Video: Hoe goed ken Dewald Wasserfall Afrikaans?

Dewald Wasserfall (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Maroela Media het by Dewald Wasserfall in sy huis gaan kuier om agter te kom hoe goed hy Afrikaans ken. Kyk die video hier onder om te sien watter woorde hy ken en sommer ook vas te stel wat hý dink “karmenaadjie” beteken.

Dié “Eendag as ons groot is”-sanger tree eersdaags op by die Afrikaans is Groot-konserte wat van 22 November tot 1 Desember  by die Sun Arena by Time Square in Pretoria plaas.

Wasserfall sê al die aanduidings is daar dat vanjaar se Afrikaans is Groot die grootste een ooit sal wees.

“Selfs net die goed wat ek self gaan doen, is dinge wat ek nog nooit voorheen gedoen het nie. Ek moes vir opleiding gaan, ek moes oefen en boonop ʼn mediese ondersoek ondergaan. Dit is ʼn groot verrassing wat wag,” sê hy.

“Daar is nuwe tegnologie, nuwe liedjies, nuwe kunstenaars én verrassingskunstenaars van wie niemand tot nou toe al weet nie, waaroor ons baie opgewonde is. Daar is omtrent ʼn miljoen en vyf redes om opgewonde te wees.”

Besoek gerus Computicket, aanlyn of Shoprite/Checkers en House & Home-winkels vir kaartjies. Die publiek word gewaarsku om versigtig te wees vir derde partye wat kaartjies aanbied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

K ·

Was n groot fan, tot al jou musiek dieselfde klink, en dieselfde raak as die ander sangers sn.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.