Video: Moedersdag-boodskappe van bekendes

Snotkop (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Snotkop, Kurt Darren, Refentse, Dirk van der Westhuizen en ander kunstenaars wil al die ma’s ʼn geseënde Moedersdag toewens.

Dié bekendes het almal ʼn spesiale Moedersdag-videoboodskap opgeneem om dankie te sê vir ma’s wat so ʼn groot rol in die samelewing speel.

“Sonder julle sal ons heel verlore wees. Dankie vir julle oneindige liefde, omgee en raad. Julle maak die wêreld ʼn beter plek,” het Snotkop laat hoor.

“Baie, baie gelukkige Moedersdag aan al die pragtige ma’s daar buite. Ek hoop jy word bederf op hierdie spesiale dag. Baie liefde van my en my familie,” sê Kurt Darren.

Boer soek ʼn vrou se jongste suksesverhaal, Richann en René, ook bekend as die musiekduo Reën, het gesê hulle hoop alle ma’s en ma-figure voel op dié dag spesiaal.

Kyk die video hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.