Video: Early B: ‘Ek gaan almal wegblaas, dís die plan’

Early B tree vanjaar vir die tweede keer by Hartenbos se In Afrikaans-konsertreeks op en hy onderneem dat sy optrede propvol energie gaan wees.

“Een ding wat die feesgangers van my kan verwag by In Afrikaans is die kleinste, groot bal energie wat op daai verhoog gaan klim. Ek gaan almal wegblaas, dís die plan,” sê hy.

Ander kunstenaars soos Leah, Juanita du Plessis, Biggy, Robbie Wessels, Jo Black en nog heelwat ander sal almal op die In Afrikaans-verhoog bymekaarkom van 21 tot 28 Desember.

Leah sê dié konsertreeks is spesiaal omdat dit iets vir almal bied.

“Dis regtig ʼn mooi en spesiale konsertreeks. Dit is nie net een vertoning en dan gaan jy huis toe nie. Daar is ʼn hele paar om van te kies en elkeen is uniek en spesiaal.”

“Dit is regtig ʼn samekoms van kunstenaars wat in Afrikaans sing. Ons bring hulde aan Afrikaans. Ek gaan ʼn paar nuwe liedjies sing en daar is gewoonlik ʼn hele paar verrassings; dis nie net ʼn staan en sing soort konsert nie, dis iets anders,” sê sy.

Early B maak of hy Juanita du Plessis is (Foto: Skermgreep uit die video)

Early B sê vir hom is dit die gehoor wat die konsert ekstra spesiaal maak.

“Die hoogtepunt van die konsertreeks is altyd vir my die mense se gees. Want as jy op daardie verhoog klim, voordat jy nog jou liedjie begin sing is daar mense wat skree. En dit maak dat jy daardie ekstra bietjie gee.”

Leah sê die feit dat die konsert op Hartenbos gehou word, skep reeds ʼn lekker gevoel omdat dié dorpie alombekend is vir vakansie, Afrikaanse musiek en ʼn goeie tyd.

“As ek myself in my taal kan uitdruk, dan is ek sommer dadelik trots op Afrikaans,” sê Early B. “Ek gaan ‘Ben Ten’ sing vir die anties, ‘Leka djy’ vir die oompies en dan kan ons lekker ons biscuit skud op ‘Potte’ vir die jonges.”

Kaartjies vir die In Afrikaans-konsertreeks kan by iTickets gekoop word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Zettie ·

Sou dit so graag wou bywoon!!!!! Lekker gelag vir die video!

Vonkprop ·

Ag tog, lag net ‘n slag. Ja dit is verspot maar ten minste spot hy met homself ook.

Weg Blaas? ·

Anglisisme op sy beste, “To blow some-one/something away” Miskien vertel dit iets van die “wanna bee” kunstenaar? Nee man, betower liewer die gehoor met jou manier van vermaak. Miskien sal jou aanhangers van 1 tot 2 groei. “good luck ne?”

Lisa ·

Hy is glad nie n” wanna be” kunstenaar nie. Eintlik is hy al jare in die musiek bedryf, Hy is nou ‘n solo kunstenaar. En glo my ons LOVE hom!

Mel ·

Lekker Djy Lisa! Ons luister ook al lank na sy musiek. Al van Dakskroef dae. Geniet dit gate uit!

Gerrie ·

Ipv om kritiek te gee oor die kunstenaars, se liewers dankie dat hul almal probeer om die gehoor gelukkig te maak. Niemand dwing jou om n kaartjie vir die vertoning te koop nie.

Yvonne ·

Ek stem Gerrie. Waarom moet ons altyd neerhalend wees. As jy nie van hom hou, gaan verby. Daar is wel ander wat hom en sy musiek styl geniet .

JV ·

Dieselfde kunstenaars elke jaar, sal hierdie jaar dit maar mis. Wens hulle wil n paar onbekende kunstenaars die geleentheid bied om mense te vermaak. Ons het onlangs n vertoning van Ernie Bates, Stephan Visagie, JJ Stephens bygewoon. Was dit nou lekker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.