Video: Lieb Bester laaste keer op kassie te sien

Lieb Bester. (Foto: kykNET/Facebook)

Die laaste episode van die kykNET-program Met ʼn huppel in die stap, waarin die akteur, musikant en aanbieder Lieb Bester te sien is, is Woensdagaand uitgesaai.

“Hy het vir oulaas voor sy dood as veldaanbiedeer opgetree en hierdie program, wat spesifiek handel oor gewrigsprobleme, is dan die laaste waarin hy te sien is,” sê Stephan Neethling, vervaardiger van die program.

“Sy onderhoude was altyd professioneel en tiperend van sy toewyding vir die programreeks en seniors in besonder. Hy het op sy persoonlike gemaklike en kenmerkend belangstellende manier met kundiges oor gewrigsprobleme gesels, veral wat betref heup- en knievervangings.”

Neethling sê dat Bester in die vrae wat hy gevra het homself as voorbeeld gebruik het om die gesprek meer persoonlik te maak.

“Hy het selfs saam met ’n fisioterapeut oefeninge gedoen om homself te identifiseer met wat kykers sou kon verwag van sodanige behandeling.”

Bester, wat ook bekend was vir sy rol as Fritz Retief in Villa Rosa en verskeie ander Afrikaanse rolprente en televisiereekse, is op 21 Julie oorlede. Hy was 72 jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marcello ·

Ek kan onthou toe ek jonk was, hy was so aantreklik, ek was mal oor hom…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.