grootste gunsteling liedjies om net twee te noem is ‘Sonvanger’ en ‘Liefde, Wyd Soos Die See’. Alle voorspoed vir die toekoms!

Deloris ·

My en baie van ons is……… wens die oorspronklik Lieflinge wil weer saamsmelt julle het nog steeds soveel aanhangers. iemand moet julle gaan toesluit in n vertrek vir twee dae sodat julle issues agter julle kant sit., julle aanhangers smag na julle musiek. Asseblief julle is awesome saam…

Bloues ·

En so verskil smaak. Ek is mal oor Corlea maar haar stem is heeltemal in n ander klas as Rudi sin. Inteendeel is Rudi se stem maar baie middelmatig Selfs Jannie met sy mooi stem moet nie saam met haar sing nie.
Corkea op haar eie is musiek uit die hemel!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.