Video: Mathys Roets durf die Swartbergpas aan

Mathys Roets op sy Segfree op die Swartbergpas in die Wes-Kaap (skermskoot uit die video)

Mathys Roets op sy Segfree op die Swartbergpas in die Wes-Kaap (skermskoot uit die video)

Ses jaar ná sy motorfietsongeluk is die sanger Mathys Roets nog steeds dieselfde avonturier.

Hy het die Swartbergpas in ʼn Segfree, ʼn Segway waarin mens sit, aangedurf.

“Ek het nooit gedink ek sou ooit weer dit kon doen nie,” sê Mathys in die video. “Dit is wonderlik om daar te wees, en regtig die lewe te ervaar. Die vryheid op ʼn Segfree is wonderlik!”

Die asemrowende Swartbergpas is in die Klein-Karoo in die Wes-Kaap geleë tussen Oudtshoorn en Prince Albert.
Roets was op 6 April 2009 in ‘n ernstige motorfietsongeluk betrokke op pad na die KKNK op Oudtshoorn. Hy het ‘n rugbesering opgedoen wat hom permanent in die onderlyf verlam gelaat het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Peet Schabort ·

Ai, wonderlik Mathys. Ek het met die voetslaanroete van onder na bo via die ‘valskermval’ die pas uitgeklim. Iets om altyd te onthou. Oulike wiele daardie van jou!!

Neptunus ·

Goeie sanger van wie ons meer behoort te hoor. Hy is sekerlik ‘n inspirasie vir baie mense wat fisies ingeperk is. Praat van ‘n rolmodel… woordspeling bedoel.

sproetjies ·

Matthys is absoluut ‘n rolmodel. Soveel deursettingsvermoë om dinge. Buiten dat hy ‘n uitstekende sanger is, het hy ‘n wilskrag soos min. Wat ‘n voorbeeld vir ons gewone mense wat nie gestrem is nie.

sproetjies ·

Matthys is rolmodel. Sy deursettingsvermoë en wilskrag is ‘n voorbeeld vir ons gewone mense wat nie gestrem is nie. Hy is ook ‘n uitstekende sanger van format.

sproetjies ·

Matthys is ‘n rolmodel vir ons gewone mense wat nie gestrem is nie. Hy het ‘n wilskrag en deursettingsvermoë wat geen perke ken nie. Hy is ook ‘n uitstekende sanger.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.