Video: Demi Lee vertel oor een jaar ná ‘Die Kontrak’

Demi Lee Moore (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

“Ek voel of ek soveel meer geseënd is as wat ek verdien.” Só sê Demi Lee Moore ʼn jaar nadat sy die Afrikaanse sangkompetisie Die Kontrak gewen het.

In November 2018 is Moore by die eerste Afrikaans is Groot-konsert aangewys as die wenner van Die Kontrak, en daarna het haar lewe handomkeer verander. Ivan Roux is as naaswenner van dié kompetisie aangewys en het self ook ʼn kontrak met Coleske Artists losgeslaan.

“Alles het verander,” sê Moore aan Maroela Media. “Maar dis is iets waarvoor ek vir so lank gebid en gewens het. Ek is baie, baie geseënd.

“Ek toer reg oor die land en ek sien allerhande klein dorpies wat ek nie eens geweet het bestaan nie, en dit maak dit lekker.”

Moore sê een van die dinge wat die lekkerste vir haar is, is om mense te ontmoet oral waar sy gaan en om te sien hoe haar musiek in hul lewens inpas.

Moore gaan vanjaar weer ʼn keer by Afrikaans is Groot optree, die keer nie as ʼn nuweling nie, maar eerder as ʼn geliefde stem in die Afrikaanse musiekbedryf.

Kyk die video hieronder om te sien wat sy te sê het oor haar uitrustings by vanjaar se konsert!

Afrikaans is Groot 2019 vind op 22 November om 19:30, 23 November om 13:00 en 19:30, 24 November om 13:00, 28 November om 19:30, 29 November om 19:30, 30 November om 13:00 en 19:30 en 1 Desember om 13:00 by die Sun Arena by Time Square in Pretoria plaas.

Enkele kaartjies vir die konsert op Donderdag 28 November is nog beskikbaar. Besoek gerus Computicket, aanlyn of Shoprite/Checkers en House & Home-winkels. Die publiek word gewaarsku om versigtig te wees vir derde partye wat kaartjies aanbied.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lizelda ·

Sies JK!!!!!!
Demi-Lee jy sing pragtig en lyk na n baie vriendelike mens. Alles wat mooi en suksesvol is vir jou

Amanda ·

Demi Lee is pragtig en talentvol. Ek hoop haar beker van sukses loop nog lank oor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.